Background Image
Previous Page  40 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 40 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

38

Deur waardetoe-

voeging te gebruik,

land ‘n groot gedeelte

van die verbruikersrand

in hulle sak...

Onkruidbeheer

Dit is ook belangrik om aksies se totale koste te bereken voor be-

sluite geneem word. Só word onkruid chemies beheer as die

plantjies nog baie klein is. ‘n Lae dosis onkruiddoder is dan nodig

en sodoende word koste bespaar. Indien weer bespuit moet word,

doen hulle dit. Winteronkruid word ook so spoedig moontlik be-

heer. Jong, klein winteronkruid word maklik beheer en sodoende

word baie vog bewaar.

“Dit help nie jy weet wat om te doen, maar die spuitslaankrag is

nie daar nie,” verduidelik Richard. Daarom is dit vir hom belangrik

om oor die nodige slaankrag te beskik om die doelwit van vogbe-

stuur uit te voer.

Toerusting

Kapitaal belê in ysters is ‘n groot gedeelte van die boerdery se

totale kapitaalbehoefte. Richard het die besluit geneem om hier-

die belegging ook te meet en baie fyn te bestuur. Die besluit is

geneem om die effektiwiteit van die kapitaal belê in toerusting te

meet en te optimeer.

Masjiene word nou vir meer as een taak aangewend en só kon ‘n

groot besparing in ysters bewerkstellig word. Hoër effektiwiteit

van die trekkers en implemente is ook verkry deur van GPS-

tegnologie gebruik te maak en hierdie toerusting word ook ingespan

om presisieboerdery toe te pas.

“Hierdie toerusting bring ook vir jou as bestuurder meer verant-

woordelikheid. Dit is jou taak om te sorg dat die tegnologie die

nodige inligting insamel om die metings te kan doen. Verder moet

die groter implemente en masjiene baie goed in stand gehou word.

‘n Breek in ‘n kritieke tyd kan jou baie geld kos,” verduidelik hy.

Belangrikste bate

Geen boerdery werk net met toerusting nie: Daar is altyd mense

ook nodig. Die Hobsons glo dat hierdie bate van die boerdery

die belangrikste bate is. Om as ‘n span saam te werk, is ononder-

handelbaar en hulle glo vas dat die nodige erkenning vir hierdie

span gegee moet word.

Soos ons almal weet, staan daar agter elke suksesvolle man, ‘n baie

goeie vrou. Paula, Richard se vrou, het die administrasie van die

boerdery onder haar sorg en sy voer dit besonder goed uit.

“Baie van die besluite wat ons moet neem, kom vanuit die data

wat Paula byhou,” sê Richard. “Ons ontleed die data, probeer sin

maak daaruit en neem dan besluite daarvan af. Só het ons norme

daargestel om te bepaal watter grond potensieel nog winsgewend

en volhoubaar kan graan produseer.

“Begrotings word jaarliks opgestel en berus op die hoeveelheid

vog in die grond en op die vorige jaar se opbrengste. Hierdie boer-

dery poog ook om krisisbestuur tot die minimum te beperk. Planne

word voor die tyd vir alle gebeurlikhede gemaak en soos tyd vor-

der, word die planne aangepas en geïmplementeer.”

Graanbemarking

Graanprysverskansing is baie belangrik vir hierdie besigheid, daar-

om word dit aktief toegepas en in stand gehou.

“Sonder graan kan die meule nie funksioneer nie en sonder ‘n koper

kan die boerdery ook nie werk nie. Dit beteken ons is afhanklik van

mekaar,” aldus Richard.

Hy besef ook die belangrikheid wat kundige buitepersone in hulle

boerdery speel.

“Elke produsent moet homself met kundigheid omring, maar tog

pa staan vir die eindbesluit. Nie net kundige mense nie, maar ook

‘n goeie ondersteuningsbasis is noodsaaklik vir elke produsent.

Verhoudinge is waaroor dit gaan en waaroor dit in die toekoms ook

sal gaan.”

Hulle poog daarom om altyd goeie verhoudinge met alle mense te

handhaaf. “Per slot van rekening koop hulle ons produkte en ons

koop hulle s’n.

“Om te vra is die beste manier om jou eie kennis uit te brei. Deur

van hierdie kundiges te leer en toe te laat dat hulle van jou leer, is

tot voordeel van almal.”

Persoonlike, gefokusde doelwitte is ook ‘n vereiste tot sukses.

Langtermyndoelwitte moet in plek wees en moet nagejaag word.

“Die belangrikste is egter dat jy jou werk moet geniet. Hierdie

besigheid het vaste doelwitte, maar een daarvan is om weer vir die

gemeenskap terug te gee. Dit is so maklik om selfsugtig te raak en

dan kom ons almal tweede,” sluit Richard af.

As daar verdere vrae is, kan Richard Hobson gedurende die

dag gekontak word by 082 944 6151 of skakel Pietman Botha by

082 759 2991.

OP PLAASVLAK

Bestuurspraktyke

6a

6b

6a en 6b: Van die produkte wat die besigheid bemark.

Om waarde toe te voeg, is tot ons voordeel