Background Image
Previous Page  42 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 76 Next Page
Page Background

Wipplank ry nie so lekker as

dit gaan oor wisselkoers nie

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Graan SA

INSET

-oorsig

p

laaslike produksie-insette wat in die graan- en olie-

sadebedryf gebruik word, word hoofsaaklik ingevoer.

Alle landbouchemikalieë, die meeste landboumasji-

nerie, meer as 80% van ons kunsmisgebruik én ons

brandstofpryse word op invoerpariteit bereken.

Internasionale insetpryse en die wisselkoers het daarom ‘n groot

impak op die vorming van plaaslike insetpryse. Die tydsberekening

ten opsigte van die tyd wat invoere plaasvind en die wisselkoers

wat geld, is derhalwe bepalend. Een ding is seker: Die volatiliteit in

die wisselkoers maak beplanning van aankope ‘n groot uitdaging.

In hierdie artikel word gefokus op internasionale kunsmispryse en

hoe die wisselkoers ‘n impak het op die manier waarop dit in die

plaaslike kunsmismark deursyfer.

Internasionale kunsmispryse in

dollarwaarde

Omdat meer as 80% van Suid-Afrika se kunsmisbehoeftes ingevoer

word, het internasionale pryse en die wisselkoers ‘n groot impak op

plaaslike kunsmispryse. Behalwe vir kaliumchloried, het kunsmis-

grondstowwe internasionaal oor ‘n jaartydperk gestyg (

Tabel 1

).

Die wisselkoers

Die wisselkoers het vanaf Maart 2016 tot Maart 2017 met 15,8%

versterk – ‘n sterker rand beteken ingevoerde goedere kan goed-

koper ingebring word. Die wisselkoers het egter vanaf 24 Maart

vanjaar tot 10 April vanjaar weer met 12,3% na R13,92 verswak, ná

die Kabinetskommeling en kredietafgraderings plaasgevind het.

Grafiek 1

illustreer wat op ‘n daaglikse basis oor ‘n jaartydperk

Mei 2017

40

OP PLAASVLAK

GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (DOLLARWAARDE)

KUNSMIS

MAART 2016

MAART 2017

PERSENTASIE VERANDERING

$/TON

$/TON

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

325

336

+3,4

Ureum (46) (Oos-Europa)

199

233

+17,1

DAP (VSA Golf)

360

373

+3,6

Kaliumchloried (CIS)

239

214

-10,5

Rand/dollar-wisselkoers

15,38

12,95

-15,8

GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (RANDWAARDE)

KUNSMIS

MAART 2016

MAART 2017

PERSENTASIE VERANDERING

R/TON

R/TON

%

Ammoniak (Midde-Ooste)

4 999

4 351

-12,9

Ureum (46) (Oos-Europa)

3 061

3 017

-1,4

DAP (VSA Golf)

5 537

4 830

-12,8

Kaliumchloried (CIS)

3 676

2 771

-24,6

GEMIDDELDE PLAASLIKE KUNSMISPRYSE

KUNSMIS

APRIL 2016

APRIL 2017

PERSENTASIE VERANDERING

R/TON

R/TON

%

KAN (28)

5 533

5 636

+1,9

Ureum (46)

5 992

6 191

+3,3

MAP

9 654

8 875

-8,1

Kaliumchloried

7 417

6 520

-12,1

TABEL 1: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE.

TABEL 2: INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE.

TABEL 3: PLAASLIKE KUNSMISPRYSE.