Produk-inligting
Valley se eienaarstruktuur gekonsolideer
V
alley Irrigation of SouthernAfrica, ‘n Suid-Afrikaansemaat-
skappywat gemeganiseerde besproeiingstoerusting vir die
landbou regdeurAfrikaverskaf, het aangekondigdat sy raad
van direkteure die aankoop van die 40%-aandeelhouerpo-
sisie, gehoudeur Agrinet Bpk indiemaatskappy, goedgekeur het.
Asgevolgvandie transaksie isValley IrrigationofSouthernAfricanou
‘nvolfiliaal vanValmont Industries Inc, ‘n toonaangewendeverskaffer
van ingenieursontwerpte produkte en dienste vir die infrastruktuur
engemeganiseerdebesproeiingstoerusting vir die landbou.
MABEL SCHMAHL,
Valley Irrigation of SouthernAfrica
“Die lang verhouding tussenValmont enAgrinet dateer sedert 1986,
toe albei belê het in die eerste besproeiingsvervaardigingsfasiliteit
inAfrika,” hetmnr TobieduToit, diemaatskappy sehoofbestuurder,
gesê.
“Ons wil Agrinet graag bedank vir sy bydrae om Valley as die
toonaangewende verskaffer van spilpunte en lateraal-bewegende
besproeiingstoerusting in die streek te vestig. Alle huidige en
bestaande verhoudings met ons gewaardeerde kliënte en verskaf-
fers sal opgeenwysegeraakworddeur hierdiegebeurtenis nie.”
Verklaring ingevolgeNewYork aandelebeurs
Hierdie artikel bevat vooruitskouende stellings, binne die strekking van die Private Securities Litigation ReformAct van 1995. Hierdie stellings is gegrond op die
bestuur se huidige sienings en skattings en is onderhewig aan onsekerheid en veranderinge in omstandighede. Toekomstige ekonomiese enmarktoestande, ny-
werheidsvoorwaardes, prestasie en finansiële resultate van diemaatskappy, bedryfsdoeltreffendheid, beskikbaarheid en prys van grondstowwe, beskikbaarheid
endiemarkaanvaardingvannuweprodukte, produkpryse, dieplaaslikeen internasionalemededingendeomgewing, optredeenbeleidsveranderingevanplaaslike
en internasionale regerings en ander risiko’s, soos van tyd tot tyd inValmont se verslae aandieKommissie vanSekuriteite enRuilhandel beskryf, is onder andere
voorbeelde van faktore wat kan veroorsaak dat die resultate wesenlik kan verskil van dié wat in die vooruitskouende verklaring beskryf word. Die maatskappy
waarsku dat enige vooruitskouende stelling in hierdie persverklaring gemaak is as van die datum van hierdie artikel en diemaatskappy onderneem nie om enige
vooruitskouende verklaring tehersiennie.