Background Image
Previous Page  36 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 76 Next Page
Page Background

Mei 2017

34

Jireh Boerdery: Waar broers saamwerk

om doelwitte te bereik

M

nre Johan en Piet Willemse is ‘n tweeling wat saam die

Jireh Boerdery in die Riversdal-omgewing bedryf. Die

Willemses se graanverbouing sluit die verbouing van

koring, gars, kanola en hawer in, wat op ongeveer 65%

van die boerdery se lande geplant word.

Hulle bedryf ook ‘n groot veekomponent, wat uit ‘n Jersey-melkery

en ‘n Dohne Merino-skaapboerdery bestaan. Ten einde voer vir

hierdie vee te voorsien, word hawerkuilvoer, wieke, medics, lusern

en hawerweiding verbou. Hierdie weidings word ook ingespan om

die winsgewendheid van die akkerbougewasse te verhoog en vorm

deel van die plaas se wisselbouprogram.

Johan is hoofsaaklik verantwoordelik vir die saaiboerdery en

die finansies, terwyl Piet na die veekomponent en hulpbronne

omsien. Hierdie twee broers het gou tot die slotsom gekom dat

waardetoevoeging ‘n manier is om die winsgewendheid van die

besigheid te verhoog.

Weens hul ondersoekende ingesteldheid, het hulle ook besef dat

spesialisasie die winste kan verhoog. Voorts het hulle besluit om

bestuurders wat elk in sy eie rigting kan spesialiseer aan te stel,

om sodoende die besigheid se winsgewendheid te verhoog. Die

besigheid word nie net deur Johan en Piet bestuur nie, maar deur

die hele span wat daar werk.

Akkerbou is in Johan se bloed. Hy het vroeg in sy loopbaan vir

homself uitgemaak dat die optimale volhoubare benutting van

hulpbronne die begin van winsgewendheid in die saaibedryf is. Dit

begin by respek vir grond, arbeid, fondse en alles wat saamwerk in

die produksie en bemarking van produkte.

Dit sluit ook in respek vir jou menswees, jou geloof, jou passie en jou

familie en vriende.

Grond as hulpbron

Grond is ‘n graanprodusent se belangrikste hulpbron. Hierdie hulp-

bron moet só bestuur word dat die reën wat val deur die grond

opgeneem en geberg kan word en dat die afloop en wegloop

geminimaliseer word.

Verder moet die bodem beskerm word en die mikrolewe in die

grond toegelaat word om optimaal te funksioneer sodat die ideale

omstandighede vir plante om te groei en te produseer, geskep word

– presies wat in hierdie boerdery gebeur.

Presisieboerdery word by Jireh Boerdery ingespan om produksie

te optimaliseer. Dit begin by die potensiaal van die grond. Die

gronddiepte, klei-inhoud en humuspersentasie speel ‘n kardinale

rol in die waterhouvermoë van die grond, wat uiteindelik die

opbrengspotensiaal van die grond bepaal.

Grondontledings en die opbrengspotensiaal van die land, wat

ook die historiese landopbrengste insluit, vorm die basis van ge-

wasbemesting en in ‘n rotasie van vier jaar word hierdie boerdery

se lande chemies ontleed en regstellings gemaak.

Sodra lande wat met lusern beplant was, weer vir gewasverbouing

aangewend word, word hierdie lande op ‘n hektaarbasis chemies

ontleed en word die regstellings daarvolgens gemaak.

Bemesting

Die elektriese geleiding van die gronde word ook ingespan om

vas te stel wat die katioonuitruiling van die grond is – wat ook in

die bemestingaanbevelings gebruik word. Bemesting word volgens

die aanbevelings met presisietoerusting toegedien en bestuur. Aan-

bevelings word gemeet teen satellietbeelde en stroperkaarte.

Bemesting is net ‘n deel van graanproduksie: Bewerking, wissel-

bou en grondbedekking is ook van kardinale belang. Alle bronne

word daarom ingespan om die beste verbouingstelsels te bepaal en

te implementeer.

Bewaringsbewerking

Op hierdie plaas word bewaringsbewerking toegepas. Dit be-

teken dat die grond so min as moontlik versteur word en dat die

grond ten alle tye bedek moet wees. Tog sal die grond bewerk word

as dit nodig is en is dit essensieel dat die redes waarom bewerk

moet word, bekend moet wees.

Verdigting en vastrap van die boonste grondlae regverdig die be-

werking van die lande. Die lande sal na vyf jaar se lusernproduksie

bewerk word voordat dit weer deel van gewasverbouing word.

Grondbedekking is ook een van dié aspekte waarop heelwat klem

geplaas word. Die gewasse se oesreste word só bestuur dat

die grond nooit kaal is nie. Die bedekking ondersteun met beter

waterindringing en wind- en watererosie word ook daarmee beperk.

Die eweredige verspreiding van die oesreste maak dat masjiene met

gemak deur hierdie materiaal kan werk. Op die oomblik word die

gebruik van skyfplanters ondersoek en die voorlopige resultate lyk

uiters belowend.

Gewasrotasie is dié been waarop volhoubare gewasverbouing rus.

Selfs in die natuur is daar ‘n variasie in die plante wat op ‘n plek

groei. Omdat hierdie boerdery ook vir vee voedsel moet produseer,

word ongeveer 65% van die lande vir gewasproduksie en die res vir

weiding aangewend.

Koring en hawer word hier met kanola, gars en medics afgewissel.

Daar word gepoog om ‘n grasgewas met ‘n breëblaargewas en

peulgewasse af te wissel en sodoende die grond optimaal te benut.

Lusern word gebruik om deel te vorm van ‘n langtermynrotasiestel-

sel. Lusern produseer vir vyf jaar voer en word dan bewerk sodat

hierdie lande weer graan kan produseer. Die wisselbou-effek van

lusern werk uitstekend vir graanverbouing.

Onkruidbeheer

Die onkruiddoders wat gebruik word, is só gekies dat dit binne die

wisselboustelsel toegepas kan word. Die tydige toediening van

onkruiddoders is krities.

OP PLAASVLAK

Graanprodusent van die Jaar finaliste

Bestuurspraktyke

– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar finaliste

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker