Background Image
Previous Page  38 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

36

Derhalwe word die nuutste tegnologie ingespan om die middels

korrek toe te dien.

Klein onkruide word met gemak beheer. Om dié rede word gepoog

om die onkruid te beheer terwyl hulle nog jonk is. Die veilige

hantering van dié middels is van kardinale belang in die boerdery.

Finansies

Die finansies van die boerdery is ‘n aspek waaraan die Willemses

baie aandag skenk. Jaarliks word die begrotings opgestel en

gedurende die jaar aangepas sodat ‘n volledige prentjie en stand van

sake intyds beskikbaar is.

Hierdie inligting word ook gebruik om vas te stel teen watter pryse

gewasse verskans moet word. Die bestuur van kontantvloei is

essensieel vir die voortbestaan van die boerdery en daarom het

hulle ‘n finansiële bestuurder wat fokus op rekordhouding en die

bestuur van die fondse.

Bemarking van graan is ook van uiterste belang. Graanpryse word

aktief bestuur en daar word van verskansing gebruik gemaak om

‘n bogemiddelde graanprys te verseker. “Omdat ons weet hoeveel

dit kos om te produseer, kan die besluit oor die vlakke waarteen

verskans moet word met gemak geneem word en kan daar voor-

tydig besluit word wanneer verskans moet word,” het Johan gesê.

Om vooruit te beplan, is vir hierdie broers ononderhandelbaar.

Hulle reik na die sterre en beraam dan beide langtermyn- en

korttermynplanne om by die doelwitte uit te kom. Hulle fokus daarop

om die doelwitte te bereik en maak seker dat dit steeds in die groter

plan inpas.

Die aanwending van die hulpbronne en die toevoeging van waarde

tot hul eie geproduseerde produkte, is vir hulle essensieel. Tyd en

omstandighede het die boerdery gedwing om tot waardetoevoe-

ging toe te tree.

As gevolg van die lae winsgewendheid en lae pryse van melk,

was die eerste stap om ‘n kaasfabriek op te rig. Hierdie fabriek

vereis ‘n volhoubare voorsiening van melk. Die melkery is in staat

daartoe en die produksie van weiding is dus belangrik om konstant

vir die koeie voldoende voer te verseker. Dít moes deel word van

die gewasverbouing, wat weer op sy beurt deel van die wisselbou-

programme moes vorm.

Die kaasfabriek moes bly groei om ekonomie van skaal te bereik

– met die gevolg dat daar tans melk vir verwerking ingekoop word.

Die fabriek het ook sy eie probleme en een daarvan is die kaaswei

wat geproduseer word.

Maniere om hierdie afvalproduk in waarde om te skakel, word tans

ondersoek. Varke is moontlik ‘n goeie roep, maar die varke sal

ander kos bo en behalwe die kaaswei benodig. Dit kan dalk beteken

dat die graanverbouing ook aangepas moet word om aan hierdie

diere se behoeftes te kan voorsien. Verder sal dit beteken dat die

graan op die ou einde as proteïene verkoop kan word.

Arbeiders

Net soos op die meeste plase is die arbeiders ‘n essensiële hulp-

bron in die produksie van graan. Op hierdie plaas word arbeid met

respek hanteer en word alles binne vermoë gedoen om in personeel

te bly investeer.

Opleiding van plaaskinders vorm ‘n beduidende deel van die

boerdery en om dié rede het hulle ‘n skool op die dorp begin. Van

die plaaskinders wat reeds hul skoolloopbaan voltooi het, werk tans

vir Jireh Boerdery.

Die woord Jireh is die Hebreeuse woord vir “voorsien” en die boer-

dery funksioneer hiervolgens. Gegewe al hierdie positiewe punte

besef Johan en Piet dat hulle uit hulself tot niks in staat is nie. Dit

is alles genade en genade alleen. Daar rus ‘n groot verantwoordelik-

heid op hulle om in liefde vir die Here en hul naaste te leef.

Om in liefde te leef beteken daarby dat daar gefokus word op

nalatenskap. Erfopeenvolging is reeds uitgesorteer en die nageslag

sal in staat wees om hierdie boerdery na volgende hoogtes te

kan neem.

Vir meer inligting kontak Johan Willemse by 082 807 2191 of Pietman

Botha by 082 759 2991.

Op hierdie plaas word arbeid met respek

hanteer en word alles binne vermoë gedoen

om in personeel te bly investeer.

Jireh Boerdery: Waar broers saamwerk om doelwitte te bereik

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke