Background Image
Previous Page  47 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 47 / 76 Next Page
Page Background

45

May 2017

Mielies wat in die daaropvolgende jaar geplant word, ontwikkel dan

baie gouer waterstremming op die peulgewas- en sonneblomlande

as wat die geval is by die monokultuurmielielande. Die water-

stremming se invloed kan dan die mielie-opbrengs beïnvloed en die

teenoorgestelde van wat verwag is gebeur, naamlik dat die mielies

ná die peulgewas of sonneblom swakker vaar as die mielies in

monokultuur.

In proewe wat gedurende die 1990’s in die Ottosdal-omgewing

onder konvensionele grondbewerking gedoen is, is die opbrengs

van mielies wat deur ‘n peulgewas voorafgegaan is in 19% van die

gevalle onderdruk, in 33% nie beïnvloed nie en in 48% van gevalle

verhoog.

Na sonneblom is die opbrengs van mielies in 56% van gevalle

onderdruk en in 44% van gevalle nie beïnvloed nie of verhoog.

Sonneblom is gevolglik in die omgewing nie die ideale wisselbou-

gewas vir mielies onder konvensionele bewerking nie.

Onder bewaringslandboustelsels verander die grond se fisiese,

chemiese en mikrobiologiese eienskappe en dit het ook ‘n groot

invloed op die beskikbaarheid van water in die grond en baie

waarskynlik ook die waterverbruikstempo van gewasse. Of mielies

in bewaringslandboustelsels dieselfde op wisselbou gaan reageer

as mielies onder konvensionele bewerking, is tans onbekend en

daarom het die Ottosdal-geenbewerkingsklub besluit dat dit ‘n saak

is wat ondersoek moet word.

Sedert 2013/2014 word ‘n wisselbouproef onder geenbewerking

deur die Ottosdal-geenbewerkingsklub uitgevoer (‘n projek wat

deur Graan SA gekoördineer en die Mielietrust befonds word). Ses

gewasse, naamlik akkerbone, mielies, graansorghum, sojabone,

sonneblom en voersorghum is in stroke langs mekaar geplant. In

die daaropvolgende jaar word die gewasstroke loodreg oor dié van

die vorige jaar geplant. Weens die verandering van die ryrigting

bestaan ‘n bepaalde gewasstrook nou uit ses persele, waar die

ander vyf gewasse plus die gewas self, die vorige jaar verbou is. Die

opbrengste van die persele word dan vergelyk om die omvang van

die wisselbou-effek te bepaal.

Die proef het drie herhalings, wat elk op ‘n ander plaas uitgevoer

word. Weens die ongekende droogte van 2015/2016 het die proef op

twee plase misluk en is min resultate tans beskikbaar. Van die eerste

resultate is egter verrassend.

Mielies na voersorghum se opbrengs was reeds in die eerste seisoen

betekenisvol hoër as mielies na akkerbone, mielies, sojabone of

sonneblom. Die verwagting was dat mielies na die peulgewasse die

beste moes presteer.

Geen oesreste is verwyder nie en die digte grondbedekking wat

die voersorghum gelaat het, kon moontlik die oorsaak vir die hoër

opbrengs wees.

Gedurende 2015/2016 is die bordjies in een proef verhang en het

mielies na sonneblom die hoogste opbrengs gelewer, wat ook ‘n

verrassing is. Dit kan wees dat die bekende wisselbou-effekte op

gewasse in bewaringslandbou heeltemal anders daar sal uitsien as

onder konvensionele bewerking.

Die tyd sal egter leer watter rotasies die beste resultate sal lewer.

Monokultuurmielies (links) wat laat in die seisoen vergeel teenoor mielies ná ‘n peulgewas (regs)

wat groen bly. Die verskil word verkeerdelik aan die stikstofbinding van die peulgewas toegeskryf,

wat dan addisionele stikstof aan die mielies sou voorsien. Dit is waarskynlik eerder ‘n simptoom

van gesonde grond wat dan ‘n gesonder en doeltreffender wortelstelsel huisves, wat in staat is

om laat in die groeiseisoen steeds stikstof uit die grond op te neem.

Dit kan wees dat die

bekende wisselbou-effekte

op gewasse in bewarings-

landbou heeltemal anders

daar sal uitsien as onder

konvensionele bewerking.