Background Image
Previous Page  46 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 46 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

44

d

it is veral wintergraanprodusente wat hierdie tyd van

die jaar kunsmisaankope doen. Kunsmis as produksie-

inset maak ongeveer 25% van ‘n koringprodusent se

lopende produksiekosterekening uit. Dit is daarom

belangrik dat produsente kompeterende pryse vir

kunsmis moet betaal. Omdat Suid-Afrika so afhanklik

is van kunsmisinvoere, is die verwagting dat plaaslike pryse,

internasionale pryse sal navolg. Die vergelyking tussen plaaslike

en internasionale pryse kan dus help om die kompeterendheid van

die plaaslike kunsmismark te bepaal.

Tabel 1

en

Tabel 2

dui aan wat met internasionale kunsmispryse in

dollar- en in randterme oor ‘n jaartydperk gebeur het. Die waarde

van die rand het met 15% vanaf ‘n jaar gelede teenoor die dollar

verswak. Tabel 2 toon aan die groot impak wat ‘n verswakking in

die wisselkoers op plaaslike kunsmispryse kan hê. Waar ureum

byvoorbeeld op internasionale markte skerp gedaal het, bring

die verswakking in die wisselkoers mee dat in randterme dié prys

in wese gestyg het.

Tabel 3

toon aan wat oor ‘n jaartydperk met

plaaslike kunsmispryse (gemiddelde pryslyspryse) gebeur het. In

dié tabel kan gesien word hoe plaaslike pryse op internasionale

prystendense (Tabel 2) en die wisselkoers gereageer het. Oor ‘n

jaartydperk het plaaslike stikstofpryse (KAN en ureum) marginaal

gedaal, terwyl internasionale stikstofpryse (ammoniak en ureum)

in randterme gestyg het. Wanneer die tendens van plaaslike MAP-

pryse met internasionale DAP-pryse vergelyk word, kan gesien

word dat plaaslike pryse groter stygings as internasionale pryse

getoon het, terwyl kaliumchloriedpryse in die plaaslike mark

weer minder as internasionale pryse gestyg het.

Grafiek 1

tot

Grafiek 4

toon ook grafies aan hoe plaaslike prystendense inter-

nasionale prystendense navolg.

Produsentepryse

Soos genoem, is die bostaande plaaslike tendense gebaseer op

gemiddelde pryslyspryse. Daar is by ‘n paar koringprodusente in

die Kaap gaan aanklop om uit te vind of die bostaande tendense

strook met dit wat hulle fisies vir kunsmis op die plaas betaal

het in vergelyking met verlede jaar. Stikstofbronne (N) het op ‘n

gemiddelde basis met 6,9% gedaal sedert verlede jaar – wat redelik

goed vergelyk met die afname wat in pryslyspryse waargeneem is.

Fosfaatbronne (P) het op ‘n gemiddelde basis met 10,3% gestyg

teenoor verlede jaar op plaasvlak – dit vergelyk ook goed met

die tendens op pryslyspryse waargeneem. Kaliumchloriedpryse (K)

het op ‘n gemiddelde basis met 8% teenoor verlede jaar gestyg,

wat baie goed vergelyk met die 8,1%-styging wat in gemiddelde

pryslyspryse waargeneem is.

Hoe vergelyk plaaslike en internasionale

kunsmisprystendense?

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

KUNSMIS

MAART 2014

DOLLAR/TON

MAART 2015

DOLLAR/TON

% VERANDERING

Ammoniak (Midde-Ooste)

471

455

-3,40%

Ureum (46) (Oos-Europa)

342

302

-11,70%

DAP (VSA Golf)

489

439

-10,20%

Kaliumchloried (CIS)

297

306

3,00%

R/$-wisselkoers

10,532

12,109

15,00%

KUNSMIS

MAART 2014

RAND/TON

MAART 2015

RAND/TON

% VERANDERING

Ammoniak (Midde-Ooste)

4 957

5 510

+11,2%

Ureum (46) (Oos-Europa)

3 601

3 653

+1,4%

DAP (VSA Golf)

5 147

5 318

+3,3%

Kaliumchloried (CIS)

3 124

3 703

+18,5%

KUNSMIS

APRIL 2014

RAND/TON

APRIL 2015

RAND/TON

% VERANDERING

KAN (28)

5 590

5 500

-1,6%

Ureum (46)

6 632

6 326

-4,6%

MAP

8 014

9 168

+14,4%

Kaliumchloried

6 728

7 273

+8,1%

TABEL 1: GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (DOLLARWAARDE).

TABEL 2: GEMIDDELDE INTERNASIONALE KUNSMISPRYSE (RANDWAARDE).

TABEL 3: GEMIDDELDE PLAASLIKE KUNSMISPRYSE.