grootliks die grondfaktore beïnvloed, sal hoofsaaklik op bewerking
gefokus word.
Grondorganiese koolstof
Langgewens
Organiese koolstof (C) is die spil waarom grondgesondheid draai.
‘n Kenmerk van goeie grond is hoë vlakke van organiese C wat ‘n
ekosisteem volhoubaar ondersteun. Die opbou van organiese C is ‘n
baie stadige proses en dit kan onder Wes-Kaapse toestande 15 tot
20 jaar neem om dit met een persentasiepunt te verhoog.
Daar is natuurlik binne enige sisteem ‘n plafon wat bereik kan word.
As gevolg van omgewingstoestande behoort die Rûens hoër kool-
stofvlakke te bereik as die Swartland.
Tabel 1
wys dat die kool-
stofinhoud in die bogrond (0 mm - 200 mm) op Langgewens baie
min in die kort termyn tussen jare varieer. In beide die WMcWMc-
en WCWL-stelsels neig organiese C om laer te wees namate die
mate van grondversteuring toeneem van zero- tot konvensio-
nele bewerking. Daar is dus reeds in jaar ses nadat bewerkings be-
gin is, tekens dat die afbraak van organiese koolstof verhoog met
‘n toename in grondversteuring. Aangesien die medic self her-
vestig, word die koring-medic-stelsel slegs elke alternatiewe jaar
bewerk en neig die organiese koolstofinhoud laer in die WLWC-
stelsel op Langgewens.
Tygerhoek
Die gemiddelde organiese koolstofinhoud van Tygerhoek (1,75%) is
hoër as dié op Langgewens (1,35%). Die negatiewe effek van grond-
versteuring, soos die intensiteit van versteuring toeneem, is ook op
Tygerhoek waarneembaar (
Tabel 2
). Die verskil in organiese kool-
stofvlakke tussen die WMcWMc- en WCWL-stelsels is egter nie so
groot soos op Langgewens nie.
WISSELBOUSTELSEL
BEWERKING
GROND ORGANIESE C (%)
2012
2013
2014
2015
WMcWMc/McWMcW
Zero-bewerking
1,83
1,91
1,67
1,86
Geenbewerking
1,90
1,97
1,74
1,75
Minimumbewerking
1,70
1,84
1,58
1,74
Konvensionele bewerking
1,74
1,84
1,60
1,55
WLWC/LWCW/WCWL/CWLW Zero-bewerking
1,94
2,06
1,86
1,59
Geenbewerking
1,83
1,88
1,65
1,73
Minimumbewerking
1,81
1,79
1,46
1,56
Konvensionele bewerking
1,77
1,77
1,67
1,45
TABEL 2: DIE INVLOED VAN BEWERKING EN WISSELBOU OP GRONDORGANIESE C (0 mm - 200 mm) OP TYGERHOEK (2012 - 2014).
W = koring, Mc = medic/klawer, C = kanola, L = lupien
Dit is dus duidelik dat die opbou van organiese koolstof ‘n tydsame
proses is en dit kan moontlik lyk of daar nie gevorder word nie. Deur
egter te kyk na die boonste 50 mm, gee ‘n mens hoop.
Ons moet besef dat wortels die belangrikste bron van grond orga-
niese materiaal is, maar opbou word ook versnel deur minimimale
grondversteuring en die bewaring van plantreste as grondbedekking
na-oes.
Die studie het gewys dat agt jaar nadat met die studie op Tygerhoek
begin is, die verskil in organiese koolstof tussen die zero- en konven-
sionele bewerkings in die boonste 50 mm 1,16% vir die McWMcW-
stelsel was. Word die boonste 200 mm vir dieselfde jaar vergelyk, is
dit maar 0,31%. Die verskil vir die WCWL-stelsel was 0,73% en 0,14%
onderskeidelik. Op Langgewens was die verskil in organiese koolstof
tussen die zero- en konvensionele bewerkings in die boonste 50 mm
vir die McWMcW- en WCWL-stelsels 0,8% en 1,1% onderskeidelik.
Vergelyk ons die boonste 200 mm op Langgewens, is die verskille
maar 0,21% en 0,24%. Daar is duidelik hoop as grondversteuring
tot ‘n minimum beperk word en oesreste op die grondoppervlakte
gelaat word, soos in hierdie studie die geval is.
Aktiewe koolstof
Daar is egter nog ‘n baie belangrike fraksie van die organiese
materiaal wat vermeld moet word, naamlik aktiewe koolstof. Ak-
tiewe koolstof is die fraksie van die organiese koolstof wat geredelik
beskik-baar is as koolstof en as ‘n energiebron vir mikrobes, erd-
wurms en ander lewende organismes in die grond.
Hoë aktiewe koolstofvlakke is ‘n baie belangrike aanduiding van “ge-
sonde” grond. Navorsing het ook aangetoon dat aktiewe koolstof
goed gekorreleerd is met die organiese materiaalinhoud, aggregaat-
stabiliteit en biologiese aktiwiteit in grond.
1: Grondbedekking na-plant
met ‘n skyfplanter.
2: Grondbedekking na-plant
met ‘n tandplanter.
3: Grondbedekking in
konvensionele behandeling
na-plant met ‘n tandplanter.
1
2
3
61
November 2015