Background Image
Previous Page  67 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 67 / 84 Next Page
Page Background

Sewe-stap miljoenêrsplan vir dames

D

it is moontlik om in ‘n gebroke wêreld sprankelend te

leef. Met hierdie boodskap het Monsanto hul kliënte se

vroue sielskos gegee by die jaarlikse vrouedae wat op

Lichtenburg, Wolmaransstad, Bethlehem, Heidelberg en

Middelburg aangebied is.

Elke vrou is ook bederf met ‘n geskenk, kos en dekor uit die boon-

ste rakke en strelende harpmusiek van Christy-Lyn, wat deel-

geneem het aan vanjaar se nasionale sangkompetisie,

The Voice

South Africa

.

Me Milanie Vosloo, sakevrou en skrywer, wat jaarliks saam met

Monsanto die vrouedae aanbied, het tydens haar verwelkoming aan

die dames gesê dat jy nie kraakvry hoef te wees nie. “Om te sprankel

hang nie af van ‘n volmaakte wêreld nie. Moenie teen die vloei

van die lewe baklei nie, want jy gaan net spartel. Al wat jy moet doen,

is om te bly in die vloei van ‘n volmaakte God,” het sy gesê.

Die gasspreker, me René du Preez, ‘n finansiële adviseur, het

gesels oor wat ‘n miljoenêrsvrou tipeer. Sy het gevra: “Hoeveel

dink julle sou Steve Jobs (stigter van Apple), wat ongeveer 8 miljard

dollar gehad het toe hy dood is, betaal het vir meer tyd saam met

sy gesin?” Almal was dit eens dat hy al die geld of nog meer sou

wou gee.

Du Preez se sewepuntplan vir vroue is soos volg:

Skryf jou doelwitte neer.

Ontwikkel die regte geloof en gewoontes.

Bepaal jou kennis, kundigheid en vaardighede, strategieë en

taktiek om jou doelwitte te bereik.

Kry die regte ondersteuning.

Neem die eerste stap in jou plan.

Evalueer jou resultate en verander jou gedagtes en aksies.

Geniet jouself en deel jou suksesresep met ander.

Deel van om sprankelend te wees, is om terug te gee aan die

gemeenskap. Me Magda du Toit (korporatiewe kommunikasiebe-

stuurder, Monsanto SA) het gesels oor die ontwikkelingsprojekte

wat onder die nuwe sambreelprogram,

imbewu

, sorteer. Dit sluit

onder andere in: Besigheidsontwikkeling (Buhle Farmers Academy),

vaardigheidsopleiding (Graan SA ontwikkelingsprojek) en sosiale

ontwikkeling (Khulisa Social Solutions, werkskadu, boomplantdae,

sportbyeenkomste, ‘n bussieprojek en Mandeladag).

‘n Ontwikkelingsprojek vorm jaarliks deel van die vrouedae. Die

dames wat dit bywoon, het al oor die jare komberse, blikkieskos,

skryfbehoeftes en toiletware vir minderbevoorregtes ingesamel.

Verlede jaar is besluit om ‘n studiebeurs vir ‘n landboustudent

te gee en R10 000 is aan mnr Chris van der Merwe geskenk om

‘n honneursgraad in landbou-ekonomie aan die Vrystaatse Univer-

siteit te voltooi. Meer inligting oor die 2017-ontwikkelingsprojek sal

later bekend gemaak word.

65

November 2017

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

1

4

5

2

3

1: Die Graan SA-dames het die Monsanto

Vrouedag op Heidelberg terdeë geniet.

Van links is: Magda du Toit, Petru Fourie

(navorsingskoördineerder en produksiekoste-

analis, Graan SA), Luzelle Botha (komitee-

beampte, Graan SA), Christy-Lyn en Alzena

Gomes (skakelbeampte, Graan SA).

2: Pragdekor soos dié het elke vrou spesiaal

laat voel.

3: Priscilla Krugel (Heidelberg) het

René du Preez, regs, se boek,

The ordinary

millionare

, by die vrouedag gekoop.

4: Rina Uys (Heidelberg) het haar vriendin van

Meyerton, Bonnie Blaauw, na die vrouedag

saamgenooi. “Met ses kinders, ses skoon-

kinders en 14 kleinkinders, is ek verseker ‘n

miljoenêr,” het Rina met ‘n breë glimlag gesê.

5: Met haar ongelooflike stem en die “hemelse”

musiek wat sy op haar hefboomharp speel,

het die talentvolle Christy-Lyn die vroue

laat terugsit en vir ‘n oomblik van hul bekom-

mernisse laat vergeet.

Produk-inligting