Background Image
Previous Page  69 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 69 / 92 Next Page
Page Background

SADC-graanhandel – wat sê die data?

d

ie Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)

bestaan uit 15 lidlande, wat Angola, Botswana, die

Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Lesotho,

Madagaskar, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië,

die Seychelle, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië

en Zimbabwe insluit.

In 2014 was die streek se totale kommersiële verbruik van mielies,

koring en sorghum 39 miljoen ton (FAO, 2015), teenoor ‘n streeks-

produksie van 34 miljoen ton (FAO, 2015). (Koringverbruiksdata vir

Botswana, die Seychelle en Swaziland ontbreek. Vir sorghum is data

slegs vir Botswana, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe beskikbaar.)

Oor die algemeen is die SADC-streek ‘n netto invoerder van

bogenoemde graansoorte en die streek voer $868 miljoen meer

in as wat dit na die wêreld uitvoer (ITC, 2015). Koring- en sor-

ghum-invoere het onderskeidelik ‘n tekort van $1,2 miljard en

$4,6 miljoen, wat egter gebalanseer word deur ‘n positiewe

handelsbalans vir mielies, wat vir $376 miljoen verantwoordelik

was. In hierdie artikel kyk ons kortliks na die streek se handelstruk-

tuur vir hierdie kommoditeite.

SADC-mieliehandelstruktuur

Mielies word oral in die SADC-streek verbruik, met Suid-Afrika wat

die grootste produsent sowel as verbruiker van mielies in die sub-

streek is. Suid-Afrika produseer 42% en verbruik 37% van die streek

se mielies. Ons was ook die voorste verskaffer van mielies aan streeks-

markte en het 75% van die streek se invoer-

vereistes van 1,2 miljoen ton uitgevoer.

Die voorste invoerders was Zimbabwe,

wat vir 23% van die totale streeksinvoere

verantwoordelik was, Botswana (16%),

Namibië (12%), Mosambiek (12%), Swazi-

land (7%), Lesotho (7%), Suid-Afrika (7%),

Mauritius (6%), Angola (3%), DRK (2%),

Malawi (2%), Madagaskar (1%), Tanzanië

(0,2%), die Seychelle (0,2%) en Zambië

(0,03%).

Grafiek 1

illustreer die persentasie

invoere van die jaarlikse verbruik van mie-

lies per land.

Die land in die streek wat die meeste van

invoere afhanklik is, is Botswana, wat 83%

van sy jaarlikse mielieverbruiksvereiste van

240 000 ton ingevoer het. Die voorste ver-

skaffers aan die Botswana-mark was Suid-

Afrika en Zambië. Die land in die streek

wat die tweede meeste van invoere afhank-

lik is, is Namibië, wat 63% van sy jaarlikse

mielieverbruiksvereiste van 200 000 ton in-

gevoer het.

Die grootste verskaffers aan Namibië was Suid-Afrika, Zambië

en Indië. Lesotho was die derde grootste invoerland, met jaar-

likse mielie-invoere wat 53% van sy jaarlikse mielieverbruik van

186 000 ton uitgemaak het. Die voorste verskaffer was weer eens

Suid-Afrika. Swaziland het 43% van sy jaarlikse mielieverbruik van

175 000 ton ingevoer. Zimbabwe het 29% van sy jaarlikse mielie-

verbruik van 1,7 miljoen ton ingevoer. Die res van die SADC-lande

se mielie-invoeraandeel was almal minder as 5% van hulle jaarlikse

mielieverbruik.

SADC-koringhandelstruktuur

Die SADC-lidlande het in 2014, 9,8 miljoen ton koring vanaf die

wêreldmarkte ingevoer (sien

Grafiek 2

). Die voorste invoerders

van koring in die streek was Mosambiek, met ‘n invoeraandeel van

60% van die streek se totale koring-invoere. Hulle voorste verskaf-

fers was Rusland, die Oekraïne, Australië, Kanada en Duitsland.

Suid-Afrika was die tweede grootste koring-invoerder in die streek,

met 19% van die totale SADC-koring-invoere. Die voorste verskaf-

fers was Rusland, Duitsland, die Oekraïne, Kanada, Letland en Aus-

tralië. Die derde grootste koring-invoerland in die SADC-streek was

Tanzanië, met ‘n invoeraandeel van 9%. Tanzanië se voorste koring-

verskaffers was Rusland, Australië, Kanada, Duitsland en die VSA.

Die SADC-streek is ‘n netto invoerder van koring.

Grafiek 3

toon

dat Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Angola, die DRK, Zimbabwe,

Lesotho en Tanzanië in 2014 elkeen meer as 80% van hulle jaarlikse

koringverbruik ingevoer het.

WANDILE SIHLOBO,

ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en

TINASHE KAPUYA

,

hoof: Handel en Beleggings, Agbiz

GRAANMARK

-oorsig

– 13 Oktober 2015

Grafiek 1: 2014 se persentasie invoere van jaarlikse mielieverbruik per land.

Bron: USDA en Trade Map (2015)

OP PLAASVLAK

67

November 2015