< 66
Die wiele bly aan die rol
by die 4x4-demonstrasies
SAGraan/Grain
redaksie
Die
jaarlikse aksie-belaaide 4x4-demonstrasies vind hierdie
jaar weer tydens Graan SA se NAMPOOesdag plaas.
‘n Hele rits uitstallers se enjins staan brullend gereed
om hul voertuie se staal te kom wys. Let daarop dat die
side x side
- en
quad
-demonstrasies hierdie jaar op ‘n aparte
baan sal plaasvind, sodat jy genoeg tyd sal hê om al jou gun-
steling voertuie te kan besigtig.
Die 4x4-demonstrasies vind daagliks om 10:00 en 14:00
plaas en die
side x side
- en
quad
-demonstrasies vind daagliks
om 11:00 en 15:00 plaas.
Uitstallers wat demonstrasies gaan lewer, sluit in:
Executive Toys Commercial
Ford/Mazda
Foton SA
General Motors SA
Hisun SA
John Deere
Mahindra SA
Mercedes-Benz SA
Mitsubishi SA
Nissan SA
Smith Power Equipment
Speedbike
TATA SA
Toyota SAMotors
Volkswagen Commercial Vehicles
Ander uitstallers magmoontlik bykom tydens NAMPO.
Hou jou asem op en laat jou adrenalien pomp in afwagting vir
die uitkoms.
Kom kyk hoe word 4x4-voertuie
se grense getoets.
Moenie hierdie opwindende 4x4-
demonstrasies misloop nie.
Wees deel van die groot pret.
Privaatvoertuie word ongeluk-
kig nie op die baan toegelaat nie,
maar jy kan wel die geleentheid
kry om ‘n passasier in ‘n voer-
tuig te wees. Hiervoor kan jy ge-
rus een van die 4x4-uitstallers
se stalletjies besoek en die nodige
reëlings daar tref.
4x4-demonstrasies,
side x side
- en
quad
-
demonstrasies vind vanjaar op
aparte bane en tye plaas.
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay