Reducing the bill,
but
not reducing the crop
Motors on irrigation systems often use more electricity than needed because they are mostly
designed to run at maximum capacity, even when it is not necessary. This means that they
run at full speed regardless of the actual output required. This wastes electricity. Installing a
Variable Speed Drive will regulate the speed and torque output of the motor to match actual
demand, thereby reducing motor energy consumption typically by 20 to 50%. This in turn
saves you electricity and money.Why not talk to one of our Energy Advisors today and let
us assist you in devising the most effective energy plan for your farm or agricultural business.
Eskom Holdings SOC Ltd Reg No 2002/015527/30
Call our Eskom Contact Centre and
request a call from an Energy Advisor on
08600 37566
.
For more information go to
www.eskom.co.za/idmMohlaleng_2577_E
FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale
Wes-Kaapse graangebiede:
Bewerking, wisselbou en behoud
van plantreste
(5 251 kg/ha) en 2013 (7 612 kg/ha) en die aktiewe koolstofinhoud die
daaropvolgende seisoene (2012 en 2014). Dit blyk dus dat ‘n groter
hoeveelheid plantreste, hoër aktiewe koolstof in die daaropvol-
gende seisoen tot gevolg gehad het. Die herhaalbaarheid van hierdie
waarneming moet egter nog vasgestel word.
Wisselboustelsels speel ‘n kleiner rol in aktiewe koolstofinhoud en
daar kon geen duidelike neigings tussen stelsels op sowel Langge-
wens as Tygerhoek waargeneem word nie.
Volgens hierdie studie is dit dus duidelik dat die nadelige effek van
oormatige grondversteuring vinniger op Langgewens in die Swart-
land ontwikkel as op Tygerhoek in die Rûens. Die studie wys verder
ook dat die voordelige effek van verminderde grondversteuring oor
jare ontwikkel, dus moet produsente hul regmaak om nie kitsoplos-
sings te verwag met die oorskakeling na bewaringslandbou nie.
Die prosesse wat volhoubaarheid dryf, reageer relatief stadig en
sodoende kan die voordele in oesopbrengs en kwaliteit jare neem
om te ontwikkel. Vir meer inligting kan die outeur by 082 905 3952 of
johanl@elsenburg.comgekontak word.
Langgewens
Vir die gronde van Langgewens en Tygerhoek moet gepoog word
om die aktiewe koolstofvlakke hoër as 600 mg/kg te hou. Volgens
Tabel 3
is dit duidelik dat aktiewe koolstof op Langgewens in die
konvensionele behandeling baie laer as in die ander behandelings
is. Hierdie lae vlakke van aktiewe koolstof is die gevolg van oor-
matige grondversteuring in die konvensionele behandeling.
Die relatief lae aktiewe koolstofinhoud soos gemeet in 2014 kan die
gevolg wees van die lae toevoeging van gewasreste (wortels inge-
sluit) aangesien slegs ‘n gemiddeld van 4 173 kg/ha koringreste op
die persele agtergelaat is na-oes in 2013 teenoor 5 716 kg/ha in 2012.
Grondvog en temperatuur kon moontlik ook bygedra het tot die ver-
laging in aktiewe koolstof, soos waargeneem in 2014.
Tygerhoek
Die nadelige effek van bewerking op die aktiewe C is tans nog nie
so duidelik waarneembaar op Tygerhoek as op Langgewens nie
(
Tabel 4
).
Alhoewel die hoër waardes in 2013 nie verklaar kan word nie,
kan daar wel ‘n verband gevind word tussen koringreste in 2011
BEWERKING
AKTIEWE KOOLSTOF (mg/kg)
2011 2012 2013 2014
Zero-bewerking
619
773
789
587
Geenbewerking
653
756
793
490
Minimumbewerking
666
751
791
489
Konvensionele bewerking 522
582
677
310
Gemiddeld
615
716
763
469
BEWERKING
AKTIEWE KOOLSTOF (mg/kg)
2011 2012 2013 2014
Zero-bewerking
853
743 1 340 827
Geenbewerking
883
730 1 314 833
Minimumbewerking
860
676 1 337 816
Konvensionele bewerking 856
702 1 325 738
Gemiddeld
863
713 1 329 804
TABEL 3: INVLOED VAN BEWERKING OP DIE AKTIEWE C-INHOUD
VAN DIE GROND (0 mm - 150 mm) OP LANGGEWENS (2011 - 2014).
TABEL 4: INVLOED VAN BEWERKING OP DIE AKTIEWE C-INHOUD
VAN DIE GROND (0 mm - 150 mm) OP TYGERHOEK (2011 - 2014).