Oktober 2015
32
FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale
die koste van die besigheid se krag. Die koste vir die oprig van só
‘n 1 ha-sonplaas sal van geval tot geval verskil. Laat die kundiges
jou help met die kosteberekeninge. Die verwagte produksie van
hierdie sonplaas by Schoeman Boerdery is ongeveer 1 899 mWh per
jaar. Voorts kan daar met hierdie produksie, die koste per kWh oor ‘n
25 jaar periode rondom 32c/kWh vasgepen word.
Ander industrieë wil ook graag help met die oprigting van son-
plase. Die Departement van Handel en Nywerheid het ook ‘n
subsidie beskikbaar wat die hoë kapitaalkoste help verskans. Die
Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) help verder ook met toege-
wings om die kapitaal maklik af te skryf en daar is sommige handels-
banke wat lae rente lenings beskikbaar stel.
Met hierdie en ander sonplase is die toekoms vir volhoubare, goed-
koop, skoon elektrisiteit inderdaad ‘n werklikheid.
Vir meer inligting kan Christo de Jonge (die operasionele bestuur-
der by Schoeman Boerdery) by 013 262 6610 of Pietman Botha by
082 759 2991, gekontak word.
Sonkrag ingespan
die krag soos gelewer, gebank. Die prys wat vir die energie ontvang
word, is gelyk aan die tarief waarteen dit deur Eskom verkoop word.
In piektye kry jy derhalwe baie geld en in aftye kry jy minder. As
daar krag gebruik word, word dit teen die standaardkoste vir die
tyd geboek.
Uiteindelik word die randwaarde krag gelewer, afgetrek van die rand-
waarde krag gebruik, en sodoende word bepaal hoeveel inbetaal
moet word of na die volgende maand oorgedra word. Een maal
per jaar word die rekening afgesluit en as daar nog surplusse is wat
oorgedra word, sal dit dan verloor word.
Vir elke grootte opwekkingstelsel, is daar verskillende vereistes.
Sodra daar meer as 1 mW opgewek word en as daar meer as 1 ha
grond gebruik word vir die sonplaas, is ‘n omgewingsimpakstudie
‘n voorvereiste.
Alhoewel Schoeman Boerdery meer as 4 mW krag gebruik, is daar
besluit om ‘n 1 mW-stelsel op te sit. Met hierdie grootte is ‘n omge-
wingsimpakstudie nie ‘n vereiste nie. Tog het dit ‘n reuse-impak op
Kobus Fourie, Christo de Jonge en Kallie Schoeman – almal van Schoeman Boerdery.
Baie produsente besoek Schoeman Boerdery om meer oor dié sonplaas te kom leer. Hier is ‘n groep produsente van die Springbokvlakte.
November 2015