Background Image
Previous Page  60 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 60 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

Die sensitiewe kant van ons

enigste nie-hernubare natuurlike hulpbron

S

uid-Afrika is ryk aan natuurlike

hulpbronne. Lug, water en grond is

wel ons land se mees kosbare hulp-

bronne, maar grond is egter ons

enigste nie-hernubare hulpbron. Dit is nie

verbasend nie, aangesien slegs ongeveer

6 cm - 8 cm vrugbare grond oor ‘n tydperk

van 2 000 jaar natuurlik gevorm word.

Paradigma-verskuiwing

Tradisioneel was dit standaardpraktyk om

grond te sien as iets wat “dood” is – geskape

om mielies, sonneblom en koring regop te

hou. Omdat ons nie van beter geweet het

nie, het ons ons gronde dienooreenkom-

stig hanteer.

Dit is omgeploeg; kunsmis, insekdoders

en onkruiddoders is onoordeelkundig

aangewend om die jaarlikse opbrengs te

vermeerder; landerye is braak gelaat direk

ná oestyd en die beeste is ingejaag om elke

laaste oorblywende stukkie plantmateriaal

op te vreet.

‘n Handjievol produsente het mettertyd be-

gin om met alternatiewe boerderymetodes

te eksperimenteer om hulle opbrengste

op te stoot. Party het meer as een gewas

op hulle landerye geplant; ander het weer

besluit om geld te spaar deur saad te plant

sonder om landerye om te ploeg.

Só het dit gebeur dat hierdie produsente ‘n

styging in hulle opbrengs waargeneem het.

Navorsers het begin om ondersoek in te stel

en geleidelik agtergekom dat grond eintlik

vol lewe is – dit het gelei tot die ontstaan van

grondmikrobiologie. Grondlewe bestaan uit

duisende verskillende insekte, erdwurms,

aalwurms (nematode), swamme, giste, een-

sellige organismes en biljoene bakterieë

– elkeen met sy eie spesifieke en noodsaak-

like rol om te vervul in die grond-ekosisteem.

Grond(mikro)biologie

Navorsers het oor tyd tot die gevolgtrekking

gekom dat daar tussen ‘n 100 miljoen en

1 miljard bakterieë in ‘n enkele teelepel

grond teenwoordig is. Dink bietjie hieroor:

100 000 000 tot 1 000 000 000 bakterieë in ‘n

teelepel grond...En ongeveer 5 000 verskil-

lende tipes bakterieë in 1 g grond.

Net omdat ons hierdie bakterieë nie kan

sien nie, beteken nie dat hulle geen gewig

het nie. As die gewig van al die bakterieë in

‘n 0,4 ha stuk grond bereken sou word, sou

dit maklik gelykstaande wees an die gewig

van een of twee beeste. Behalwe vir die bak-

terieë, kan ‘n teelepel vrugbare woudgrond

meer as 1,6 km se swamdrade (

fungi

hifes

) bevat.

Funksie van grond

Buiten om as ‘n medium te funksioneer

waarin gewasse geplant word, is grond ‘n

uitstekende waterfiltreringsisteem. Soos

water deur die grondlae beweeg, word

baie van die onsuiwerhede deur die grond-

deeltjies teruggehou en beland die skoner

water in ondergrondse waterstrome en

watertafels.

Grond het ook die vermoë om oorstromings-

risiko’s te verminder deur soos ‘n “spons”

op te tree: Dit kan tot 9 000 ton water in

slegs 0,4 ha opneem en stoor. Dit is ver-

stommend, veral as ons in gedagte hou dat,

wanneer 10 ton bogrond eweredig oor ‘n

1 ha oppervlak versprei word, dit slegs

2,35 mm diep is.

Grond bestaan uit 45% minerale, 25% lug,

25% water en 5% organiese materiaal.

Hierdie samestelling verskaf voldoende

voedingstowwe aan die plante en die

lewe in die grond-ekosisteem. Wanneer

iemand egter van termiete, miere, aalwurms,

swamm of bakterieë praat, is ons gewoon-

lik óf nie seker wat die funksie daarvan is

nie, óf dit veroorsaak ‘n spontane behoefte

om chemikalieë te koop wat “dié pes” in die

kiem kan smoor.

Aalwurms, swamme en bakterieë word

gewoonlik met grootskaalse verliese in op-

brengste geassosieer. Die teenwoordigheid

van goeie en slegte grondorganismes in ‘n

baie fyn balans, is egter nodig om probleme

te voorkom.

Sodra hierdie fyn balans versteur word deur

die onoordeelkundige toediening van kuns-

mis, gifstowwe en die gebruik van ander

nadelige landboupraktyke, kan dit lei tot ‘n

drastiese opbloei in plantsiektes en ‘n ver-

laging in opbrengs.

Verandering

Gedurende die laaste paar dekades het pro-

dusente en navorsers besef dat iets dras-

ties gedoen moet word in ‘n poging om ons

gronde te red van ‘n onherstelbare agteruit-

gang. Dit het gelei tot bewaringslandbou:

‘n Omgewingsvriendelike boerderymetode

wat nie net daarop gemik is om opbrengste

JOHAN HABIG,

LNR-Navorsingsinstituut vir Plantbeskerming

November 2015

58

Koring-monokultuur sonder grondbewerking. Let op die plantmateriaal op die grondoppervlak.