Background Image
Previous Page  52 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 52 / 84 Next Page
Page Background

November 2017

50

OP PLAASVLAK

moontlik minder goeie seisoen

D

ie afgelope seisoen was ‘n re-

kordjaar vir graanprodusente, maar

vo rspellings dui op die moont-

likheid vir minder gunstige kli-

maatstoestande in die komende seisoen.

Wat behoort die benadering dán te wees?

Afgelope seisoen

Die Nasionale Oesskattingskomitee is van

mening dat die afgelope seisoen ‘n rekord-

oes van meer as 16 miljoen ton mielies gaan

oplewer. Die styging is ongeveer 2,1 t/ha

(52% verhoging) teenoor die vorige seisoen,

wat beteken dat daar meer voedingstowwe

per hektaar verwyder is.

Indien hierdie toename in kunsmis omgesit

word, beteken dit dat daar in die afgelope

seisoen ongeveer 370 000 ton meer kuns-

mis net deur mielies alleen uit die grond

verwyder is.

In die geval van Mpumalanga was die

ooreenstemmende opbrengsverhoging on-

geveer 42%, wat ongeveer 43 000 ton

meer kunsmis uit die grond verwyder het.

Die implikasie hiervan is dat die ekstra

verwydering van voedingstowwe deur

die goeie oes nie uit die oog verloor moet

word nie.

Dit is daarom krities dat die voedsel-

produsente hul moet vergewis van hoe-

veel voeding vir die komende seisoen in

die grond beskikbaar is. “Besparing” op

bemesting behoort die komende seisoen

met groot omsigtigheid hanteer te word.

Komende seisoen

Die voorspelling vir ‘n moontlike El Niño-

verskynsel het vanaf Mei heelwat verander.

Volgens die Mei-voorspelling was die

voorkoms van ‘n El Niño-verskynsel by ver-

re die hoogste gewees, gevolg deur die

voorkoms van ‘n neutrale verskynsel en ‘n

baie klein kans op ‘n La Niña-verskynsel.

Die huidige voorspelling dui daarop dat

die kans op ‘n La Niña-verskynsel nog

steeds klein is, maar dat die waarskynlikheid

vir ‘n neutrale-verskynsel drasties verhoog

het en nou heelwat hoër is as ‘n El Niño-

verskynsel.

Dit is natuurlik goeie nuus deurdat daar

moontlik ‘n effens beter seisoen voorlê as

wat aanvanklik verwag is.

Doeltreffender benadering

By Kynoch verhoog ons die doeltreffendheid

deur:

Die gewas meer doeltreffend te maak;

produkte meer doeltreffend te maak; en

die aanwending van presisieboerdery-

inligting meer doeltreffend en meer

bekostigbaar te maak.

Gewasse

Bemestingsvoorstelle word gewas-, groei-

stadium- en plekspesifiek gemaak. ‘n

Gewasspesifieke bemestingsvoorstel bete-

ken dat elke spesifieke gewas verskil-

lend bemes word, maar dat daar ook

gewasspesifieke produkte soos die beken-

de Oemff®-blaarvoedingsreeks vir byvoor-

beeld mielies, koring, sojabone, lusern en

groente ontwikkel is.

Groeistadiumspesifieke bemestingsvoor-

stelle beteken dat die 17 noodsaaklike

voedingstowwe volgens die gewas se be-

hoefte vir elke groeistadium gegee word.

Dit word gedoen omrede sekere voeding-

stowwe gedurende ‘n spesifieke groei-

stadium meer belangrik as ander is.

Plekspesifieke bemestingsvoorstelle bring

die grond en klimaat in berekening. Geen

bemestingsvoorstel kan sonder ten minste

‘n chemiese grondontleding gedoen

word nie. ‘n Chemiese grondontleding

saam met ‘n beplanningsopbrengs en ‘n

wetenskaplik-gefundeerde bemestingsrig-

lyn is ‘n voorvereiste vir ‘n ekonomiese

bemestingsvoorstel.

Binne die Kynoch aanbod is produkte wat

spesifiek gemik is op die verbetering van

die doeltreffendheid van gewasse. Die

plant (gewas) kan as ‘n fabriek gesien word

waar die blaaroppervlakte ‘n kritiese rol

speel.

Die geheim van gewasverbouing lê daarin

om die fabriek so vinnig as moontlik te

bou en dit dan so lank as moontlik aan die

gang te hou. Terselfdertyd moet die fabriek

so vinnig as moontlik (hoë revolusies)

produseer om die potensiële opbrengs

– en gevolglik inkomste – uit die gewas te

verhoog.

Produkte

By Kynoch word daar ook daarop ge-

konsentreer om die doeltreffendheid van

die kunsmisprodukte te verhoog. Een

van die produkte is KynoPlus®, ‘n stik-

stofkunsmis met ‘n hoër effektiwiteit as

van die ander produkte. KynoPlus kan

voor-plant (breedwerpig uitgestrooi, diep

geplaas of liggies ingewerk), met planttyd

(in die plantermengsel) en na-plant as

topbemesting (bo-op die grond uitgestrooi

f ingewerk) gebruik word.

Spesialisprodukte soos KynoPop

TM

, Oemff-

blaarvoedingsreeks is ook beskikbaar. Ky-

noPop is ‘n produk wat in die behoeftes van

die jong saailing voldoen en naby die saad

met planttyd toegedien word om ‘n sterk

en gesonde saailing te vestig, wat beter

weerstand teen strestoestande soos koue

versuiptoestande, onkruiddoderskade en

siektes kan bied.

Die Oemff-blaarvoedingsreeks is gewas-

spesifiek en daarop gemik om die fisiologie

van die gewas te bestuur om sodoende

byvoorbeeld die fotosintesetempo van die

gewas te bevorder en om ‘n bydrae met

stresbestuur te lewer.

Nuwe presisiebenadering

Presisieboerdery het in sekere gevalle ‘n

negatiewe konnotasie begin kry bloot oor

die feit dat dit dikwels slegs in ‘n boek met

kaarte wat in die kas stof opgaar, geëindig

het. Indien presisieboerdery nie tot ‘n aksie

op die plaas gelei het nie, is dit ‘n mislukking

en was dit geldmors.

Wat behoort te gebeur, is dat die data wat

ingesamel is en tot inligting verwerk is,

tot finansiële voordeel van die boerdery

aangewend moet word. Tot nou toe het die

sinvolle gebruik van presisie-inligting die

voedselprodusent in ‘n groot aantal gevalle

ontwyk.

Kynoch het in samewerking met interna-

sionale rolspelers verskillende tegnologieë

sinvol gekombineer om die interpretering

en gebruik van die inligting te vergemaklik.

Hierdie nuwe benadering behels dít wat

werklik ‘n verskil op die plaas kan maak en

is onder sekere voorwaardes gratis aan

Kynoch kliënte beskikbaar.

Opsommend

Opsommend kan gesê word dat, gegewe

die goeie opbrengste van die vorige seisoen

en die voorspellings vir die komende

seisoen, bemesting se doeltreffendheid

verhoog moet word. Kynoch beskik oor

die regte benadering, produkte, tegnologie

en dienste om dit ‘n werklikheid te maak.

Die leuse is nie verniet, verhoogde doel-

treffendheid deur innovasie, nie.

Bemesting

Produk-inligting

DR JOHAN VAN BILJON,

opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch Kunsmis