Background Image
Previous Page  59 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 59 / 84 Next Page
Page Background

Klante registreer fluks vir

lojaliteitsprogram

S

edert die NWK-landboudienstegroep sowat ‘n maand

gelede ‘n lojaliteitsprogram van stapel gestuur het, het

klante flink hierop gereageer. Die registrasieproses vorder

vinniger as wat verwag is en deelnemende klante het

gevolglik reeds begin om lojaliteitspunte te verdien.

Die program se mikpunt is om lojale klante met aandele óf krediet

vir verdere aankope te beloon en om klante aan te moedig om hul

landbousake aan die groep toe te vertrou. Dit skep inderwaarheid

‘n wen-wensituasie, want klante verdien ‘n bykomende voordeel,

terwyl NWK ekstra besigheid genereer en kan voortgaan om ‘n

wesenlike rolspeler in die landbougebiede van veral die Noordwes

Provinsie te wees.

Volgens mnr Francois de Kock, bestuurder: NWK Finansiering, is

produsente se reaksie op dié terugploegstrategie geweldig positief.

Dit is die terugvoer wat tydens ‘n reeks inligtingsvergaderings

met produsente in Augustus, asook tydens die algemene

jaarvergadering in September, ontvang is.

“Uit gesprekke met produsente wat direkte navraag by Finansiering

doen, is dit duidelik dat landbouklante wat NWK vantevore by

geleentheid ondersteun het, nou twee keer dink, want hulle weet hul

kan lojaliteitspunte verdien,” het hy gesê.

Ook die handelsdivisie kry goeie terugvoer van kommersiële en

ontwikkelende produsente. “Heelwat nuwe moontlikhede vir

primêre insetbesigheid het al na vore gekom weens die lojali-

teitsprogram. Klante wat nie altyd hul primêre insette deur ons

aangekoop het nie, kontak nou ons verteenwoordigers vir kwo-

tasies,” vertel mnr Jacques de Wet, bestuurder: Aankope- en

Bemarking, NWK Handel.

Geen registrasie, geen punte

Aangesien registrasie per entiteit ‘n voorvereiste vir deelname aan

die program is, is dit ‘n hekkie wat alle klante – dus produsente,

aandeelhouers, sake-entiteite, die algemene publiek of personeel

– moet oorkom. Elke entiteit wat punte wil verdien, ongeag of dit ‘n

individu, beslote korporasie, vennootskap, maatskappy of trust is,

moet afsonderlik geregistreer word.

Klante vra dikwels of die registrasieproses en die FICA-inligting

werklik nodig is. “U as klant se inligting moet deur die FICA-proses

geverifieer word omdat ‘n potensiële voordeel van die program

aandele in die groep is, waarop dividende verdien kan word. Dit is

ook belangrik om ‘n sekuriteitsmaatreël in plek te hê sodat ‘n klant

se wagwoord geverifieer kan word,” aldus Francois.

‘n Ligpunt vir klante wat nog nie geregistreer het nie, is dat dit

net eenmalig gedoen hoef te word. Huidige klante van NWK het

die voordeel dat bestaande inligting op die stelsel reeds op die

registrasievelde vertoon. Dit is dus net nodig om die inligting se

korrektheid na te gaan en ontbrekende inligting in te vul.

Hulp met registrasie

Klante wat probleme ervaar met die aanlynregistrasie of wat nie

toegang tot die internet het nie, kan hulle ore en oë oophou vir

doelgerigte registrasiedae by bedryfspunte van November dié jaar

tot April volgende jaar. Konsultante van NWK Finansiering sal dan

op hul pos wees om klante by te staan om te registreer. Dieselfde

diens sal ook tydens boeredae, ekspo’s en inligtingsvergaderings

beskikbaar wees. Intussen kan klante ook by hul naaste bedryfs-

puntbestuurder aanklop vir hulp met registrasie.

Die webtuiste

www.nwklojaliteit.co.za

bevat ‘n volledige stel vrae en

antwoorde oor die program. Sien die kassie onder vir ‘n stap-vir-

stapverduideliking van hoe om te registreer. Onthou, hoe meer sake,

hoe meer punte. Kontak NWK Finansiering gedurende kantoorure by

018 633 1000 vir verdere navrae.

57

November 2017

OP PLAASVLAK

Geldsake

Produk-inligting

JOHAN BEZUIDENHOUT,

groepbestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, NWK

Registreer en kry meer

Enige NWK-klant kan by die lojaliteitsprogram inskakel. Volg dié stappe:

Kies die “registreer”-skakel op die NWK-webtuiste se tuisblad, op die spesiale webtuiste

www.nwklojaliteit.co.za

óf op die NWK Online-toepassing.

Vul die verpligte velde (gemerk met rooi sterretjies) volledig in.

Lees en aanvaar die terme en voorwaardes en kies die “dien in”-skakel onderaan die bladsy.

As dit volledig ingevul is, sal ‘n groen strepie verskyn met die boodskap: “U aansoek is suksesvol ingedien”.

Sodra die aansoek verwerk is, sal u per sms deur NWK Finansiering daarvan in kennis gestel word.

Al u rekeninge by NWK sal dan aan die Lojaliteitsprogram gekoppel wees, sodat punte op alle handel-

en graanleweringstransaksies verdien kan word.