Produk-inligting
< 35
DIERE
Nampo 2014
Verlaag vetmestingskoste:
Wenke vir die voerkraal
VLOK FERREIRA,
nasionale tegniese bestuurder,Molatek
D
ie insluiting van Molatek Melassemeel in voerkraalrant-
soene kandie koste van energie indie rantsoen verlaag.
Molatek Melassemeel kan met groot voordeel tot vlakke
van 24% ingesluit word in beesvetmestingsrantsoene. Dit vervang
dan 18% vandiegraankomponent en 6% vandie ruvoerkomponent.
In skaapvoerkraalrantsoene word tot 16% melassemeel ingesluit.
Die kombinasie van suiker (melasse) en stysel (graan) gee ‘n siner-
gistiese effek wat voerbenutting verbeter, met ander woorde die
diere hetminder voer nodigom een kilogram inmassa toe te neem.
Dit beteken daarom beter winsgewendheid vir die voerkraal. Om
hierdie voordeel te benut, moet daar ‘n melassevlak van minstens
10% - 12% indie voerkraalrantsoenwees.
Kom besoek Molatek tydens Graan SA se NAMPOOesdag vir hulp
om die korrekte melassemeelbalans saammet ons melassebevat-
tende produkte in afrondrantsoene en lekke te verseker; of kontak
die verteenwoordiger in jou area.
Praktiesewenke vir voerkrale
Skape
Voerkrale moet verkieslik teen ‘n helling opgerig wees ter wille
van dreinering en die voorkoming van probleme soos vrot-
pootjie.
In oop krale word ‘n ruimte van 1,5m
2
tot 2,5m
2
per skaap be-
nodig.
Voldoende skaduwee in voerkrale is belangrik, omdat metabo-
liese prosesse ‘n hoë liggaamstemperatuur laat ontstaan. As
skapewarm lugmoet inasem, is afkoeling onvoldoende, wat tot
‘n laer voerinnameen swakker prestasie lei. Skadu vanminstens
0,5m
2
per skaapmoet oor die voerkrippe enweg van die voer-
krippeaandie teenoorgestelde kant vandie kraal voorsienword.
As daar net skadu oor die voerkrippe is, sal die skape om die
krippe saamdrom, wat toegang vir ander diere beperk. Die voer
sal dan ook makliker met mis en urine besoedel word. Skadu
moet ook in ‘n oos-wes-rigting wees om die beskikbare skadu-
wee tenbeste tebenut.
Voerkrippe moet so ontwerp en geplaas word dat die skape
nie bo-op kan klim nie. Dit sal keer dat hulle in die voer mis of
urineer. Die krippe moet ook so geplaas word dat die voer nie
natreënnie.Hoewel 'nkripspasievan10cmper skaapvoldoende
is, sal spasievan tot 20 cmmeer voordeligwees veral tydensdie
aanpassingsperiode.
Selfvoerders hoort nie in ‘n voerkraal nie, omdat werkers ge-
woonlik teveel voer op ‘n keer toedien. Beter resultate sal verkry
word as drie keer per dag inoop krippegevoerword.
Die skapemoet ook voortdurend toegang tot voldoende skoon,
koel drinkwaterhê.Diewaterbakkemoenie tegrootweesnie, an-
ders vind oormatige vermorsingmet die skoonmaak plaas, wat
‘n idealeuitbroeiplek vir vlieglarwes en koksidiose (‘nbloederige
lakseer) is. Die drinkbakkemoet so ver asmoontlik vandie voer-
krippe wees om te verhoed dat voer in die waterbakke beland.
1
2
3
kg
kg
kg
Skaapvetmeskonsentraat
200
200
200
MolatekMelassemeel
40
40
40
Mielies
560
560
610
Lusern
200
100
150
Ruvoer
100
Totaal
1 000
1 000
1 000
VOLVOER
KAFETERIA
1
2
3
4
kg
kg
kg
kg
Beesvet 33+
160
160
160
Voerkraalkonsentraat
100
MolatekMelassemeel
80
80
80
Mielies/chop
640
700
840
760
Ruvoer
120
120
Ad lib Ad lib
Totaal
1 000 1 000 1 000 1 000
Asdit gebeur,worddiewater gou suur en kandiedieremoontlik
weier omdit tedrink.
Beeste
Voerkripontwerp moet sodanig wees dat dit maklike toegang
verseker aan beide die bees wat daaruit moet vreet asook die
persoonwat diedieremoet voer.
Onthoringdiere reedsop ‘nvroeëstadium, opongeveerdrie- tot
vyfmaande-ouderdom, sodat die diere niemekaar pla wanneer
hulle vreet nie. Horings bring ook veral tydens die uitlaai na die
markbaieproblememet kneusings,wat groot finansiëleverliese
kanmeebring.
Die kraaloppervlak beskikbaar aan diere moet tussen 10 m
2
-
15m
2
per bees wees, met voldoende helling vir die afloop van
water.
Die staan-area voor voerkrippe moet sodanig toeganklik wees
datdiebeesniegehindermoetword insyvermoëomvoldoende
voer in teneemnie.
Gedurende droëwintermaande kan daarmeer diere in die kraal
aangehouword om die kraal effens nat te hou deur middel van
mis en urine. Stof, veral in winderige toestande, belemmer die
groei en prestasie van diere en lei ook tot ‘n toename in die
voorkoms van siektes.
Baie belangrik is dat die diere ten alle tye toegangmoet hê tot
skoon, koel water.Maakwaterkrippedaagliks skoon.
TABEL1:VOERKRAALRANTSOENEVIRSKAPEMETMOLATEKSKAAP-
VETMESKONSENTRAAT.
TABEL 2: VOERKRAALRANTSOENE VIR BEESTE MET MOLATEK
BEESVET 33+ ENVOERKRAALKONSENTRAAT.