Produk-inligting
< 43
PLAAGBEHEER
Nampo 2014
Watter
soja-entstof
isdie regte een?
D
ie toenemende aanvraagnavoedselgewasse inSuid-Afrika
plaasdrukopdieprodusentommeer, hoërenbetergehalte
gewasse te lewer.
Stimuplant is al vanaf 1978 bekend vir die lewering van hoëgehalte
entstowwe.
Daar word gespesialiseer in die produksie van omgewingsvriende-
like, landbougerigte mikroörganismes vir die versekering van hoë-
gehalte opbrengste. Hierdie mikro-organismes help die produsent
om sy opbrengs te verhoog asook om sy grondvrugbaarheid te be-
hou en selfs te verbeter. Daar is ‘n reeks vanmeer as 17 verskillende
entstowwe beskikbaar. Stimuplant beskik oor die grootste verskei-
denheid entstowwe indieSuid-Afrikaansemark.
Die enting van peulplantsade met behulp van suiwer Rhizobium
kulture is ‘n algemene praktyk, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook
wêreldwyd. Hierdie simbiotiese verhouding van inentingbeginwan-
neer Rhizobium die wortels van peulgewasse infekteer en nodules
vorm. In die nodules (knoppies) skakel Rhizobium gasagtige atmos-
feriese stikstof (N
2
) omnaammoniak (NH
3
),wat grotendeelsdeur die
peulplant gebruik kanword. In ruil hiermee voorsien die peulgewas
die Rhizobium van voedingstowwe, energie en ‘n habitat om te kan
voortbestaan.
Stikstofbinding se primêre begunstigde is die peulplant. Dit kan po-
tensieel in enige grond groei sonder (of met baie min) insette van
stikstofbevattende kunsmis. Die hoeveelheid stikstof wat gebind
word, word beïnvloed deur die tipe peulgewas, die gesondheid van
die plant, nitraatvlakke, die anorganiese ammoniumvlakke in die
grond en ‘n verskeidenheidomgewingsfaktore.
Diepeulplantproduseerookstikstofrykeoorblyfselswat indiegrond
agtergelaat word nadat die gewas geoes is. Stikstof wat vrygestel
word tydens dieontbinding vanhierdieoorblyfsels, wordweer deur
die volgendegewas in rotasieopgeneem.
Waarommoet ek sojabone ent?
In die natuur vind die ontwikkeling van wortelknoppies swak plaas,
omdat bakterieë wat vir die effektiewe stikstofbinding verant-
woordelik is, relatiefmin en soms gladnie teenwoordig indie grond
is nie. Sodra saadbehandel ismet die korrekteRhizobiumbakterieë,
is die plant wat ontwikkel dadelik blootgestel aan baie van hierdie
spesifiekebakterieë.
Die plant ontwikkel dus meer en effektiewe wortelknoppies wat lei
tot beter stikstofbinding. Gebruik slegs die spesifiek geselekteerde
engeregistreerdeRhizobium vir die regtepeulgewas.
Gedurende die 2013/2014-seisoen het Stimuplant ook hul nuwe
vloeibare soja-entstof, Liquinod Max, bekend gestel. Hierdie vloei-
bare entstof bevat die
Bradyrhizobium japonicum
ras WB74,
wat goedgekeur is deur die Landbounavorsingsraad (LNR) van
Suid-Afrika. WB 74 is gekies ná jare se navorsing en word deur
Wet 36 van 1947beskerm. Reg. No. L9012Wet 36 van 1947.
LiquinodMax ismet groot sukses ontvang en gebruik deur sojapro-
dusente (sien
Foto 1
).
Wat is die ideale bakterieë ommee te
inokuleer?
Spesifiek geselekteerde Rhizobium bakterieë vir die regte peulge-
was het die volgende eienskappe:
Kompeterende vermoë: Meeste grond bevat Rhizobium en baie
van hulle kompeteer ander Rhizobium spesies uit voor en ge-
durende infeksie, daarom is ‘n sterk kompeterende vermoë
essensieel.
Infektiwiteit: Diewortelhaarwordeffektief gepenetreer en indie
korteks gevestigom ‘n knoppie te vorm.
Effektiwiteit: Stikstof word effektief in die knoppie gebind. ‘n
Effektiewe knoppie is groot enpienk as gevolg van leghemoglo-
bien wat deur die plant gevorm word. Daarteenoor is oneffek-
tiewe knoppies klein enwit.
Liquinod Max is die ideale produk, want dit voldoen aan al die bo-
genoemde vereistes. Daar is dus geenbehoefte aandie gebruik van
ander rasseof kombinasies van ander rasse vanuit diebuitelandnie.
Kom besoek gerus ons stalletjie in die Caltex-saal by Graan SA se
NAMPOOesdag vanaf 13 - 16Mei en vind uit watter nuwe produkte
dié jaar vrygestel gaanword.
1: Stimuplant het hulle nuwe vloeibare soja-entstof, Liquinod Max,
bekendgestel. Dit ismet groot opgewondenheidontvangengebruikdeur
sojaprodusente.
GERRIT BADENHORST,
bemarkingsbestuurder, Agchem