Volhoubare model vir
kultivarontwikkeling vorder goed
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
v
olgens saadmaatskappye word ongeveer 80% van soja-
aanplantings en 70% van koringaanplantings jaarliks
met terughousaad aangeplant. Hierdie saadterughou-
dings, wat wel wettig is, veroorsaak ‘n bose kringloop
wat investering in die soja- en koringsaadbedryf (in
feitlik alle oopbestuifde gewasse) beperk en tot ‘n groot
mate verhoed.
Volgens saadmaatskappye neem dit ongeveer twaalf jaar om ‘n
nuwe kultivar mark toe te bring teen groot koste. Die voorafge-
noemde praktyk verhoed egter dat nuwe kultivars en die nuutste
tegnologie na Suid-Afrika toe kom.
Monsanto het byvoorbeeld reeds ‘n geruime tyd ‘n Roundup
Ready 2-geen (die sogenaamde Roundup Ready to Yield) sowel
as Dicamba-verdraagsame sojabone op internasionale markte
beskikbaar. Monsanto wil egter nie hierdie tegnologie vir Suid-
Afrika beskikbaar maak nie, alvorens daar nie sisteme in plek is
om hulle investering te kan terugkry nie (met die huidige koers van
saadterughouding is dit tans nie moontlik nie).
Daar is ‘n wedersydse oplossing nodig om saadmaatskappye,
plaaslik en internasionaal, aan te spoor om meer te investeer in
die ontwikkeling van nuwe kultivars. ‘n Model is nodig, sonder om
saadkoste onbekostigbaar duur te maak.
Tussen Graan SA, die saadbedryf (SANSOR), Agbiz Grain, die
Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die onderskeie
forums, is ‘n komitee in die lewe geroep om na verskillende model-
le te kyk wat voorstel hoe saadmaatskappye vergoed kan word vir
die negatiewe impak van terughousaad.
In die soeke na só ‘n stelsel, is gekyk na sisteme en modelle wat in
ander lande gebruik word om kultivarontwikkeling mee te finansier.
Moet dit vrywillig of statutêr wees? Wetlik afdwingbaar?
In dié ondersoek is gesien dat daar tans sisteme in plek is waar
navorsingsheffings suksesvol ingesamel word. Só ‘n voorbeeld
is die huidige statutêre navorsingsheffing vir wintergrane wat
deur die Wintergraantrust geadministreer word. Hiervoor word ‘n
statutêre aansoek ingedien in terme van die Wet op die Bemarking
van Landbouprodukte, wat deur die Nasionale Landboubemarkings-
raad (NLBR) geadministreer word.
Daar is besluit om dieselfde voertuig vir ‘n “Eindpunt Tantieme
Sisteem” in Suid-Afrika te gebruik. ‘n Bedryfskomitee bestaande
uit bedryfsrolspelers is bymekaar geroep om hierdie proses aan
die gang te kry en daar word goeie vordering gemaak.
Die “voertuig” wat gebruik gaan word om tantieme te administreer:
Die komitee is tans besig om ‘n nie-winsgewende maatskappy
vir hierdie doel te vestig.
Die maatskappy bestaan uit direkteure wat direk geaffekteerde
groepe en rolspelers verteenwoordig.
Die waarde van die tantieme
Voorwaardes van produsentekant af:
Tantieme moet ‘n persentasie van die koringprys wees; en
Tantieme kan net een keer gehef word – net by die eindpunt,
wanneer graan gelewer en verkoop word.
‘n Voorstel van ‘n tantiem wat tans vir koring ondersteun word,
is 0,5% van die koringprys indien plaaslike en ingevoerde koring
gehef word, of 1% indien net plaaslik geproduseerde koring
gehef word.
Die gedeelte wat tans deur die Wintergraantrust betaal word vir
teling (uitgesluit voorteling), sal wegval.
Omdat hierdie berekeninge vir sojabone meer kompleks is
omrede daar ‘n genetiese ontwikkelingskoste en tegnologie-
koste ter sprake is, word daar nog aan waardes hiervoor gewerk.
Markaandeel
Die stelsel het ten doel om seker te maak dat die sisteem die
maatskappye vergoed wat die beste en mees gebruikte kultivars
in die mark het. Dit sal bestaande maatskappye aanspoor om
nuwe, beter kultivars na die mark toe te bring en ook nuwe
toetreders lok.
Die markaandeel gaan op grond van saadverkope, verklarings
van lewerings deur produsente en onafhanklike opnames be-
reken word.
Soos die sisteem ontwikkel, kan DNS-toetse ook gebruik word
om die markaandeelberekeninge te verifieer.
Waar staan ons nou?
Die komitee is ver gevorder met “reëls en regulasies” van die
nie-winsgewende maatskappy en stigting.
Hulle is tans besig om alle rolspelers in die bedryf se inkoop en
ondersteuning te verkry.
Sodra die maatskappy geregistreer is, kan daar met ‘n aansoek
vir ‘n statutêre maatreël by die NLBR begin word.
Die voordeel is dat hierdie stelsel gebruik kan word om kul-
tivarontwikkeling in bykans alle oopbestuifde gewasse te befonds
(gars en hawer ook). In ‘n onlangse besoek aan Australië, waar só
‘n stelsel al sedert 1996 in werking is, is gesien dat ons op die regte
pad is.
OP PLAASVLAK
November 2015
70