Hierdie gedifferensieerde tariefstruktuur
bied aan produsente die geleentheid om
hul elektrisiteitskoste te bestuur deur be-
sproeiing tydens buitespitstye te skeduleer,
wanneer die tarief heelwat laer as dié van
Landrate is.
Besproeiingsprodusente moet egter daarop
let om so min as moontlik binne spitstye te
besproei, wanneer die Ruraflex-tarief aan-
sienlik hoër is as dié van Landrate. Die ge-
optimeerde ontwerpparameters asook die
investerings- en elektrisiteitskoste vir die
gevallestudie, word in
Tabel 1
aangedui. Die
netto huidige waarde van elektrisiteitskoste
vir die verbouing van mielies en koring is
oor ‘n 20 jaar-periode bereken.
In die geval van Landrate bly die pypdia-
meter onveranderlik wanneer vloeitempo
toeneem vanaf 125 m
3
/h tot 150 m
3
/h.
Weens die hoër vloeitempo, vermeerder die
wrywing en as gevolg van ‘n hoër wrywing,
neem die kilowattvereistes met 4 kW toe.
Alhoewel minder ure met die hoër vloeitem-
po benodig word om dieselfde hoeveelheid
water te besproei, neem die kWh toe omdat
die effek van die verhoging in kW die afname
in besproeiingsure oorskadu en gevolglik
neem veranderlike elektrisiteitskoste toe.
By Ruraflex is dit optimaal om ‘n dunner
pyp (200 mm) by die spilpunt met die lae
toedieningskapasiteit te gebruik. Die wry-
wing en gevolglike kW benodig is dus hoër
(18 versus 16) vergeleke met Landrate vir die
lae toedieningskapasiteit besproeiingstelsel.
Interessant is die feit dat die verander-
like besproeiingskoste baie laer is as met
Landrate. Die rede hiervoor is dat die be-
sproeiing optimaal geskeduleer is sodat die
geweegde gemiddelde tarief vir Ruraflex
RURAFLEX
LANDRATE
10 mm/DAG
12 mm/DAG
10 mm/DAG
12 mm/DAG
ONTWERPPARAMETERS
Vloeitempo (m
3
/h)
125,5
150,5
125,5
150,5
Pyp se buitediameter (mm)
200
250
250
250
Wrywingsverlies (m)
4,475
2,107
1,510
2,107
Wrywingsverlies (%)
0,6
0,28
0,2
0,28
Kilowatt (kW)
18
20
16
20
Kilowatt-uur (kWh)
42 234
40 436
39 012
40 436
INVESTERINGSKOSTE (R)
Pype
112 853
179 895
179 895
179 895
Spilpunt
669 000
723 186
669 000
723 186
Pomp
21 655
20 661
21 655
20 661
TOTAAL
803 518
923 742
870 550
923 742
ELEKTRISITEITSKOSTE (R)
Veranderlike
549 204
508 959
642 380
665 826
Vaste
307 099
307 099
379 993
379 993
TOTAAL
856 303
816 058
1 022 373
1 045 819
Netto huidige waarde (R)
4 857 930
4 852 137
4 724 886
4 643 845
Netto huidige waarde (R/ha)
161 393
161 201
156 973
154 281
Bron: Venter, M. 2015. “Modelling the economic trade-offs of irrigation pipeline investments for improved energy management.” Ongepubliseerde MSc-verhandeling,
Departement Landbou-ekonomie, Universiteit van die Vrystaat.
TABEL 1: GEOPTIMEERDE ONTWERPPARAMETERS ASOOK INVESTERING- EN ELEKTRISITEITSKOSTE VIR ‘N 30 HA-SPILPUNT MET TWEE
TOEDIENINGSKAPASITEITE VIR RURAFLEX EN LANDRATE WAAR MIELIES EN KORING VERBOU WORD.
Figure 1: Fokusareas vir die bestuur van veranderlike elektrisiteitskoste.
laer is as dié van Landrate. Die gevolglike
laer tarief lei daartoe dat dit optimaal is om
‘n dunner pyp te gebruik wat die pypinves-
teringskoste verlaag.
By Ruraflex is dit optimaal om die pypdia-
meter te vergroot indien die kapasiteit van
die besproeiingstelsel verhoog word, wat
veroorsaak dat die wrywing in die pyp
verminder al neem die vloeitempo toe.
Veranderlike elektrisiteitskoste neem dus
af, terwyl totale investeringskoste toeneem.
Die netto effek is dat die laer toedieningska-
pasiteit stelsel die winsgewendste is.
Die belangrikheid van besproeiingsbestuur
tesame met die gebruik van ‘n tyd-van-ge-
bruik elektrisiteitstariefstruktuur word die
beste uitgelig deur die 12 mm/dag stelsels
van Ruraflex en Landrate te vergelyk. Hier-
die besproeiingstelsels is identies in terme
van ontwerp en gebruik (kWh).
November 2015
39