Background Image
Previous Page  66 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 92 Next Page
Page Background

November 2015

64

Is jou brood steeds sy sout werd

met minder sout?

M

et minder as ‘n jaar oor voordat wetgewing die verlangde

verlaging van soutinhoud in brood implementeer, het

ons gaan ondersoek instel om te bepaal wat die invloed

van die verlaagde soutinhoud op ‘n basiese broodresep

se brood gaan wees.

Die basiese bestanddele is meel, water, suiker, vet, gis en sout.

Watter rol speel sout in brood?

Sout dien as ‘n preserveermiddel.

Sout dra by tot die geur/smaak van brood.

Sout speel ook ‘n rol in die verbruiningsproses van brood.

Sout speel ‘n baie belangrike rol in die ontwikkeling van die

gluten-netwerk – dit versterk en kompakteer die deeg.

Hoekom moet “minder sout” nie nadelig

wees vir die bakbedryf nie?

Broodvolumes moenie geaffekteer word nie, want laer

broodvolumes beteken minder wins vir bakkers.

Tekstuur moet steeds “fyn” wees en aanvaarbaar vir verbruikers.

Mengtye moenie te veel beïnvloed word nie – dit is reeds

gerapporteer dat “ongesoute” deeg korter meng en “taai” voel,

wat onaanvaarbaar vir die bakbedryf is.

Rakleeftyd moenie aansienlik verkort in die geval van “minder

sout” nie.

Vir hierdie toetslopie is verskillende soutvlakke gebruik wat varieer

vanaf 1,5% sout (die huidige soutvlak), 1% sout (die vlak verlang

einde Junie 2016), 0,95% sout (die vlak verlang einde Junie 2019) en

geen sout.

Afgesien van die broodjie wat geen sout bevat het nie (links op

Foto 1

tot

Foto 4

), is dit duidelik dat minder sout, tot op die laag-

ste soutvlakvereiste in 2019, geen invloed op die volumes, teks-

tuur, kleur en rakleeftyd van die broodjies gehad het nie. Hierdie

resultate is van toepassing op ‘n basiese broodresep.

‘n Proe-paneel kon onderskei tussen die verskeie soutvlakke, maar

het aangedui dat die verlaging in sout aanvaarbaar

is en meen dat hul dit nie sal agterkom as dit oor ‘n

tydperk geïmplementeer word nie.

CHRISSIE MILES,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

1: Broodvolumes (van links na regs): Onderskeidelik 0%, 1,5%, 1% en 0,95% sout bygevoeg.

2: Tekstuur (van links na regs): Onderskeidelik 0%, 1,5%, 1% en 0,95% sout bygevoeg.

3: Kleur (van links na regs): Onderskeidelik 0%, 1,5%, 1% en 0,95% sout bygevoeg.

4: Rakleeftyd (van links na regs): Onderskeidelik 0%, 1,5%, 1% en 0,95% sout bygevoeg.

1

3

2

4

OP PLAASVLAK

Soutinhoud / Bakbedryf / Wetgewing

Wetgewing