November 2017
58
Hoekom kruipvoeding vir
jong herkouerdiere?
P
rodusente belê in die beste bekostigbare genetika en
rig infrastruktuur soos lamhokke en -kampe op. Hulle
volg bestuursprogramme vir inentings, dip en dosering
noukeurig. Tegnologie met
controlled internal drug release
(CIDRS), dragtige merrieserum (DMS), kunsmatige inseminasie (KI)
en laparoskopie is tot ons beskikking, maar ontsluit ons die jong
dier se genetiese potensiaal optimaal?
‘n Groot aantal produsente skram om verskeie redes weg van
kruipvoeding. Oprigting van nuwe kruipvoerkrippe, ekstra rantsoene
wat gemeng of aangekoop moet word, of bloot net die potensiële
addisionele koste blyk die mees algemene redes te wees waarom
kruipvoer nie gegee word nie.
Navorsing en ervaring het egter oor tyd gewys dat die voordele
wat ‘n kwaliteit geformuleerde kruipvoer vir die ontwikkeling van ‘n
jong dier inhou, die negatiewe persepsies oorskadu.
Voordele wat kruipvoer bied
Die effek van Epi-genetika is een van die belangrikste voordele
wat kruipvoer bied. Epi-genetika is die omgewingsfaktore en
eksterne veranderinge wat DNA ondergaan sonder om die
DNA-volgorde te verander.
Die verandering het ‘n invloed op hoe die selle die gene interpreteer.
Wanneer diere vir die eerste paar maande van hul lewens aan
goeie voeding blootgestel word, beïnvloed dit hoe hulle DNA
uitgedruk en deur hul geïnterpreteer word.
‘n Voorbeeld hiervan is dat ooilammers wat in die eerste paar
maande van hul lewens onder voedingstres was, ‘n laer
ovulasietempo sal hê en dit sal hul vrugbaarheid die res van hul
lewens negatief beïnvloed.
Verder kan die aantal spierselle wat in hierdie goue periode vas-
gelê word, meer wees. Vir die res van sy, of haar, lewe het die dier
dus meer spierselle wat kan vergroot.
‘n Derde voorbeeld is dat reeds 70% tot 80% van die wolfollikels
in die eerste maand van ‘n wollam se lewe volwasse word – ‘n
voedseltekort in hierdie tyd sal die skaap se wolproduksie voortaan
negatief beïnvloed. Om hierdie voordele te benut, moet die jong
herkouer ‘n kruiprantsoen met genoegsame hoë kwaliteit energie,
ruvesel, verbyvloeiproteïene, vitamiene en minerale ontvang.
Grootpensontwikkeling
Pasgebore herkouers word met ‘n onvolwasse spysverteringstel-
sel gebore en een van die hooffunksies van kruipvoeding is om
die grootpens te ondersteun om te ontwikkel.
Kruipvoer ontwikkel die grootpens op twee maniere. Die een is om
die grootpens in grootte en volume te vergroot en tweedens om
die grootpenswand en vingeragtige grootpenspapille te ontwikkel.
Die grootte en volume word positief beïnvloed deur die ruvoer wat
die lam/kalf saam met sy ma vreet – en/of inneem as daar ruvoer in
die kruipvoer teenwoordig is.
Ek verkies ‘n kruipvoer wat ruvoer bevat in die vorm van goeie
gehalte gemaalde lusern, aangesien die spysvertering nog
ontwikkel. Goeie kwaliteit lusern is beter verteerbaar as ander
swakker ruvoere. Ook help dit om suurpens, wat kan ontwikkel
as diere hulself oorvreet, te verhoed. Die doel van die grootpens-
papille is om nutriënte vanuit die grootpens te absorbeer. Hoe
beter hierdie vingeragtige villi ontwikkel is, hoe groter is die op-
pervlak van absorpsie vanuit die grootpens.
Die graangedeelte in die kruiprantsoen is hiervoor verantwoordelik.
Graanvertering lei tot die vorming van vlugtige vetsure soos
propioonsuur en bottersuur. Bottersuur word gesien as die ener-
giesubstraat vir die grootpens-epiteelselle wat die grootpenspapille
uitmaak.
Kalwers wat net melk ontvang, se grootpens sal daarom basies
onderontwikkel wees (soos geïllustreer in
Foto 1
) en ‘n jong
kalf wat net melk en ruvoer ontvang het, sal wel ‘n mate van
grootpenspapilontwikkeling toon. Let egter op die goeie groot-
penspapilontwikkeling en dik grootpenswand van ‘n melkras-
beeskalf se grootpens in
Foto 2a
tot
Foto 2c
– hoofsaaklik weens
die aanwesigheid van graan in die rantsoen.
OP PLAASVLAK
Kruipvoer / Grootpensontwikkeling
Diere
ANNELIE VAN DEVENTER,
veekundige, Feedtek
1: Kalwers wat net melk ontvang,
se grootpens sal basies onder-
ontwikkel wees.
Foto: Dawie du Plessis
2a: ‘n Kalf se grootpens wat net
melk ontvang het, met geringe
papilontwikkeling.
2b: ‘n Kalf se grootpens wat melk
en hooi ontvang het, met min
papilontwikkeling.
2c: ‘n Kalf se grootpens wat melk,
graan en ruvoer ontvang het.
Beduidende papilontwikkeling.
Foto’s: Jud Heinrichs, Penn State
University
3: Deursnit van die grootpenswand
wat die grootpenspapille illustreer.
Foto: Jud Heinrichs, Penn State
University
1
2a
2b
2c
3