SA Graan Maart NAMPO - page 63

< 61
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
Vernuwe jou kreatiewe denke
by diedamesprogram
SAGraan/Grain
redaksie
Vanjaar
word die dames by Graan SA se NAMPO Oesdag
weer bederf met ‘n gratis programwat elke dag ‘n verskei-
denheid van demonstrasies aanbied– van klerekasbeplanning
tot tafeldek en kos-inspirasie. Maak seker dat jy nie dié op-
windende programmisloop nie.
Tafeldek en -versieringmet Abrie Coetzee
Die skeppende sy van die meeste van ons is altyd op soek na
nuwe idees om kreatief te wees. Om ‘n tafel te dek vorm deel
van ons alledaagse lewens en daarom word tafeldekdemon-
strasies by dié program ingesluit. Kom kuier dié jaar saam
met Abrie Coetzee vir ongewone tafeldek-inspirasie. Abrie is
al vir die afgelope 35 jaar die eienaar van die unieke Kamelia
Bloemiste in Klerksdorp. Hy inspireer landswyd kunssinniges
wat vars idees soek om hul tafels te versier.
Sy werk word landswyd erken en tydskrifte soos
Garden
and Home, Platinum Living, Rooirose en Country Life
spog
met sy skeppings.
Top Billing
het ook al die troue van ‘n
internasionale modeontwerper uitgesaai, waarvan Abrie die
tafels en dekor gedoen het. Dié troue se foto’s het ook in die
De Kat-tydskrif verskyn.
Om 10:00 tot 11:00 elke dag versier Abrie tafels en hy bou
vanjaar sy temas rondomdie gebruik van ongewone tafeldoeke.
Modeparade en klerekasbeplanningmet
Anna Robinson vanAnnasekash
Anna Robinson stel die nuwe klerereeks van Annasekash vir
2014 bekend. Die tema vir dié jaar is
Vroulik, vrolik en vars.
Dames kan daarna uitsien om tydens die modeparade die
beste, eerste te sien. Die reeks sluit ‘n verskeidenheid van
klere in, soos informele drag, rokke, rompe, broeke, bloesies,
winter- en somerbaadjies, wat alles van natuurlikemateriaal
gemaak is, soos viskose, lycra, katoensy, katoen en sy-chiffon,
wat gemak verseker.
Victoriaanse kantontwerpe vorm deel van die reeks vir ‘n
meer romantiese gevoel. Vir iets avontuurliker is daar
funky
,
kleurvolle T-hemde, rompe en rokke. Vir die aand en spesiale
geleenthede stel sy ook rokke, rompe, baadjies en broeke ten
toon, gemaak van net, kant, sy en chiffon van top Europese
handelsname soos Zara, Didi, Guess en Cream. Verder sal
daar ook ontwerperjeans van True Religion, Ralph Lauren en
Charlotte Russe wees. Bykomstighede soos serpe, leerarm-
bande, oorbelle, borsspelde en nousluitende halssnoere gaan
ook ten toon gestel word.
‘n Opwindende modeparade (daagliks om 11:15 tot 12:00)
vorm ook deel van hierdie program. Modelle tussen die ou-
derdomme van 20 en 50 jaar, met groottes van 34 tot
40 gaan in ooreenstemmende uitrustings met verskillende
bykomstighede verskyn. Op hierdiemanier sal die konsep van
meng-en-pas geïllustreer word. Klerekasbeplanning word
ook hiertydens bespreek.
Kos endekormet dieKokkedore
Vanjaar se kos- en dekorprogram word aangebied deur die
Kokkedore. Hulle gaan die gehoor daagliks van 12:00 tot
13:00 vermaak met allerlei demonstrasies. Op 13 Mei il-
lustreer hulle die wonders van gis en meel waar hulle tuis-
gemaakte gisplantjies met rooi druiwedoppe en bier maak.
Daar word brode gebak, botter gemaak en geïllustreer hoe
om dit as ‘n geskenk op te maak.
Op 14 Mei berei dié kosfundi’s verskillende soorte pastas en
pastasouse voor. Hulle gebruik pastas soos tagliatelle, lasagne
en gnocchi enwys hoe om souse soos puttenesca, bottersuur-
lemoen en salie, saffraan en roomseekossous te maak. Verder
praat hulle ook oor goeie wynkeuses saammet pasta.
Tamaties word op 15Mei bespreek. Hulle praat oor die ver-
skeie gebruike van tamaties en maak tamatiesous vir die
vrieskaswat vinnig in verskillende souse en smere gebruik kan
word, sowel as tamatiekonfyt met ‘n kinkel, tamatiedran-
kies, semi-gedroogde tamaties, gerookte tamaties en skaap-
wagters tamatieslaai.
Op die laaste dag demonstreer die Kokkedore ‘n familiemaal
met kinkelkos. Hulle bring hulde aan die oumas met Sondag-
kos soos skaapboud bedien met pampoenpoffers, groenbone
met gerookte spek en gestampte groenpeper met blomkool
en gruyere-kaasroom. Hulle wys ook hoe om die tafel inte-
ressant te dek met ‘n tafeldoek gemaak uit ou resepte en ou
familiefoto’s as plekmatjies. Kom kuier saam by ‘n propvol
damesprogram vol entoesiasme, kreatiwiteit en inspirasie
elke dag van 09:00 tot 15:30.
Die Kokkedore word deur B-well Canola Oil en kykNET geborg.
Montana kombuistoerusting is ook een van die borge.
Alle programme word gratis aangebied en vind in die
SAMPI-saal plaas.
Die program is voorlopig en onderworpe aan verandering.
1...,53,54,55,56,57,58,59,60,61,62 64,65,66,67,68,69,70,71,72,73,...124
Powered by FlippingBook