Produk-inligting
< 40
Daar’sbaie verwikkelinge
bySyngenta
– komgesels saam
CHARMAIN LINES,
Syngenta
K
alenderjare en Syngenta-jare is
omtrent soos mensjare en honde-
jare. Oor die afgelope twaalf
maandewasdaargenoegverwikke-
linge en innovasie in ons besigheid om an-
dermaatskappye vir sewe jaar besig tehou.
Moet dus nie dink dat omdat jy verlede
jaar ‘n draai by die Syngenta uitstalling by
Graan SA se NAMPO Oesdag gemaak het,
dit nie diemoeitewerd sal wees om hierdie
jaarweer te komnie.
Inteendeel, ons het heelwat om oor te ge-
sels.
Net ongeveer 3% van die aarde se op-
pervlakte is geskik vir landbou en kan
gebruikwordomdievoortdurendgroei-
endebevolkingvan kos tevoorsien. Een
van Syngenta se strategiese dryfvere is
om meer met minder te produseer en
om tegnologie, grond en mense te laat
saamwerk om die toekoms van land-
bou in Suid-Afrika en Afrika te bepaal.
Ons sal graagmet jou gedagtes wil uit-
ruil oor hoe ons die uitdagings van die
21ste eeu kan aanspreek met ons geïn-
tegreerde oplossings vir gewasse soos
groente, koring enmielies.
Het jy geweet dat sonder oesbesker-
mingsmaatreëls, soveel as 42% van ge-
wassevooroesen ‘nverdere10%na-oes
verloresalgaan?Tussen insekte,onkruid
en siektes sal daar maar min oorbly vir
menslike gebruik. Syngenta se A - Z
program het al sinoniem geword met
hoër opbrengste, gesonder gewasse en
drasties verminderde skade as gevolg
van peste en plae. Hierdie seisoen het
ons veral aandag gegee aan die verfy-
ning van ons A - Z program vir klein-
graan, spesifiek koring. Ons sal graag
met jouwil gesels oor hoe ons program
jou koringprobleme kan aanspreek.
Wortelwelstand is ‘n nuwe fokusarea
vir Syngenta. Alhoewel ons nog al-
tyd geweet het dat ‘n gesonde plant ‘n
gesonde wortelstelsel nodig het, het
Syngenta in 2013 ‘n spesifieke pro-
gram geloods om wortelwelstand te
bevorder. Een van ons produktewat op
wortelwelstand toegespits is, isCruiser-
Maxx
®
. Dit is ‘n saadbehandeling wat
beide swamme en plantluise beheer
voordat die saailing nog sy kop bo die
grond uitgesteek het. Die gevolg is dat
die produsent in staat is om vanaf die
eerste dagwat die saad in die grond is,
te begin bou aan optimale opbrengs.
Kom vind gerus meer uit oor hierdie
baanbrekersproduk.
Het jy hierdie jaar jou oesbeskermings-
belegging met AgriSafe™ verskans?
Indien wel, kom gesels met ons oor
hoe jy die proses ervaar het enwat ons
kan doen om dit selfs beter te maak.
Indien nie, kom vind uit wat behels
hierdie innoverendemanier ommielies
en graan teen risiko te beskerm. Die
model skakel ‘n produsent se Syngenta
rekeningwaarde om in ‘n tonnewaarde
op die Safex-termynmark, sonder om
die produsent aan bykomende koste of
risiko’sbloot testel.Dieprodusentword
beskerm teen prysdalings, maar kan
steeds voordeel trek uit prysstygings,
sonder die risiko om die oes te lewer.
AgriSafe™ het sy buiging in die 2012-
plantseisoen gemaak. Van die meer as
300 wat deelgeneem het, het 64
produsente uitbetalings van meer as
R400 000 elk ontvang.
In Februarie hierdie jaar het die tweede
groep jongprodusentehulle jaar aandie
Syngenta Graan Akademie begin. Die
eerste kandidate het aan die einde van
2013 afgestudeer enhulle terugvoer het
bevestig dat hierdie doelmatige leier-
skapontwikkelingsprogram vir kom-
mersiële produsente die regte inisiatief
op die regte tyd is. Landbou se lot kan
inderdaadnieaan toeval oorgelaatword
nie, maar moet aktief bestuur word.
Die Syngenta Graan Akademie het ten
doel omdie landbouleiers vanmôre toe
te rus om uitdagings aan te spreek op
hul eie plase en in die breë landbouge-
meenskap. Kom gesels met ons om uit
te vind hoe jy een vanmôre se invloed-
ryke leiers kan word met Syngenta se
GraanAkademie.
Doen jy reedsbesigheid inAfrikaen stel
jybelangomuit tevindhoeSyngenta ‘n
hand kan bysit?Ons sal graag gedagtes
wil uitruil oor hoe ons vennootskappe
kan ontwikkel deur met kommersiële
plase te werk om opbrengs te opti-
maliseer, landbou-ekonomiese risiko’s
te verminder en volhoubaarheid te
verseker.
Soos jy kan sien, is daarmeer as ‘n handvol
goeie redes om die Syngenta uitstalling te
besoek by standplaas 14f en 14g. Ons sien
uit om jou by ons te verwelkom by vanjaar
seNAMPO!
© Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument
is voorbehou. Alle ongemagtigde kopiëring word
verbied.
1: Besoek Syngenta by standplaas 14f en 14g
opNAMPOPark.
2: Oor die afgelope twaalf maande was daar
genoeg verwikkelinge en innovasie inons be-
sigheid om ander maatskappye vir sewe jaar
besig tehou.
3: Het jy geweet dat sonder oesbesker-
mingsmaatreëls, soveel as 42% van gewasse
vooroes en ‘n verdere 10% na-oes verlore sal
gaan?
1
2
3
PLAAGBEHEER
Nampo 2014