Na-stroopbemarkingstrategieë
van nader bekyk
d
ie vorige bemarkingseisoen (2016/2017) is gekenmerk
deur heelwat onsekerheid in die markte. Die groot
droogte is sekerlik een van die faktore wat steeds die
varsste in die geheue van die oorgrote meerderheid
van produsente is. Dit het ’n verskeidenheid uitdagings
vir die landboubedryf en produsente ingehou en almal
het in groot geloof en met afwagting uitgesien dat die nuwe seisoen
moes aanbreek.
Goeie reën wat oor die meeste gedeeltes van die land geval het,
het groot verligting gebring en die herstel wat ons in die natuur
waargeneem het, is onbeskryflik. Met groot dankbaarheid het die
produsente begin plant. Rekordaanplantings is vir witmielies aan-
geteken; daar word boonop ‘n rekordoes vir die seisoen verwag.
Die goeie produksiesyfers het egter weer sy eie uitdagings na vore
gebring. Die vorige seisoen was een met ‘n groot aantal produksie-
risiko’s; pryse was hoog as gevolg van lae voorrade. In hierdie sei-
soen is die produksierisiko aansienlik minder en die goeie verwagte
produksie plaas pryse skerp onder druk – wat steeds druk op die
winsgewendheid van produsente plaas. Dit is dus vir produsente
belangrik om goeie bemarkingsbesluite te neem en risiko’s in
hierdie seisoen sover moontlik te vermy. Daar is verskeie bemar-
kingsopsies wat produsente vir bemarkingsdoeleindes en ook risiko-
bestuur kan oorweeg.
Alternatiewe strategieë
Produsente wat nie voorseisoenkontrakte in plek het of reeds ver-
skans het nie, sal ander alternatiewe moet oorweeg om nou in
die na-seisoen te bemark. Bemarking speel ‘n integrale rol in die
winsgewendheid van produsente. Dit is daarom belangrik dat pro-
dusente deeglik ingelig sal wees oor die verskillende alternatiewe
beskikbaar by die bemarking van mielies. In die April-uitgawe van
die
SA Graan/Grain
het ek verwys na alternatiewe wat deur produ-
sente toegepas kan word in die na-stroopbemarking van mielies.
Hierdie alternatiewe sluit in om die fisiese mielies te stoor tot en
met die pryse weer ondersteuning vind (gewoonlik nader aan
Desember of Maart). ‘n Groot aantal produsente is deeglik vertroud
met hierdie manier van bemarking en pas dit geredelik toe. Die an-
der alternatiewe wat deur produsente oorweeg kan word, is om die
mielies net ná strooptyd te verkoop en dan van instrumente op die
Safex-mark gebruik te maak vir bemarkingsdoeleindes.
Hierdie instrumente sluit in die gewone koop van termynkontrakte
vir lewering in Desember en/of Maart ná die verkoop van die fisiese
mielies. Die ander alternatief wat oorweeg kan word, is die koop
van
call
-opsies (koopopsies) vir lewering in Desember en/of Maart
nadat die fisiese mielies in die mark verkoop is. Alhoewel al hierdie
strategieë suksesvol aangewend kan word in die na-oesbemarking
van mielies, is dit noodsaaklik dat produsente vertroud sal wees
met die verskillende faktore verbonde aan die gebruik van die
strategieë, asook die moontlike risiko’s wat daarmee gepaard gaan.
Faktore om in ag te neem
Elkeen van die verskillende strategieë sal ‘n ander impak op die
boerdery se finansies hê en die grootse invloed is sekerlik op kon-
tantvloei. Kontantvloei word gesien as een van die belangrikste
aspekte van die finansiële bestuur van ‘n besigheid of ‘n boerdery.
Dit is om verskeie redes noodsaaklik vir produsente, waaronder die
vereffening van hul produksiekredietrekeninge, asook die dek van
maand-tot-maandkostes.
Wanneer verskillende strategieë oorweeg word, moet die impak op
kontantvloei in ag geneem word, asook die risiko’s wat die strate-
gieë beperk of die moontlike risiko’s wat die gebruik van die stra-
tegieë inhou. Die produsent kan die mielies net na strooptyd direk in
die mark verkoop. Dit sal kontantinvloei verseker, waarmee hy dan
produksierekeninge en so meer kan betaal. Die een nadeel van hier-
die strategie is dat die pryse gewoonlik die laagste tydens strooptyd
is, omdat daar onder normale omstandighede in hierdie tyd heelwat
mielies beskikbaar is.
Wanneer die mielies fisies gestoor word met die doel om later te
verkoop wanneer die markprys weer ondersteuning gevind het en
hoër verhandel, moet faktore soos stoorkostes, rente en kontant-
vloei in ag geneem word. Die produsent betaal stoorkostes indien
die mielies in kommersiële silo’s opgeberg word en siende dat
daar nie ‘n kontantinvloei is by die stoor van mielies nie, hoop die
rentekomponent ook op wanneer die afbetaling van produksiekoste
uitgestel word.
Die produsent verloor daarby die moontlike rentekoersinkomste
wat verkry kon word as gevolg van die kontantinvloei. Indien die
markpryse nie genoegsaam toeneem om die kostes te dek nie, be-
sit die produsent dan steeds die kommoditeit, waarvan die waarde
boonop nie vermeerder het nie.
Gegewe die huidige onsekere ekonomiese en politieke omstan-
dighede, is die rentekoerse ‘n belangrike faktor wat deur die pro-
dusent in ag geneem moet word. Rentekoersverhogings kan ‘n
negatiewe impak op die rentekostekomponent hê, wat weer verdere
druk op die produsent se kontantvloei sal plaas.
Die verkoop van die fisiese mielies en die koop van termynkontrakte
vir lewering in Desember en/of Maart kan gesien word as ‘n goeie
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom: Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 10 April 2017
OP PLAASVLAK
Mei 2017
38