Background Image
Previous Page  64 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 84 Next Page
Page Background

Grondgedraagde swamsiektes

– die wortel van alle kwaad

G

rondgedraagde swamme kan wortel-, kroon en stamvrot

asook saailingverwelksiekte in plante veroorsaak. Aan-

gesien die simptome ondergronds verberg word, is

produsente nie bewus daarvan nie en skryf gewoonlik

swak stand (

Foto 1

) en ‘n verlies aan opbrengs toe aan bogrondse

omstandighede.

Bogenoemde vrotte en saailingverwelksiekte word veroorsaak

deur ‘n verskeidenheid van swamme (swamspesiekompleks), wat

die beheer van hierdie siektes kompliseer. Die swamspesies sal

byvoorbeeld van een land tot ‘n ander verskil en omgewingsfak-

tore sal ook ‘n groot rol speel in die samestelling van die swam-

spesiekompleks.

Van die swamme in die kompleks is

Pythium, Exserohilum, Fusa-

rium, Rhizoctonia, Aspergillus, Penicillium

en

Trichoderma

spp.

Die siektegraad kan wissel as gevolg van verskillende grondtipes,

grondvog, grondtemperatuur, beskikbare nutriënte en algehele

grond- en plantgesondheid. Verder verskil die bogenoemde

swamme van mekaar in hulle voorkeur vir omgewingstoestande en

gasheer.

Grondbewerkingspraktyke sal ook ‘n invloed op die swamspe-

siekompleks hê.

Simptome

Tipiese simptome wat waargeneem kan word met wortelvrot,

is verkleuring en die wortels sal ook minder en korter wees in

vergelyking met gesonde wortels (

Foto 2

). Dit veroorsaak dan swak

plantestand en ‘n afname in groeikrag, wat dus ook die opbrengs

sal benadeel.

Die graad van wortelvrotte word ingedeel in groepe van een tot

vier volgens die persentasie besmetting (een = > 0% - 25%, twee

= 25% - 50%, drie = 50% - 57% en vier = 75% - 100% wortelvrot)

wat op die wortels voorkom.

Elke numeriese groep staan as ‘n siekte-eenheid bekend. Volgens

literatuur kan daar vir elke toenemende siekte-eenheid ‘n addisionele

afname in opbrengs van 1,81 t/ha voorkom.

Grondgedraagde swamme kan ook saailingverwelksiekte veroor-

saak en tipiese simptome is verkleuring in die wortels en saailingstam.

Geïnfekteerde saailinge sal tipies kleiner wees in vergelyking met

gesonde saailinge en dikwels sal ‘n geel verrotting waargeneem kan

word (Foto 2). Swak ontkieming van saailinge veroorsaak dikwels

dat produsente moet inplant – wat dan finansiële gevolge het.

Beheermaatreëls

Die beheer van grondgedraagde swamme is ‘n groot uitdaging

as gevolg van die wye spektrum van swamme in die kompleks

en die interaksie van die swamme met die gasheer, omgewing en

grondbewerkingsmetodes.

Om wortel-, kroon- en stamvrot asook saailingverwelksiekte te

probeer beheer, moet die swamspesiekompleks eers geïdentifiseer

word.

Pythium

spp. affekteer grootliks saailinge en die swam verkies

nat gronde.

Hierdie swam produseer soöspore met flagella wat hulle in staat stel

om kort afstande in nat grond te beweeg. Aan die ander kant sal

Fusarium

spp. byvoorbeeld in droër grond gedy. Goeie dreinering

kan dus

Pythium

spp. verminder deurdat die soöspore nie verder kan

versprei en vermeerder nie, terwyl vloedbesproeiing

Fusarium

spp.

kan strem deur die grondsuurstof en temperatuur te verlaag.

Die beheermaatreëls wat toegepas word sal dus van die swamspe-

sies wat voor-plant teenwoordig is, afhang.

Suksesvolle beheermaatreëls behoort maklik te wees om toe te

pas, ekonomies regverdigbaar wees, nie skadelik vir die omgewing

wees nie en moet effektief teen grondgedraagde swamme wees.

Enkel beheermaatreëls beskik nie altyd oor hierdie eienskappe nie

en daarom is dit beter om ‘n geïntegreerde benadering te gebruik.

Gewasrotasie

Grondgedraagde swamme oorleef in die grond en op plantreste

en kan dus voor-plant reeds teenwoordig wees, gereed om nuwe

aanplantings te infekteer. Deur ‘n gewas te plant wat nie ‘n gasheer

van die probleemswam is nie, sal die inokulum (hoeveelheid swam)

in die grond verminder word.

OP PLAASVLAK

Grondgedraagde swamsiektes / Beheermaatreëls

Geïntegreerde plaagbeheer

DR BELINDA JANSE VAN RENSBURG,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

1

2

1: Swak plantestand in ‘n

sonneblomland wat deur

swamsiektes veroorsaak is.

Foto: Dr Maryke Craven

2: ‘n Verkleuring in die

stamme en wortels (bo) wat

deur saailingverwelksiekte

veroorsaak word teenoor

gesonde plante (onder)

van dieselfde ouderdom.

Foto: Johnny Viviers

November 2017

62