Background Image
Previous Page  32 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 92 Next Page
Page Background

30

November 2015

FOKUS

Natuurlike hulpbronne en energie

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

elektrisiteitsrekening in toom te hou

M

et die vraag na elektrisiteit wat kort-kort die aanbod oor-

skry, is dit onvermydelik dat die prys van elektrisiteit gaan

styg. Te midde van die druk op die elektrisiteitsnetwerk

kan daar verwag word dat die instel van beurtkrag ‘n

werklikheid is wat toenemend sal voorkom.

Baie produsente bedryf ‘n besproeiingsbesigheid wat totaal en al

afhanklik van elektrisiteit is en waar die gebruik van kragopwekkers

nie ‘n opsie is nie. Met hierdie verwagting van te min krag en krag

wat al duurder word, word produsente gedwing om self iets aan die

saak te doen.

Die Schoeman Boerdery het onlangs byna 800 ha hoëpotensiaal

landbougrond aan myne vir steenkoolontginning afgestaan. Daarom

is besluit om ander alternatiewe te ondersoek om elektrisiteit vol-

houbaar en winsgewend op te wek. Die moontlikheid om sonkrag as

energiebron te gebruik, is derhalwe ondersoek.

Hierdie ondersoek was ‘n lang en intensiewe proses. Aspekte wat

oorweeg is, sluit in:

Gaan daar van die subsidies wat beskikbaar is, gebruik gemaak

word?

Hoeveel uitstraling is daar in die gebied?

Hoe lank gaan dit neem om die kapitale uitleg terug te betaal?

Hoe lank is die verwagte lewensduur van die toerusting en son-

panele?

Bied die stelsel elektrisiteitsekerheid?

Gaan die stelsel winsgewend wees of nie?

Elke produsent wat besluit om elektrisiteit vanaf sonkrag op te wek,

moet vir homself vra wat sy doel is met die opwekking. Dié antwoord

sal voorts bepaal watter proses of metode gevolg moet word. Die

oprigting en besluite rondom die beplanning van ‘n sonkragplaas

moet verkieslik in samewerking met ‘n kundige persoon geskied.

Daar is verskeie maniere om sonkragelektrisiteit aan te wend, wat

kan insluit om:

Totaal van die netwerk af te wees.

Die sonkragelektrisiteit aan Eskom te lewer en dit dan later weer

te onttrek.

Die sonkragelektrisiteit direk aan Eskom te verkoop.

As daar besluit word om van die netwerk af te gaan, moet die koste-

aspek deeglik oorweeg word. Die kapitale uitleg sal aanvanklik baie

hoog wees, maar sodra die kapitaal verhaal is, sal die elektrisiteit

amper verniet wees.

As die ander opsies gevolg word, is daar ook sekere voor- en nadele

wat oorweeg moet word. Indien die roete van elektrisiteitslewering

en weer onttrekking gevolg word, is die voordeel dat die prys van

elektrisiteit vir die volgende 25 jaar vasgepen word.

Die nadeel van hierdie opsie is dat die rekening waar krag opgebou

en dan later onttrek word, een maal per jaar na nul herstel word. Dit

maak nie sin om in hierdie geval meer krag op te wek as wat gebruik

word nie. Die besigheid bly in hierdie geval steeds afhanklik van

Eskom vir kraglewering. As daar beurtkrag is, sit die onderneming

ook sonder krag.

In die stelsel waar die krag aan Eskom verkoop word, is dit die belang-

rikste dat die stelsel op sy eie moet kan wins maak. Verdere voor-

waardes waaraan voldoen moet word, sluit in die BBBEE-status van

die onderneming asook dat daar ‘n omgewingsimpakstudie gedoen

Al die verskillende sonpanele moet saamwerk om genoeg krag te lewer.