Background Image
Previous Page  65 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 84 Next Page
Page Background

Vir Kwaliteit Saad en beste Diens

Met Link Seed se Toppresteerders, verbou die boer

sukses. Noukeurige toewyding in die teelproses

verseker ons toegewydheid aan kwaliteit, opbrengs

en stabiliteit in elke kultivar.

Beplan nou en bestel onmiddellik om teleurstelling

te voorkom. Kwaliteit en diens, jou tevredenheid.

/LQN 6HHG YLU 6XNVHV

Hoofkantoor:

+27 (0)33 -417-1494 / 6

E-pos:

linkseed@linkseed.co.za www.linkseed.co.za

Lambert Blom

(Mpumalanga / Limpopo):

082-786-6875

Louis Pearson

(Noordwes / Wes-Vrystaat):

079-079-5857

Albert Kriek

(KwaZulu-Natal / Oos-Vrystaat /

Oos-Kaap):

082-824-5442

Só ‘n rotasie behoort vir ten minste vier jaar of langer toegepas

te word, aangesien grondgedraagde swamme tot sewe jaar in die

grond en op plantreste kan oorleef.

Nutriënte

Plante wat voldoende voeding ontvang, is sterker en kan beter

teen grondgedraagde swamme weerstand bied. Daar word in die

literatuur genoem dat fosfaatbemesting gasheerweerstand positief

kan beïnvloed.

Fosforsuur kan byvoorbeeld toegedien word om

Pythium

en

Phytophtora

spp. te beheer en gips kan die voorkoms van

Macrophomina phaseolina

(houtskoolvrot) in grondbone verminder.

‘n Kalktoediening kan byvoorbeeld die grond pH meer alkalies

maak en derhalwe sekere swamme soos

Plasmodiophora brassicae

(veroorsaak vrot in kool) onderdruk.

‘n Sulfaattoediening wat die grond se pH verlaag, sal byvoorbeeld

effektief wees om die bakterieë (

Streptomyces scabies

) wat

aartappelskurf veroorsaak, te verminder.

Grondsolarisasie

Deur deurskynende poliëtileen in die somer op klam grond te

plaas, kan die temperatuur van die boonste 5 cm tot ongeveer 52°C

verhoog word (solarisasie). Die solarisasieproses kan swamme,

bakterieë en selfs nematode in die grond se bolaag vernietig en só

die inokulum verminder.

Biologiese beheer

Natuurlike biologiese antagoniste kan swamme gedeeltelik of heel-

temal vernietig. ‘n Voorbeeld hiervan is waar ‘n swam genaamd

Trichoderma

gebruik word om

Rhizoctonia solani

(veroorsaak

wortelvrot en verwelksiekte) te beheer.

Daar is dan ook verskeie produkte wat

Trichoderma

bevat, beskik-

baar (vloeistofvorm asook saadbehandeling).

Chemiese beheer

Sekere swamdoders kan voor- en na-plant in die grond in poeier-,

vloeistof- of korrelvorm toegedien word. Die chemikalieë in die

swamdoders word gebruik om ‘n toksiese versperring tussen die

gasheerplant en die swam te vorm.

Saadbehandelings speel ‘n kritiese rol in die ontkieming van saailinge

deurdat dit beskerming bied teen grondgedraagde swamme en

daarom die algehele groeikrag en ontwikkeling van saailinge

verbeter.

Genetika

Die gebruik van weerstandbiedende kultivars is die mees effektiewe

en ekonomiese opsie. Genetiese gemodifiseerde plante/sade is

ook beskikbaar.

Gevolgtrekking

Om die sukses en ekonomiese haalbaarheid van beheermaatreëls

vir grondgedraagde swamme te verseker, is kennis rakende die

gasheer, swamspesiekompleks en omgewingstoestande essensieel.

Beter beheer kan verkry word deur geïntegreerde beheermaatreëls

toe te pas.

Navrae kan gerig word aan dr Belinda Janse van

Rensburg by 018 299 6357.