Background Image
Previous Page  33 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 92 Next Page
Page Background

sal moet word. Sonpanele wat uit fotovoltaïese selle bestaan, word

gebruik om sonlig na gelykstroom-elektrisiteit (DC) om te skakel.

Hierdie krag word dan deur middel van omskakelaars (

inverter

)

omgesit na wisselstroom-elektrisiteit wat in die Eskomnetwerk ge-

bruik kan word. Op dié manier word daar ‘n inkomste geskep.

Vir sonpanele om effektief te werk, moet die hoeveelheid stof op

hulle beperk word. Om hierdie rede moet die panele op ‘n gereelde

basis skoongemaak word. Die hoek waarteen hierdie panele ten op-

sigte van die son opgestel word, bepaal ook tot ‘n groot mate hul

effektiwiteit. Dit is dus die moeite werd om die installasie se hoek en

rigting te kan verander. Sommige installasies verander outomaties

die rigting en hoek van die panele.

Om optimale benutting van ‘n statiese installasie te kry, kan die

panele twee statiese posisies hê. Een vir die somer- en een vir die

wintermaande. Hierdie veranderings van die sonpanele moet ook in

aanmerking geneem word ten opsigte van waar die sonpanele

opgerig sal word. Die stelsel kan óf op die grond óf op dakke aange-

bring word. Elkeen van hierdie opsies het sekere voor- en nadele.

Geboudakke beskik oor dié voordeel dat die sonpanele nie so maklik

gesteel kan word nie, maar baie dakoppervlaktes word vir paadjies

opgeoffer om byvoorbeeld tussen die panele rond te beweeg. ‘n Dak

Die sonpanele word maklik gesteel en daarom is die beveiliging daarvan ‘n voorvereiste.

Die sonpanele se krag word deur middel van omskakelaars omgesit na wisselstroom-elektrisiteit wat dan in die Eskomnetwerk gebruik kan word.

se hoek en val kan dit ook moeilik maak om op die dak rond te be-

weeg om die panele skoon te maak en die hoeke van die sonpaneel

ten opsigte van die son reg te stel omdat ‘n gebou se oriëntasie nie

noodwendig ideaal is nie. Verder is dit gewoonlik baie warm op so ‘n

dak en dit benadeel die effektiwiteit van die sonpanele.

Sonpanele op die grond het ook voor- en nadele. Diefstal en baie

meer stofbedekking is van die grootstes. Die area moet ten alle tye

met veiligheidsheinings toegespan wees en daar moet verkieslik ‘n

wag ook wees om diefstal te voorkom. Met sonpanele op die grond

kan die panele maklik skoongemaak word en kan die hoek van die

sonpanele ten opsigte van die son maklik verander word. Verder is

dit ook heelwat koeler en is die sonpanele se effektiwiteit as gevolg

hiervan ook bietjie beter.

Schoeman Boerdery

Schoeman Boerdery het besluit om eerder die sonkrag in die stelsel

te bank en dan die krag te gebruik soos benodig. Op dié manier kan

die krag op een plek opgewek word en op verskillende punte ge-

bruik word.

‘n Gekonsolideerde rekening word gebruik om die aanbod en vraag

na krag af te speel. In hierdie berekening word die randwaarde van

31

November 2015