Background Image
Previous Page  78 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 78 / 84 Next Page
Page Background

KOMPETISIEREËLS

1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit die neem

van foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.

2. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil)

per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie

foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking geneem word.

3. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings

wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie in-

geskryf word.

4. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes

nie inskryf nie.

5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp

handel as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat in-

geskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.

6. Inskrywings moet die tema “Plaasnostalgie” uitbeeld.

7. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam

met die foto verskaf.

8. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).

9. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook verteenwoor-

digers van

SA Graan/Grain

en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoordeel.

10. Slegs e-posinskrywings sal aanvaar word. Die foto’s moet nie groter as 10 MB

elk wees nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 15 cm x 20 cm wees nie. Indien

foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi ge-

skandeer word.

11. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word

nie. Om ‘n foto te sny (

crop

) word nie as manipulasie beskou nie.

12. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisie-

reëls voldoen nie, af te keur.

13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA. Die foto’s sal in ‘n databank

gebêre word en Graan SA en Sasol mag dit vir toekomstige promosie-, bemar-

kings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in

daartoe en geen eise van derde partye vir skending van kopiereg kan ingedien

word nie.

14. Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie

inskryf nie.

W

at laat jou met heimwee; met verlange terugdink aan die plaas? ‘n

Ou planter wat onder ‘n bloekomboom staan en roes? Die melkkan

vanmelewe se dae? ‘n Kindjie wat ‘n hanslam melk gee? Wat van

daardie veteraantrekker wat nog ingespan word om die land om te ploeg?

Dalk ‘n ou klipkraalmuur of plaashek? Of dalk ‘n plaasopstal wat al ‘n eeu

oud is?

In 2017 is die Graan SA/Sasol-fotokompetisietema “

Plaasnostalgie

”. Ons

sien met groot verwagting uit na ons lesers se interpretasie van dié unieke

tema.

PRYSGELD VERHOOG

Komaan, skryf in: Wie weet, dalk is jy een van die

maandwenners

wat

R1 500

kontant wen of dalk stap jy nog met die groot prys (R15 000) aan die

einde van die kompetisie weg.

Vanaf Januarie 2017 word daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner

deur ‘n paneel beoordelaars aangewys – wat ‘n kontantprys van

R1 500

ont-

vang. Die twaalf finaliste kom in aanmerking vir

R15 000

(

wenner

),

R10 000

(

naaswenner

) en ‘n

derde prys

van

R5 000

. Baie dankie aan Sasol wat weer

hierdie jaar die prysgeld borg: R48 000 altesaam.

Plaasnostalgie

Stuur foto’s na

elmien@infoworks.biz .

Onthou om jou naam, kontakbesonderhede

en ‘n byskrif vir die foto saam te stuur.

GRAAN SA

/

SASOL

FOTOKOMPETISIE

Opbrengskompetisie se gewildheid neem toe

D

uPont Pioneer se 2016/2017 Weeg en Wen-opbrengs-

kompetisie het die jaar 10% meer inskrywings as met

verlede jaar se eerste kompetisie ontvang.

Oostelike droëlandmielies-, oostelike sojaboon- en westelike soja-

boonproduksiegebiede is die drie kategorieë wat die meeste

inskrywings nóg gelok het, met onderskeidelik 25, 18 en 13 in-

skrywings.

Mnr Heinz Oellermann (besigheidsbestuurder: DuPont Pioneer SA)

het tydens die oorhandigingsfunksie aan die hand van grafieke

die verskil in opbrengs tussen die 2016/2017- en 2015/2016-kompe-

tisies uitgelig.

“Die finaliste in die sojaboon oostelike produksiegebiede-katego-

rie het ‘n gemiddelde opbrengstoename van 1 t/ha getoon, terwyl

die westelike produksiegebiede-finaliste met 1,6 t/ha gespog het.

Die oostelike droëlandmieliegebiede gemiddeld het ‘n toename

van 1,4 t/ha getoon,” het hy verduidelik.

Volgens mnr Tony Esmeraldo (kommersiële hoof: DuPont AgCo,

Suid-Afrika) is hierdie kompetisie DuPont Pioneer se bydrae tot die

bedryf: Hul motiveer produsente om hul opbrengste te verhoog

deur hul eie kundigheid te gebruik en sodoende meer presies

te boer.

Vir meer inligting en om te registreer vir die 2017/2018-kompeti-

sie, besoek

www.WeegenWen.co.za

of stuur ‘n e-pos aan

info@

weegenwen.co.za.

Nuwe siklus vir DuPont

DuPont Pioneer staan aan die begin van ‘n betreklike groot ver-

andering in hul maatskappy se geskiedenis. “In 1802 het DuPont

begin om plofstof te vervaardig – ons was die eerste maatskappy

wat dinamiet gekommersialiseer het. Daarna het dié maatskappy

chemikalieë begin vervaardig, waarna hulle hulself herstruktu-

reer het en die wetenskap- en ingenieursveld betree het.

“Ons is nou aan die begin van ‘n volgende fase vir DuPont

wêreldwyd en dit is dat DuPont en Dow, wat saamgesmelt het,

in drie organisasies opgedeel gaan word, naamlik: Landbou,

spesialiteitsprodukte en materiaal en wetenskap,” het Esmeraldo

tydens sy spreekbeurt gesê.

Dié R19 miljard-maatskappy, wat deel van die landboukomponent

gaan wees, sal vir DuPont ‘n uiters sterk pyplyn in terme van

gewasbeskerming in Suid-Afrika verskaf en die vermoë om ‘n totale

diens aan die produsent te lewer – van saad tot gewasbeskerming

en biotegnologie.

Esmeraldo het die maatskappy se passie vir hul produsente

beklemtoon. “Dit is vir ons belangrik om te verstaan wat die uit-

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Produk-inligting

SLUITINGSDATUMS:

DESEMBER 2017: 14 NOVEMBER