Background Image
Previous Page  62 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 62 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

Wes-Kaapse graangebiede:

Bewerking, wisselbou en behoud van plantreste

– hoe beïnvloed dit grondorganiese koolstof?

B

ewaringslandbou het gedurende die afgelope twee dekades

geweldig veld in die Wes-Kaap gewen en daar word aller-

lei planne beraam om meer volhoubaar en in harmonie met

die natuur te boer. Bewaringslandbou bestaan hoofsaaklik

uit drie beginsels: Minimum grondversteuring, wisselbou met nie-

verwante gewasse en die maksimum behoud van plantreste tus-

sen seisoene.

Soms word dekgewasse bygevoeg, hoofsaaklik om ekstra biomassa

en bedekking asook lewende wortels vir langer periodes te verseker.

Minimum grondversteuring word toegelaat om te verseker dat die

saad wat gesaai word, diep genoeg geplaas kan word om goeie

kontak met die grond te verseker en vinnige aanvanklike wortel-

groei te ondersteun.

Die sukses van wisselbou word bepaal deur keuse en eienskappe

van opeenvolgende gewasse. Waar moontlik moet hoë kool-

stofgewasse (veral grastipe gewasse, soos koring en hawer) af-

gewissel word met peulgewasse (medics, lusern en lupiene) en

breëblaargewasse soos kanola. Maksimum behoud van plant-

reste verseker dat vars organiese materiaal jaarliks tot die sisteem

toegevoeg word.

Plantreste se kwaliteit met verloop van tyd is baie belangrik. Deur

die afwisseling van grastipe gewasse met peulgewasse word

verseker dat die koolstof-tot-stikstof-verhouding binne die voor-

gestelde norme in die grond verseker word. Dekgewasse wat slegs

as “vanggewas” tussen seisoene gesaai word, kan bydra tot die

akkumulasie van goeie kwaliteit organiese materiaal aangesien

geen plantmateriaal verwyder word nie. Dekgewasse kan meng-

sels van gras/peulgewasse, breëblare en wortelgewasse in-

sluit. Ligte beweidings is wel toelaatbaar op dekgewasse, maar

die toevoeging van die regte kwaliteit organiese materiaal en/

of stikstof moet die hoofrede vir die saai van dekgewasse wees.

Om egter meer kennis te ontsluit oor die effek van bestuur op

bogenoemde voorvereistes vir bewaringslandbou, het die Wes-

Kaapse Departement van Landbou in 2007 begin met langter-

mynproewe by die Tygerhoek (Riviersonderend) en Langgewens

(Moorreesburg) navorsingsplase om te bepaal watter grondfaktore

‘n rol speel by volhoubare gewasproduksie.

Die kennis wat tot dusver uit die studie verkry is, het reeds baie

waardevolle inligting ontsluit. Uit die bespreking wat volg, is dit baie

duidelik dat die oorskakeling na bewaringslandbou nie binne ‘n sei-

soen of twee die effek van “konvensionele” landbou gaan uitskakel

nie. Dit wys ook dat omgewing ‘n baie belangrike rol speel en wat

by een produsent in die Swartland werk, nie noodwendig die alfa en

omega vir ‘n ander produsent in die Rûens sal wees nie.

Bewaringslandbou se sukses begin by grondorganiese koolstof, ver-

al aktiewe of labiele koolstof en die kwaliteit van die organiese mate-

riaal (bogrondse plantreste en wortels) wat deel van die grondprofiel

uitmaak. Om die effek van bewerking en wisselbou beter te verstaan,

word drie wisselboustelsels bestudeer, naamlik koring monokul-

tuur (WWWW), koring/medic-klawer (WMcWMc) en koring/kanola/

koring/lupiene (WCWL).

Alle moontlike kombinasies (

cropping sequences

) is binne elke sei-

soen deel van die proef, dus sal seisoenseffekte op alle gewasse

gekwantifiseer kan word. Die effek van die mate van grondversteu-

ring word gemonitor deur vier verskillende metodes van grond-

bewerking. Zero-bewerking, waar direk met die skyfplanter geplant

word sonder enige voorafbewerkings (

Foto 1

); geenbewerking, waar

met ‘n tandplanter (mespunt-oopmakers) geplant word (

Foto 2

);

minimumbewerking, waar ‘n vlak tandbewerking (150 mm) in Fe-

bruarie opgevolg word met ‘n tandplanter in Mei; en konvensioneel,

waar vlak tand in Februarie opgevolg word met ploeg in April en ‘n

tandplanter in Mei (

Foto 3

). Sodoende word alle aspekte van geen-

tot maksimum grondversteuring ingesluit. Aangesien bewerking

JOHAN LABUSCHAGNE,

Direktoraat Plantwetenskappe, Wes-Kaapse Departement van Landbou

WISSELBOUSTELSEL

BEWERKING

GROND ORGANIESE C (%)

2012

2013

2014

WMcWMc/McWMcW

Zero-bewerking

1,09

1,06

1,07

Geenbewerking

1,06

1,09

1,06

Minimumbewerking

1,04

1,02

1,05

Konvensionele bewerking

0,89

0,91

0,86

WCWL/CWLW/WLWC/LWCW Zero-bewerking

0,97

0,92

1,01

Geenbewerking

0,98

1,06

1,02

Minimumbewerking

0,88

0,90

0,90

Konvensionele bewerking

0,78

0,74

0,77

TABEL 1: DIE INVLOED VAN BEWERKING EN WISSELBOU OP GRONDORGANIESE C (0 mm - 200 mm) OP LANGGEWENS (2012 - 2014).

W = koring, Mc = medic/klawer, C = kanola, L = lupien

November 2015

60