Background Image
Previous Page  71 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 71 / 92 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Grafiek 2: 2014 SADC-koring-invoere.

Bron: International Trade Centre (2015)

Grafiek 3: 2014 se persentasie invoere van jaarlikse koringverbruik per land.

Bron: USDA en International Trade Centre (2015)

Grafiek 4: 2014 SADC-sorghumhandelstruktuur.

Bron: International Trade Centre (2015)

69

November 2015

Die tendens geld ook vir die Suid-Afrikaanse

binnelandse koringmark. Suid-Afrika se ko-

ring-invoere as ‘n persentasie van verbruik,

is in 2014 op 53% geraam. Zambië se ko-

ring-invoere as ‘n persentasie van jaarlikse

verbruik, was 43% in 2014.

As gevolg van datagapings stel Grafiek 3

data vir slegs elf van die 15 lidlande voor.

SADC-sorghumhandel-

struktuur

Die SADC-streek was in 2014 ‘n netto in-

voerder van sorghum (HS: Kode 1007),

met totale invoere van 47 959 ton en totale

uitvoere van 30 583 ton. Daar was ook data-

beperkings ten opsigte van die streeksver-

bruiksvlakke van sorghum.

Grafiek 4

stel die

2014-handelsdata vir 13 van die 15 SADC-

lidlande voor.

Suid-Afrika was die voorste invoerder

(20 445 ton) en uitvoerder (26 330 ton) van

sorghum in die streek, met 61% van die

streek se sorghumhandel. Botswana is die

tweede grootste sorghum-invoerder in die

SADC, met 38% van die streek se invoere.

Botswana het die grootste tekort en hulle

voer 17 842 ton meer in as hulle sorghumuit-

voere van 283 ton.

Die derde grootste sorghuminvoerder

is Zimbabwe, met invoervolumes van

6 011 ton. Swaziland is die vierde groot-

ste invoerder, met ‘n invoervolume van

2 255 ton. Die vyfde grootste invoerder is

die DRK, met ‘n netto handel van 1 378 ton.

Slotopmerkings

Die voorafgaande is ‘n kort oorsig van die

SADC se mielie-, koring- en sorghumhan-

delsprofiel. Die streek was in 2014 ‘n netto

uitvoerder van mielies, maar ‘n netto in-

voerder van koring en sorghum. Suid-Afrika

is die grootste verskaffer van mielies aan

‘n aantal streeksmarkte, veral dié in die

Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU).

Koring word meestal deur Noord-Ameri-

kaanse (VSA en Kanada), Europese (Duits-

land en Letland) en Swartsee-lande (Rusland

en die Oekraïne) verskaf. Ongeag die lae

volumes het die SADC-sorghummark ook

handel tussen lidlande sterk oorheers. Suid-

Afrika is ‘n belangrike verskaffer van sor-

ghum aan die voorste invoermarkte, soos

Botswana, Zambië en Swaziland. Australië

en die VSA was egter ook onder die be-

langrike verskaffers aan hierdie markte.

GRAANMARK-OORSIG