< 44
NAMPO 2014
Oesdag/HarvestDay
Hans van der Berg, ledebemarking- en kommunikasie-
beampte, Graan SA
Graan
SA
se ledelokaal het oor die afgelope klompie jare
al meer in gewildheid toegeneem by die Graan SA NAMPO
Oesdag.
Heerlike koffie en beskuit vroeg in die oggende, eetgoed deur
die dag, koeler drankies in die middae, gemaklike rusplek en
gesellige verkeer het alles daartoe bygedra dat hierdie lokaal
sekerlik een van die lekkerste kuierplekke opNAMPO Park is.
Die eksklusiewe parkering, gratis toegang en ‘n spesiale lokaal
vir lede, ismaarnet ‘nmanier omdankie te sê aanprodusen-
te wat daarvoor sorg dat Graan SA op ‘n volhoubare basis
na die belange van graanprodusente kan omsien. Die voordeel
van lidmaatskap is egter gesetel in die betrokkenheid van
Graan SA by die inset-, produksie-, mark- en beleidsomge-
wings teneindevolhoubareenwinsgewendegraanproduksiete
bewerkstellig.
‘n Skematiese voorstelling van NAMPO Park (
Kaart 1
) dui
aan waar die nuwe ledelokaal geleë is. Op die skematiese
Nuwe lokaalvir
Graan SA-lede tydensNAMPO
voorstelling sal jy opmerk dat dit basies tussen die NAMPO-
ouditorium, SAMPI-saal, Fanie Ferreira-saal en die Engen
museum is. Vir diegene wat bekend is met die terrein: Dit is
presies waar Klub 200 voorheen was.
Graan SA se personeel en hoofbestuur sien daarna uit om jou
by die ledelokaal te ontmoet. Alle heffingbetalers sal egter
gedurende April skrywes in hierdie verband ontvang.
Regs op die voorgrond is die Graan SA-ledelokaal met die
Fanie Ferreira-saal in die agtergrond.
Kaart 1: Let op die nuwe ligging van die Graan SA-ledelokaal by
die Oesdag.
Regs op die voorgrond is die ouditoriummet die ledelokaal in die
agtergrond. Toegang tot die lokaal kan verkry word by die deur
tussen die ouditorium en die ledelokaal wat op die foto sigbaar
is, aangesien direkte toegang tot die stoep voor die lokaal nie
moontlik gaan wees nie.