Background Image
Previous Page  43 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 43 / 92 Next Page
Page Background

As jy ’n moderne landbouer is, is dit ook jou besigheid om geld

te bespaar en die natuur te bewaar… SO IS DIT OOK MET ONS!

Ons

SPILPUNTE

is gelaai met eienskappe wat juis dít doen!

Tel: +27 18 469-1331 • E-pos:

info@senter360.co.za

www.senter360.co.za

Vanaf 1994

Afrika se spil van sukses

www.

infoworks

.biz

• Ons gebruik as standaardtoerusting, die duurder sprinkelpakket op al ons spilpunte. Hierdie sprinkelaars “sny” die water in

presiese druppelgroottes, wat die minimum verlies aan verdamping tot gevolg het. Boonop is die waterverspreiding perfek

eweredig onder elke spuit, wat beter inÀltrasie in die grond verseker, sonder onnodige aÁoop.

• Onafhanklike professionele waterskeduleringskundiges het bewys dat, deur hierdie sprinkelaars te gebruik, jy meer water in

die grond kry as met die meeste ander spilpuntsprinkelpakkette tans beskikbaar. Dit bespaar jou direk geld deur die maksi-

mum van die duur gepompte water, met die minimum verdampingsverliese of aÁoop, suksesvol in die grond te kry.

• Hierdie sprinkelaars funksioneer die beste tussen 0,42 bar en 1 bar druk, wat jou direk geld bespaar!

• SENTER 360 is die ontwerpers van ’n wêreld-eerste patent wat die laaste spuite op jou SENTER 360 spilpunt gedurende die

besproeiingsiklus skoon hou. Die resultaat is dat jy nie meer die buitenste hektare wat ten duurste geplant, besproei en bemes

is verloor (soos so algemeen deur produsente wêreldwyd as normaal aanvaar word) as gevolg van verstopping gedurende

die besproeiingsiklus nie.

• Die uitsonderlike sterk en gebalanseerde pypstruktuur is taaier, uiters windbestand en hou langer, veral deur daardie onver-

wagte verrassings wat die natuur soms op ons pad stuur.

• Die standaard, intelligente, millimeter-verstelbare toedieningsbeheer, verseker dat die regte toediening elke keer akkuraat

neergesit word, sonder om oor of onder te besproei.

• Ook beskikbaar by SENTER 360 is die akkurate multivlak grondvogmetingsapparaat wat jou in staat stel om ingeligte skedule-

ringsbesluite te neem en keer op keer die regte toediening te verseker. Dit is ook onafhanklik bewys, dat met dié toerusting nie

net water bespaar word nie, maar ook kunsmis in die grond minder geloog word, terwyl opbrengste verhoog!

Tegnies

Afrika se spil van sukses

Die belangrikheid van

besproeiingskedulering

N

avorsing het getoon dat met die

korrekte gebruik van multivlak-

vogmeettoerusting, watergebruik

oor die algemeen verlaag en op-

brengste verhoog aangesien oor- en onder-

besproeiing albei negatief op die gewas

inwerk en daar dikwels in die praktyk onwe-

tend op hierdie gebied oortree word.

Besproeiingskedulering stel die produsent

in staat om noukeurig te monitor wat die

gewas se waterbehoefte is en hoe om daar-

volgens te besproei. In die meeste gevalle

kan oorbesproeiing (wat loging van kuns-

mis, vertraagde groei, oppervlakerosie en

afloopwater tot gevolg het) voorkom word,

en dit dra ook by tot water- en elektrisiteits-

vermorsings. Onderbesproeiing kan op sy

beurt vroegtydig opgespoor word alvorens

die gewas verwelkpunt bereik. Gewasse

verkeer onder stres lank voordat dit fisies

op die plant waargeneem kan word, wat

beteken dat opbrengsverlies reeds in wer-

king getree het.

THEUNS DREYER,

besturende direkteur: Senter 360

FOKUS

Spesiale

Natuurlike hulpbronne en energie

Produk-inligting

Wat is besproeiing-

skedulering?

Dit is wanneer daar gebruik gemaak word

van meetinstrumente om die grondvog te

bepaal. Hierdie meetinstrumente verskil van

fabrikaat tot fabrikaat en kan wissel tussen

enkelpuntmetings (gewoonlik met neutron-

vogmeters) wat weekliks geneem word,

kontinue en multivlak-kontinuemetings.

Enkelpuntmetings word geneem op vaste

punte in die land waar buise geïnstalleer is.

Die meetinstrument word dan in die buis

laat sak, waarna ‘n enkele lesing geneem

word op ‘n vasgestelde diepte. Multi-

vlak-kontinuemeting geskied deur middel

van die fisiese installering van die meetin-

strument in die grond self en het die vermoë

om gelyktydige lesings te neem op verskil-

lende genomineerde dieptes, byvoorbeeld

een lesing elke uur.

Die voordeel hiervan is dat grondvog en

plantbeskikbare water deur die hele grond-

profiel gemonitor kan word op ‘n deurlo-

pende grondslag. Waterbeweging deur die

grond kan waargeneem word en daar kan

dus bepaal word of oor- of onderbesproei

word; met ander woorde: Droog die grond

van onder = onderbesproeiing of is die

onderste sensor té nat = oorbesproeiing.

Data kan op ‘n wye reeks maniere vanaf

kontinuemeetinstrumente bekom word,

byvoorbeeld direkte opkoppeling met ‘n

rekenaar vir die aflaai van data na betrokke

sagteware; via radioseine na ‘n sentrale

data-ontvangsentrum op die perseel vir die

aflaai na ‘n rekenaar; of internetgebaseerd,

waar data deur middel van selfoontegnolo-

gie direk na ‘n internetbediener toe gestuur

word en vandaar aanlyn afgelaai word na

‘n sagteware-ontvanger vir die analise-

ring van data. Besproeiingskedulering is ‘n

wetenskap op sy eie en moet verkieslik in

samewerking met ‘n skeduleringskundige

geskied. Senter 360 sal jou met graagte

hiermee bystaan.