Background Image
Previous Page  37 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Spesiale

Natuurlike hulpbronne en energie

Landboumaatskappy investeer in

hernubare energie

PIET VAN ZYL,

bestuurder: Projekte, NWK

E

lektrisiteitsvoorsiening deur die hele

Suid-Afrika is tans onder die ver-

grootglas en beurtkrag en gedurige

oproepe om elektrisiteit spaarsamig

te gebruik, laat geen twyfel dat ons in die

komende jare nog noustrop gaan trek as

gevolg hiervan nie. NWK het reeds by die

meeste van sy bedryfspunte noodkragop-

wekkers teen miljoene rande aangeskaf.

Hernubare energie is egter die toekoms.

Die regering beplan om vanaf 1 Januarie

volgende jaar te begin om koolstofbelasting

te hef. Hierdie belasting sal oor ‘n tydperk

van vyf jaar ingefaseer word. Dit is omdat

Suid-Afrika onderneem het om skade-

like kweekhuisgasse teen 2020 met 34%

te verminder.

Koolstofbelasting word ingestel om ver-

bruikers anders te laat dink en op te tree ten

opsigte van die gebruik van nie-hernubare

bronne van energie, soos aardgas, steen-

kool en olie asook die vrystelling van gasse

wat gepaardgaan met die opwekking van

elektrisiteit deur middel van steenkool en

prosesse wat ongewenste emissies vrystel.

NWK het in die lig van gemelde faktore

reeds in 2014 twee fotovoltaïese, oftewel

sonkragprojekte, afgehandel. Dit behels ‘n

dakinstallasie van 56 kWp (

kilowatt peak

) by

NWK Retail se Lichtenburg-winkel asook ‘n

grondinstallasie van 279 kWp by Opti Chicks

se broeiery.

Die bestuur van die NWK Retail-winkel wou

graag meer elektrisiteit tot hul beskikking

hê. Die meerderheid van die elektrisiteit

word aangewend vir die verkoeling van die

winkel. Sonkrag was die gewenste oplos-

sing omdat die winkel die meeste van sy

elektrisiteit gedurende dagligure benodig.

Opti Chicks se broeiery buite Lichtenburg

benodig weer konstante 24 uur-voorsiening,

sewe dae per week. Die fokus met hierdie

projek was dus om soveel as moontlik van

die broeiery se dagverbruik te bespaar deur

elektrisiteit aan homself te verskaf.

Die pluimveebedryf is onder geweldige

druk en met dié installasie kan Opti Chicks

‘n gedeelte van sy elektrisiteitskoste vir die

volgende 35 tot 40 jaar isoleer. Weens die

ongunstige oriëntasie van die dak, is daar

op ‘n grondinstallasie besluit.

Die term kWp het te doen met die kapasi-

teit van die panele. Indien daar by-

voorbeeld tien panele is van 250 Watt,

word die totale installasie 2 500 Watt en

word dit ‘n 2,5 kWp-installasie genoem.

Die primêre doelwit van die projekte was

om deur eie elektrisiteitsopwekking, die

aanvraag van elektrisiteit vanaf die munisi-

paliteit te verminder. Die deel van die daag-

likse verbruik wat dan self opgewek word,

het ‘n berekende koste. In albei gevalle was

die berekende koste ongeveer 82c per kWh,

wat die kosprys van die selfopgewekte

elektrisiteit “vasmaak” vir die volgende

25 jaar teen 82c per kWh.

Die heersende tariewe vir die gewone

man op straat is nou in die omgewing van

R1,69 per kWh. Beide projekte behoort

hulleself in ongeveer vyf tot ses jaar terug

te betaal.

In September vanjaar is ‘n derde projek by

die maatskappy se hoofkantoor op Lichten-

burg afgehandel. Altesaam 474 panele van

255 Watt elk wat ‘n geïnstalleerde grootte

van 120,870 kWp in totaal bied, is bo-op die

afdakke in die parkeerterrein geïnstalleer.

Hierdie panele help om ‘n besparing van on-

geveer R17 000 oftewel 14% van die perseel

se rekening te realiseer.

In die kort termyn word nog verdere pro-

jekte beplan om alternatiewe energie-

bronne aan te wend en om sleutelkwessies

op te los. Daar word gekyk na die opwek-

king van biogas, wat LP-gas kan vervang

en aangewend kan word om water te ver-

hit of elektrisiteit op te wek. In die toekoms

gaan die opberging van elektrisiteit baie

meer aandag verg ten einde die afhanklik-

heid van die nasionale elektrisiteitsnetwerk

drasties te verminder. Opwindende nuwe

tegnologie raak beskikbaar wat die koste

van die opgaring van elektrisiteit deur

batterye of ander metodes sal verminder.

NWK stuur dus ‘n duidelike sein uit dat hy

in die toekoms selfs ‘n nóg sterker rol gaan

speel in die platteland en innoverend te werk

1: Die installasie op NWK Retail Lichtenburg

se dak.

2: Opti Chicks se grondinstallasie.

3: Die dakinstallasie by NWK Hoofkantoor

wat in September vanjaar voltooi is.

1

2

3

sal gaan om die huidige en toekomstige uit-

dagings aan te pak met ‘n positiewe gesind-

heid. Die maatskappy se klante sal steeds

kan reken op ‘n standvastige en moderne

vennoot in landboubesigheid.

Kontak mnr Ertjies Jacobs (hoofbestuurder:

Strategiese Projekte, NWK) by 018 633 1000

vir verdere navrae.

35

November 2015

Produk-inligting