Background Image
Previous Page  81 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 81 / 84 Next Page
Page Background

Nuwe Renault Duster EDC

is nou outomaties

s

edert sy aanvanklike bekendstelling in Suid-Afrika in 2013

is daar al meer as 12 000 eenhede van die Renault D ster-

model verkoop. Dit is ‘n teken dat hierdie voertuig uiters

gewild is.

Renault is ook een van die min verva rdigers in Suid-

Afrika wat besig is om ‘n groei in verkope te toon. Renault SA

het op die oomblik 65 handelaars oor die lengte en die breedte

van Suid-Afrika, wat beteken dat veral hul diesel-aangedrewe

sportnutsvoertuie soos die Duster as ‘n passasiersvoertuig in die

landbougemeenskap oorweeg kan word.

‘n Goeie kandidaat vir die plaaslewe uit die Renault-stal, is by-

voorbeeld die Duster 1,5 dCi Dynamique EDC, wat onlangs met ‘n

outomatiese ratkas met ses gange en ‘n dubbele koppelaar toege-

rus is.

Hierdie beproefde ratkas word ook in Renault-modelle soos die

Captur en die Clio RS gebruik. Die dubbele koppelaar kombineer die

gerief van ‘n outomatiese ratkas met die brandstofdoeltreffendheid

van ‘n handratkas.

Soos die ander twee dieselmodelle in die Duster-reeks, die 1,5 dCi

Dynamique 4x2 en 4x4, is die model met die EDC-ratkas ook met

die turbo-aangejaagde dieselenjin van 1,5 liter wat 80 kW teen

4 000 omwentelinge uitstoot en ’n maksimum wringkrag van 240 Nm

teen 1 750 omwentelinge lewer, toegerus.

Die gemiddelde brandstofverbruik van hierdie model is 4,8 liter

p r 100 km. Die EDC-model is net in 4x2 beskikbaar.

Die nuwe Duster Dynamique EDC is soos die ander Dynamique-

modelle ook met swart 16 duim-allooiwiele, verchroomde dak-

reëlings, deure wat outomaties sluit wanneer die motor wegtrek,

satellietnavigasie en ‘n trukamera toegerus. Leerbekleedsel is op-

sioneel beskikbaar. Die hele Duster-reeks het veiligheidskenmerke

soos elektroniese stabiliteits- en vastrapbeheer, sluitweerremme

en voorste- en kantlugsakke.

Die Duster 1,5 dCi Dynamique EDC se prys is R299 900. Metaal-

verf en leersitplekke is opsioneel teen R2 500 en R10 000 onder-

skeidelik beskikbaar. Die hele Duster-reeks word deur ‘n waarborg

van vyf jaar of 150 000 km gerugsteun, ‘n diensplan van drie jaar of

45 000 km en ‘n anti-roeswaarborg wat ses jaar lank geldig is.

Die Dusters se aantrekkingskrag is dat hul bekostigbaar is, hoë

kwaliteit bougehalte weerspieël en dat die 1,5 liter dieselenjin

besonder lig op brandstof is, terwyl dit steeds kragtig is.

Pryse

Duster 5 dCi Dynamique 4x2 80 kW diesel: R279 900

Duster 1.5 dCi Dynamique 4x2 EDC 80 kW diesel: R299 900

Duster 5 dCi Dynamique 4x4 80 kW diesel: R304 900.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

1: Die nuwe Renault Duster EDC.

2: En só lyk hy aan die binnekant.

1

2

79

November 2017