Produk-inligting
Agricol is ‘n saadmaatskappy
wat waarde toevoeg
R
eeds vir meer as 50 jaar is Agricol deel van baie kliënte se
sukses en vooruitgang. Die Agricol-familie brei jaarliks uit
en die besigheidsbandewat tussenAgricol en sy kliënte ge-
smee is, wordmet die tydnet groter enhegter.
Daar is baie redes hiervoor,maar die feit dat diemaatskappy so lank
reeds voldoenaandiehoë kwaliteitsvereisteswat deur kliëntegestel
word en telkensweermet innoverende, nuwe produkte diemark be-
tree, is twee van die belangrikste redes vir sukses vir beide Agricol
en sy kliënte.
As maatskappy wat getrou aan bykans alle weidingsaadbehoeftes
voorsien, word die reeks weidingsade ook jaarliks verbeter en ver-
nuwe om aan die toekomstige behoeftes van kliënte te kan voldoen.
Wetenskaplik saamgestelde mengsels word ook nou aan kliënte
voorsien vir daardie spesiale en spesifiekebehoeftes.
Die akkerbousaadreekse sluit die IMPAK-mieliereeks, die
DON MARIO-sojaboonreeks asook die Agsun-sonneblomreeks in.
Verder word die Agricol-akkerbousaadpakket volgemaak met ver-
skeie graansorghumkultivars om aan talle behoeftes te voorsien.
Al hierdie akkerboureekse is reeds welbekend en lewer jaarliks uit-
stekendeopbrengsresultate.
Dit is egter niewaar alles ophou nie en al die produkteword gerug-
steundeur ‘nmaatskappywat toesiendat dienodigeondersteuning,
tegnies en ander, deur goedopgeleidepersoneel bydie kliënt opdie
plaas gelewerword.
Elkekliënt envoornemendekliëntwordhartlikuitgenooi omAgricol by
GraanSA seNampoOesdag in die Roodebank Saadkompleks te kom
besoek.Ons sienmet groot verwagtinguit om joudaar teontvang.
Wat ook al jou saadbehoefte – Agricol kan en wil graag daaraan
voldoen.
CLIFFEDEACON,
bemarkingsbestuurder: Akkerbougewasse, Agricol