Suksesse in grondhervorming op
databank vasgelê – Agri SA
D
ie woord “grondhervorming” laat soms ‘n wrang smaak
in die mond. Onsekerheid oor die regering se beleid en
grootskaalse “politieke geraas” is volgens mnr Christo van
der Rheede (adjunk-uitvoerende direkteur van Agri SA) die
rede waarom grondhervorming negatief ervaar word.
Met die doel om grondhervorming vanuit ‘n ander hoek te beskou,
het Van der Rheede en sy span verlede jaar begin om suksesse in
grondhervorming na te speur en in ‘n databank op te neem. Die
webblad is in November 2016 aan die publiek bekend gestel en
bevat reeds-gepubliseerde artikels oor grondhervorming wat gro-
tendeels uit die privaat sektor gedryf word en uiters suksesvol is.
Van der Rheede meen dat grondhervorming al hoe meer politieke
momentum kry. Hy sê dit is belangrik om die politieke geraas te
troef met stories van suksesvolle projekte wat transformasie in
landbou verseker. “Die regering faal in hul taak om grondhervorming
volhoubaar te bestuur, maar daar is produsente wat in hul privaat
hoedanigheid uiters suksesvolle projekte van die grond af opgebou
het en volhoubaar bestuur. Die databasis verskaf beste praktyke as
dit gaan oor transformasie in landbou.”
Stories van produsente wat grond aangekoop het om in vennoot-
skap met hul plaaswerkers te bewerk, is een van die praktyke wat
volgens hom uitstekend werk. “Die landbouer deel nie net só sy
kennis met ontwikkelende boere nie, maar bied ook toegang tot
markte wat hulle nie noodwendig sou gehad het nie. Verder trek die
produsent voordeel daaruit omdat sy transformasieteikens bereik
word en sy swartbemagtigingsprofiel hom toelaat om makliker met
die regering – en selfs internasionaal – handel te dryf,” het hy gesê.
Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder, mnr Jannie de Villiers, is
dit eens dat die databank produsente wat aktief by grondhervorming
betrokke wil raak, “skoolgeld” kan spaar. “Die artikels wat op die
databank verskyn, is projekte wat werk en wat as volhoubare
grondhervorming beskryf kan word. Daar is produsente wat grond
koop of selfs huur en dan volhoubaar saam met plaaswerkers boer.”
De Villiers sê dat daar ‘n persepsie bestaan dat ontwikkelende boe-
re nie suksesvol op grond wat deur die regering aan hulle gegee is,
kan boer nie. Hy meen egter dat dit onregverdige kritiek is, aangesien
grond sonder ‘n titelakte vir enige produsent ‘n uitdaging sal wees.
Hy sê sonder titelaktes kan hierdie boere nie lenings by banke kry nie.
“In vennootskap met kommersiële produsente het ontwikkelende
boere toegang tot krediet en kan hulle die nodige bronne makliker
bekom.”
Volgens De Villiers is die databank betreklik omvattend, met suk-
sesse in verskeie kommoditeite – van veselperskes tot skape. ‘n
Verskeidenheid van metodes van aandeelhouding en finansiering
word ook beskryf en kan aan produsente duidelike riglyne vir hul
eie projekte gee. “Ek glo dat hierdie suksesverhale produsente sal
aanmoedig en leiding gee,” sê De Villiers.
Oor watter kriteria gebruik is om die databank op te stel, verduidelik
Van der Rheede dat artikels rakende suksesvolle grondhervorming
wat reeds in die media verskyn het, in die databasis opgeneem is.
“Dit is nie altyd maklik om die stories bymekaar te kry nie, omdat
produsente soms sku is om hul stories te deel. Daarom het ons
gevind dat dit makliker is om ons soektog te fokus op die media
– waar die stories reeds gepubliseer is. Al die artikels bevat sukses-
verhale – dít wat in die praktyk werk.”
Van der Rheede nooi produsente uit om hul suksesverhale met
Agri SA te deel met die doel om ook dié verhale in die databank op
te neem.
Agri SA se uitvoerende direkteur, mnr Omri van Zyl, glo dat
grondhervorming benader moet word deur aan produsente die
voordele daarvan uit te wys. “Die spreekwoordelike ‘
carrot and
not the stick
’ is al manier waarop grondhervorming volhoubaar
gaan wees.”
Van Zyl glo dat produsente baat sal vind by die databank deur
kennis op te doen van die verskeidenheid van finansierings-
meganismes wat reeds gebruik word om die projekte suksesvol en
volhoubaar te maak. Die verhale spreek van samewerking tussen
kommersiële produsente, plaaswerkers, gemeenskappe, die privaat
sektor en die regering,” vertel hy.
Die databank met artikels is beskikbaar by
http://www.agrisa.co.za/sustainable-growth/
en sluit suksesverhale in soos dié van Cedar
Citrus op Citrusdal in die Wes-Kaap. Die projek is op die been ge-
bring deur ALG Estates en altesaam 36 plaaswerkers word deur die
projek bevoordeel. ALG Estates het 40 ha grond beskikbaar gestel
en 36 000 sitrusbome as donasie gegee.
Nog ‘n voorbeeld is die verhaal van mnr en me Denis en Aleysia
Shaw wat op Porterville in die Wes-Kaap die Bergland Trust saam
met gemeenskapslede en plaaswerkers op die been gebring het.
Die trust het 75 ha grond gekoop, wat nou in ‘n samewerkende
ooreenkoms bewerk word.
Mnr Bernhardt du Toit en 242 van sy plaaswerkers het ‘n ooreenkoms
aangegaan waar die plaaswerkers 33% aandele in sy boerdery
verkry het. Die plaaswerkers is ten volle betrokke by die boerdery en
die besluitnemingsprosesse. Hulle word finansieel bevoordeel deur
dividende wat aan aandeelhouers uitbetaal word.
Me Barbara van den Bossche het ‘n projek begin wat 197 plaaswer-
kers in die Elgin-vallei bevoordeel. Plaaswerkers het aandele bekom
en word finansieel bevoordeel deur die uitbetaling van dividende.
Vele ander projekte wat groot besighede – en selfs skole – insluit,
word ook in die databank vervat.
75
November 2017
AKTUEEL
VALERIE CELLIERS,
SA Graan/Grain
medewerker
Skandeer dié kode om na nog voor-
beelde op die databank te gaan kyk.