Background Image
Previous Page  63 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 84 Next Page
Page Background

61

November 2017

OP PLAASVLAK

Diere

Die grootpens in Foto 2a tot Foto 2c en

Foto 3

(bladsy 58), sal

aansienlik meer effektief wees as die ander illustrasies en meer

nutriënte vanuit die voedsel wat gevreet word, absorbeer.

Ekonomie van kruipvoer

Wanneer kosteberamings gedoen word en dit handel oor kruipvoer,

kan jy jou nie net teen die rantsoenkoste blind staar nie. Jong

diere het die vermoë om kruipvoer soveel beter te benut. In

Tabel 1

kan gesien word hoeveel kilogram voer lammers oor hul

leeftyd moet vreet om in 1 kg massa toe te neem.

Let op hoe die effektiwiteit van voeromset by lammers beduidend

laer word soos hulle ouer word. Ouer lammers moet daarom meer

voer vreet om 1 kg gewig aan te sit – wat beteken ‘n mens moet

poog om hulle so vroeg as moontlik op gewig te kry. In die proses

gaan jy minder kos benodig om die gewenste gewig aan te sit.

Met die gebruik van kruipvoer kan diere vroeër gespeen word en

kan hulle vroeër bemark of self afgerond word. Dit skep ruimte om

die teelkudde uit te brei. Ook kan vervangingskoeie/-ooie vroeër

gepaar word en daarom vroeër ‘n ekonomiese bydrae tot die

kudde lewer.

Dit ondersteun ook eerstekalfkoeie en eerstelam-ooitjies om

vinniger van laktasie te herstel en verminder die kans dat hulle ‘n

kalf- of lamseisoen oorslaan. Hierdie veranderinge veroorsaak

dat die boerdery meer koste-effektief kan funksioneer, wat

geleentheid skep om jou kudde vertikaal uit te brei.

Kruipvoer is nie so ‘n gewilde praktyk by vleisbeeste nie. Die

rede hiervoor is dat kalwers die vermoë besit om kompenserende

groei later in hul lewe, soos in die voerkraal, te ondergaan. Tog

is ‘n opbrengs op belegging van 4:1 by vleisbeeskalwers wat

kruipvoer ontvang het, al bewys. Hierdie kalwers het kruipvoer van

die ouderdom van twee en 'n half maande tot en met speen ontvang.

Al is kruipvoer nie ‘n algemene praktyk by vleisbeeskalwers nie, is

kalwers wat wel kruipvoer ontvang het, se grootpens reeds aan-

gepas vir kragvoer, wat grootpenssteurnisse soos byvoorbeeld

suurpens beperk wanneer hierdie kalwers voerkraal toe gaan.

Van kruipvoer na ander rantsoene

Wanneer lammers/kalwers gespeen word, is dit raadsaam om vir

nog twee weke met die kruipvoer voort te gaan. Die speenproses

is uiters stresvol vir lammers/kalwers en konsekwentheid met voer

ondersteun hulle om die skok makliker te oorbrug in ‘n warboel van

veranderinge.

Dit is egter belangrik om die lammers se kruipvoer na die twee

weke te staak. Vermy die versoeking om lammers af te rond

op kruipvoer – nie net omdat dit duur is nie, maar ook omdat

kruipvoer oor die algemeen min ammoniumsoute bevat – wat tot

blaasstene in hamel- en ramlammers aanleiding kan gee.

Kruipvoere is spesialisvoere, wat saamgestel is vir betreklike

jong diere wat nie

ad lib

daaraan vreet nie, weens die feit dat hulle

nog soog.

Nadat diere gespeen is, moet met gepaste byvoeding volgens

die dier se einddoel opgevolg word. Diere wat uitgeskot word, kan

vet gemaak word met ‘n voerkraalrantsoen. Stoetooie en -ramme

kan ‘n energielek of konsentraat op die veld ontvang om die verdere

uitgroei van die diere te ondersteun.

Daar is tans in die handel verskillende vorme van kruipvoer beskik-

baar: Korrels, mele en spesialis-lekblokke. Ook is daar konsentrate

beskikbaar wat produsente in staat stel om hul eie kruipvoer te

meng. Kontak jou veekundige vir gebalanseerde formulasies.

Struikelblokke en oplossings

Die grootste uitdaging van kruipvoeding is dat die lammers

daaraan moet begin vreet. Hier volg ‘n paar wenke om inname te

bevorder:

Lammers hou nie van stowwerige voere nie. Een opsie is om

die mengel te verpil – só sal vermorsing ook beperk word. ‘n

Ander manier is om melassemeel of stroop by rantsoene in te

sluit, of alternatiewelik olie by te voeg.

Reuk en smaak is uiters belangrik, want die lammers/kal-

wers moet in die hok ingelok word. Lusern werk uitstekend,

aangesien dit uiters aanloklik vir herkouers is. Voer elke dag

“vars” kruipvoer en vermy enige gemufte en galsterige voer.

Daar word bereken dat ‘n lam oor ‘n periode van 86 dae on-

geveer 300 g tot 350 g kruipvoer per dag vreet.

Plaas kruiphokke al in die kamp voor die lamseisoen begin.

Lammers se verwysingsraamwerk is baie klein – wat

veroorsaak dat hulle groot skrik as daar skielik kruiphokke in die

kamp geplaas word. Daar is bestuurspraktyke wat ook gevolg

kan word om lammers/kalwers te leer vreet.

Toeganklikheid is sleutel tot inname. Jong diere moet toegang

tot krippe hê en daar moet daarom seker gemaak word dat die

afmetings van kruiphokke korrek is. Dan moet voer- en waterkrippe

op so ‘n hoogte wees dat tot die kleinste lam/kalf in die trop daaruit

kan vreet en drink.

Kruipvoer is ‘n spesialisproduk en kan nie deur ander rantsoene

vervang word nie. Dit is die moeite werd om in die infrastruktuur

van die korrekte kruiphok en -krippe en ‘n hoë gehalte kruipvoer te

belê om só te verseker jou kalwers en lammers se genetiese

potensiaal optimaal ontsluit word.

Hoekom kruipvoeding vir jong herkouerdiere?

OUDERDOM (DAE)

MASSA (KG)

VOEROMSET (KG VOER/KG MASSATOENAME)

0 - 42

4,5 - 15

1,0:1

42 - 60

15 - 20

3,0:1

60 - 80

20 - 25

3,5:1

80 - 100

25 - 30

4,0:1

100 - 120

30 - 35

4,5:1

120 - 140

35 - 40

5,0:1

140 - 160

40 - 45

5,5:1

TABEL 1: INVLOED VAN OUDERDOM OP DIE VOEROMSETDOELTREFFENDHEID VAN LAMMERS.