Background Image
Previous Page  79 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 79 / 84 Next Page
Page Background

Tel: +27 12 683 5700 |

www.rsa.pioneer.com

© 2016 PHII.

Die DuPont Ovaal Logo is ‘n geregistreerde handelsmerk van DuPont.

®, SM,TM

Geregistreerde handelsmerke van Pioneer.

PIO-SAG-07

elke boer

wil graag

meer pitte hê

Wêreldrekordhouers gee raad

Esmeraldo het mnr Kip Cullers (sojaboonwêreldrekord-

houer met ‘n opbrengs van 10,8 t/ha), na wie ook soms

verwys word as die sojaboonkoning en mnr David Hula,

wat steeds die wêreldkampioen vir droëlandmielies is

(met ‘n opbrengs van 33,3 t/ha) se raad met die finaliste

en wenners van die kompetisie gedeel:

“Jy moet weet waar die rand van die krans is. Klim

daaroor en trek jouself weer op. Anders sal jy nie weet

waar die rand is nie.” – Cullers

“Om die regte graanvariëteit te kies, is soos om jou

eggenoot te vind. Dit is ‘n emosionele proses en wan-

neer dit reg gedoen word, kan dit belonend wees, maar

indien dit verkeerd gedoen word, kan dit jou duur te

staan kom.” – Hula

Die 2016/2017-wenners. Van links: Heinz Oellermann, Bernard Rabe

(wenner: Droëlandmielies, westelik én sojabone, westelik), Cobus Botha

(wenner: Sojabone, KwaZulu-Natal), Johann Pistorius (wenner: Droëland-

mielies, oostelik), Karel Kirsten wat namens Thabo van Zyl (wenner: Mielies,

watertafelgrond) sy prys ontvang het, Michael Allen (wenner: Sojaboon,

oostelik), Koos Uys (wenner: Sojaboon, besproeiing) en Tony Esmeraldo.

Afwesig is Conrad Coetzee (wenner: Mielies, besproeiing).

dagings is waarmee produsente daagliks gekonfronteer word. ‘n

Opname wat onder kommersiële produsente in Noord-Amerika

gedoen is, het getoon dat produktiwiteit per hektaar vir driekwart

van die produsente in dié land ‘n nommer een bekommernis is

en ek is seker hierdie statistiek sal dieselfde vir Suid-Afrikaanse

produsente wees.”

Volgens Esmeraldo is dit daarom nodig dat ‘n saadmaatskappy

soos DuPont veral aandag gee aan die volgende aspekte:

Verbetering van produktiwiteit in terme van saadprodukte, bydrae

tot die funksionaliteit en eindgebruik van die produk en graan wat

in die mark verkoop word, begrip van wat die verskillende tipes

siektes, onkruide en nematodes is waarmee produsente gekon-

fronteer word en laastens ondersteuning met die verbetering van

akkerbou deur die beperkings wat produsente op hul plase ervaar.

“Produsente bestuur hul graan op die plaas op mikrovlak. Hulle

maak hul somme hektaar per hektaar; soms selfs subhektaar per

subhektaar – hulle meet tot die fynste detail. DuPont het daarom

‘n strategie met sewe fokusareas ontwikkel, wat produsente sal

ondersteun om op hierdie vlak te bestuur. Die areas sluit in: Teling,

CRISPR-Cas, biotegnologie, gewasbeskerming, saadtoegepaste

tegnologie, digitale- asook akkerbou-oplossings,” het Esmeraldo

gesê.