

41
met die wisselkoers gebeur het. Gedurende hierdie tydperk was die rand op sy swakste op
R15,91 teenoor die dollar en op sy sterkste op R12,40 – dit verteenwoordig ‘n versterking van
22,1% in die waarde van die rand.
Internasionale kunsmispryse in randwaarde
Tabel 2
toon internasionale kunsmispryse in randwaarde. Uit die tabel is dit duidelik dat die
versterking in die wisselkoers ‘n beduidende rol kan speel in hoe internasionale pryse in die
plaaslike mark kan deursyfer. Internasionale kunsmispryse het in randwaarde jaar-op-jaar
tussen 1,4% en 24,6% gedaal – hoofsaaklik as gevolg van die versterking in die waarde van
die rand.
Plaaslike kunsmispryse
Tabel 3
illustreer gemiddelde plaaslike kunsmispryse (pryslyspryse). Uit die tabel is dit duide-
lik dat plaaslike pryse nie naastenby tot dieselfde mate as internasionale pryse in randwaarde
gedaal het nie.
Kan dit moontlik aan die wisselvalligheid van die wisselkoers toegeskryf word? Alhoewel die
wisselkoers op ‘n gemiddelde basis sterker as ‘n jaar gelede is, maak die volatiliteit van die
rand op ‘n daaglikse basis besluitneming ‘n groot uitdaging. Dit kan heel waarskynlik ver-
duidelik waarom plaaslike pryse nie tot dieselfde mate as internasionale pryse in randterme
gedaal het nie.
As gevolg van die groot hoeveelhede kunsmis wat ingevoer word, moet produsente steeds
internasionale kunsmispryse in randwaarde gebruik om met kunsmismaatskappye te onder-
handel. Dit is nie die pryse wat belangrik is nie, maar die persentasie verandering.
Internasionale pryse is gebaseer op pryse in internasionale hawens en plaaslike pryse is ge-
baseer op gemiddelde pryslyspryse.
Grafiek 1: Rand/dollar-wisselkoers.
Plant “TWIN-ROW” en gee
meer spasie vir elke pit
7:,1 52:
Kantore Kaapstad 021 865-2048
www.monotec.co.zaNo. 1 Presisie Planter
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Karen van Zyl 2014