Background Image
Previous Page  61 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 92 Next Page
Page Background

59

October 2015

te verhoog nie, maar ook om die natuurlike

balans in die grond te herstel.

Dit word onder andere bereik deur ‘n groter

verskeidenheid gewasse op ‘n land te plant,

‘n minimum van 30% grondbedekking te

handhaaf en om die grondoppervlak so min

as moontlik te versteur.

Deur ‘n groter verskeidenheid gewasse

te plant as deel van ‘n wisselbousisteem

of ‘n tussenverbouingsprogram (

inter-

cropping

), word ‘n wyer verskeidenheid

grondmikroörganismes gestimuleer wat

gelyktydig ‘n klomp ander belangrike funk-

sies in die grond kan verrig.

Een van die belangrikste funksies behels

die omskakeling van organiese materiaal

in opneembare elemente wat dien as plant-

voeding. Verskillende grondmikrobiese

spesies besit ook die vermoë om spesi-

fieke chemiese stowwe af te skei wat skade-

like grondlewe nadeling kan beïnvloed,

terwyl ander “voordelige” grondmikroör-

ganismes ander chemiese stowwe afskei

wat wortelgroei kan stimuleer. Plant- en

grondgedraagde siektes verminder omdat

die siekteveroorsakende organismes nie

voldoende geleentheid gegun word om te

vestig nie. Grondstruktuur verbeter omdat

die wye verskeidenheid gewasse se ver-

skillende wortelstelsels groot stukke grond

opbreek soos dit deur die verskillende

gronddieptes groei.

Voedingstowwe word sodoende ook in

die dieper grondlae afgeskei, wat lei tot ‘n

verhoging in grondvrugbaarheid in die die-

per grondlae. Deur ‘n minimum van 30%

grondbedekking te handhaaf, word die

bogrond voortdurend koel gehou en ver-

damping tot ‘n minimum beperk. Onder

hierdie gunstige omstandighede, word die

groei van swamme (hoofsaaklik) en bak-

terieë wat verantwoordelik is vir die af-

breek van organiese materiaal, gestimuleer.

Erdwurms, termiete, miere en ander ton-

nelgrawende organismes word gevolglik

gestimuleer om organiese materiaal vanaf

die grondoppervlak te vervoer na dieper

grondlae waar bakterieë en ander mikroör-

ganismes dit omskakel in voedingstowwe

wat deur plantwortels opgeneem kan word.

Dit is duidelik dat alles in die grond-ekosi-

steem baie fyn geïntegreer is en in harmo-

nie saamwerk om die grondomgewing soos

‘n groot suksesvolle fabriek te laat werk.

Deur grond om te ploeg, is soos om die

uitwerking van ‘n aardbewing wat 20 op

die Richterskaal registreer, in ‘n stad soos

New York te aanskou: Totale vernietiging!

Met die omdraai van die boonste grond-

laag word organismes wat geen sonlig en

min suurstof benodig om hulle funksies

suksesvol te verrig, skielik blootgestel aan

te veel sonlig en suurstof. Organismes wat

weer baie sonlig en suurstof benodig om

hulle funksies te verrig, se wêreld word ook

só omgekeer. Swamme wat verantwoorde-

lik is vir die afbreek van na-oes plant-

reste, word vernietig en die afbreekproses

word vertraag.

Die tonnels wat deur miere en erdwurms

gegrawe is, word vernietig en funksionele

mikrobiese gemeenskappe word totaal

verwoes. Gevolglik gaan dit ‘n geruime tyd

neem voor al die organismes hulleself kan

herorganiseer om die grondprosesse weer

optimaal te laat verloop.

Hoe bepaal ons grondge-

sondheid?

Reeds vir dekades lank word grondfisiese

chemiese analises gebruik as ‘n maatstaf om

grondgesondheid te bepaal. Alhoewel dit nie

verkeerd is nie, maak dit tog sin om eerste na

die meer sensitiewe indikatore te kyk.

Aangesien mikroörganismes uiters sensitief

is vir enige versteuring/verandering in die

grondomgewing, is daar ‘n hele reeks toetse

wat op grondmikrobiese populasies gedoen

kan word om grondgesondheid te bepaal.

Soos met ‘n siek persoon, sal ‘n enkele toets

nie die volle antwoord verskaf nie; daar is

‘n hele lys toetse wat gedoen moet word

voordat ‘n finale diagnose gemaak kan

word. Presies dieselfde geld vir grond. Dit

is onmoontlik om met slegs een grondmi-

krobiese analise te bepaal in watter toestand

‘n grond is. Dit word ten sterkste aanbeveel

dat grondmikrobiese analises minstens

twee keer in ‘n seisoen gedoen word oor ‘n

periode van minstens drie tot vyf jaar. Die

LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbesker-

ming in Pretoria, beskik oor voldoende fasi-

liteite en kennis om hierdie indikators te kan

bepaal as ‘n aanduiding van grondgesond-

heid. Hierdie diens is beskikbaar aan enigie-

mand wat besorg is oor hulle grond.

Ons is aangestel as opsigters oor ons

gronde. Kom ons tree so op, want wanneer

ons gronde eendag in duie stort, neem dit

die hele mensdom saam: Geen grond, geen

produsente, geen landbou, geen mensdom.

Vir meer inligting hieroor,

kontak die outeur by

HabigJ@arc.agric.za .

November 2015

Koring-monokultuur met konvensionele grondbewerking. Let op die afwesigheid van plantma-

teriaal op die grondoppervlak.

Gewasdiversifisering (medic-klawer-mengsel) onder geengrondbewerking; Roteer met koring.

Let op die plantmateriaal.