Background Image
Previous Page  73 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 84 Next Page
Page Background

Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer FSP no: 45767

Vir meer inligting kontak jou Makelaar of

besoek

www.agriseker.co.za

Is jy

Seker

jou oes is

by AgriSeker verseker?

...DIE

BOER

SE VRIEND

Agri

Seker...

Uitgebreide

Haelversekering

vir ‘n Seker Toekoms

Met AgriSeker se passie vir

landbou en sy mense, bied ons

‘n besondere goeie diens t.o.v.

die beskerming van jou oeste

en jou toekoms.

Reik (jou kamera)

na die sterre

M

et die Desember-vakansie wat nadersnel, berei Suid-Afrikaners voor vir ‘n

vakansie langs die see; tussen honderde ander vakansiegangers. Beplan jou

roete daarheen só dat jy by een van die stiller plekke waar die sterrehemel in al

sy glorie gesien kan word, oornag.

Volgens Richard de Gouveia, ‘n fotograaf en onderwyser wat fotograwe touwys maak

oor hoe om Suid-Afrika se natuurskoon deur die lens vas te vang, is geduld een van die

belangrikste vereistes vir sterrefotografie. Geniet daarom die stilte in ‘n gebied sonder lig- en

geraasbesoedeling en ontsnap van die alledaagse gejaagdheid van die lewe.

Die gebruik van ‘n wyehoeklens wanneer die sterre afgeneem word, verseker dat die Afrika-

hemel tot sy reg kom. Dit is egter belangrik om ‘n onderwerp te hê – dooie bome, klipkoppies

of waterbronne. Kry jou fokus en verstellings reg. Daarna kan jy die kamera begin rondbe-

weeg om die beste komposisie te verkry.

Om die sterre af te neem vereis die handverstelmodus. ‘n Lens met ‘n lensopening van

f2.8 of vinniger word aanbeveel. Stel die lensopening so wyd as moontlik, byvoorbeeld: Vir

’n f2.8-lensopening, stel die sluiterspoed op tussen 20 en 30 sekondes en stoot die ISO op

tot rondom 3 200. As jy met ’n stadiger lens skiet, sal jy die ISO dalk nog hoër moet maak

– tot by 6400 of selfs 12800.

Bron:

http://weg.netwerk24.com/Fotografie/6-wenke-om-die-sterre-af-te-neem-20170313

71

AKTUEEL

Fotokompetisie

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE

Die foto van twee skaapwagters wat

skape aan die einde van ‘n werk-

dag aanjaag was die wenfoto vir die

September-uitgawe. Dié foto is deur

Bertus Hanekom van Loxton geneem

en besorg aan hom ‘n kontantprys van

R1 500. Hartlik geluk, Bertus!

Piet Lombard van Elsenburg se foto van kontoerwalle wat patrone in die Swartland

teken, besorg aan hom die eerste plek en R1 500.

WENFOTO VIR

OKTOBER