Background Image
Previous Page  33 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 33 / 76 Next Page
Page Background

31

May 2017

FOKUS

Wapens en jag

Mini-

Predasie op kleinwildspesies

Die voorkoms van predasie is hoër as die wildprodusent jagluiperds

en rooijakkalse as prioriteitsroofdiere beskou. Die voorkoms van

predasie verhoog ook as wildprodusente nie permanent op die

wildplaas woon nie.

Vanghokke is die enigste nie-dodelike metode wat ‘n noemens-

waardige effek het. ‘n Moontlike rede hiervoor is dat roofdiere in

vanghokke ander roofdiere lok.

Soos by die voorkoms van predasie, beïnvloed vanghokke die

vlak van predasie positief. Ander nie-dodelike metodes wat ‘n

noemenswaardige invloed het, is ligte en/of radio’s en kameras.

Deur hierdie metodes te gebruik, kan die vlak van predasie daal.

Geen dodelike metodes het ‘n betekenisvolle invloed op die vlak

van predasie gehad nie.

Skaars/kleurvariant-wildspesies

Wildprodusente tussen die ouderdom van 56 en 65 ervaar ‘n hoër

voorkoms van predasie. As die wildprodusent wildehonde as priori-

teitsroofdiere beskou, styg die voorkoms van predasie, terwyl

rooijakkalse as prioriteitsroofdier ‘n laer voorkoms van predasie tot

gevolg het.

‘n Rede hiervoor kan wees dat wildehonde bekend is daarvoor dat

hul rooijakkalse doodmaak, met die gevolg dat ‘n verhoogde

voorkoms van wildehonde met ‘n laer voorkoms van rooijakkalse

korreleer. As rooijakkalse in vanghokke gevang word, sal dit lei tot

‘n styging in die voorkoms van predasie, omrede rooijakkalse ander

roofdiere sal lok.

As die wildprodusent self predasie beheer, sal die voorkoms daar-

van daal, maar die vlak van predasie sal styg as rooikatte deur

die eienaar gejag word. ‘n Moontlike rede hiervoor kan wees dat

rooikatte met vanghokke gevang moet word eerder as om geskiet

te word.

Ten slotte

Hierdie studie gee die wildprodusent die geleentheid om sy/haar

eie verliese te bereken en ook om predasie volgens die spesies

waarmee op die wildplaas geboer word, te bestuur.

PERSENTASIE WILDPRODU-

SENTE WAT SPESIE BESIT

GEMIDDELDE HOEVEELHEID WILD

PER PRODUSENT VERLOOR

GEMIDDELDE HOEVEEL-

HEID WILD/HA VERLOOR

LIMPOPO

Grootwildspesie

Njala

56

9

0,004

Rooihartebees

16

6

0,003

Kleinwildspesie

Rooibok

83

49

0,022

Blesbok

31

18

0,009

Skaars/kleurvariant-wildspesie

Swart rooibok

14

2

0,001

NOORDWES PROVINSIE

Grootwildspesie

Njala

49

6

0,005

Rooihartebees

10

7

0,005

Kleinwildspesie

Rooibok

70

18

0,007

Blesbok

49

12

0,004

Skaars/kleurvariant-wildspesie

Swart rooibok

15

1

0,001

VRYSTAAT

Grootwildspesie

Njala

42

7

0,004

Rooihartebees

11

2

0,001

Kleinwildspesie

Rooibok

52

18

0,010

Blesbok

53

12

0,006

Skaars/kleurvariant-wildspesie

Swart rooibok

14

6

0,003

TABEL 1: GEMIDDELDE PREDASIEVERLIESE IN DIE DRIE PROVINSIES VAN BELANG.

Impak van predasie in die wildbedryf