Snoei koste van besproeiingselektrisiteit
Die groot verskil is gesetel in die aansienlike
laer totale elektrisiteitskoste wat ‘n direkte
gevolg is van die besproeiings wat in die
goedkoper tydgleuwe plaasvind.
Opvallend van die resultate is dat die wry-
wingsverlies uitgedruk as ‘n persentasie
van die lengte van die pyplyn, baie laag is
vergeleke met die SABI-norm van 1,5%. By
implikasie het die pype wat deur die navor-
sing bepaal is vir die spesifieke gevallestu-
dies ‘n baie groter diameter as wat deur die
norm voorgeskryf word.
Verdere navorsing
Daar word tans verdere navorsing uitgevoer
om die norm te evalueer en ‘n nuwe norm
voor te stel. Die resultate toon duidelik dat
elektrisiteitskoste verlaag kan word deur
van Ruraflex gebruik te maak. ‘n Voorver-
eiste is dat besproeiings buite spitstye moet
geskied aangesien die tariewe baie hoog
gedurende spitsure is.
Indien besproeiing nie oordeelkundig be-
stuur word nie, is dit moontlik dat verander-
like elektrisiteitskoste selfs hoër as dié van
Landrate kan wees.
Vir meer inligting kan die outeur by
051 401 3359 gekontak word.
FOKUS
Natuurlike hulpbronne en energie
Spesiale