Background Image
Previous Page  38 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 38 / 92 Next Page
Page Background

Mei 2015

36

Om waarde toe te voeg,

is tot ons voordeel

M

nr Richard Hobson is die bestuurder van die Nonen

Ranch Boerdery wat deel vorm van die Botselo-groep.

Die Botselo-groep is ‘n familiebesigheid wat al geslagte

lank besigheid doen.

Hobson is verseker ‘n waardige draer van die Graan SA/Syngenta

Graanprodusent van die jaar 2014-titel. Hierdie boerdery word

bedryf in die Setlagole-omgewing waar daar hoofsaaklik met

mielies, vee en wild geboer word. Die gewasse word hoofsaaklik

op watertafellande verbou en ‘n oorlêstelsel word ook geïmplemen-

teer om risiko’s te verskans.

Aan die hoof van die Botselo-groep is mnr Carey Hobson en hy

word ondersteun deur sy broer, Adrian, asook Carey se twee seuns,

Richard en Garth. Hierdie viermanskap werk saam om die belange

van die groep tot die maksimum uit te brei. Hulle werk as ‘n span

en vergader gereeld om te beplan, ontledings te doen, resultate te

meet en strategie te bepaal en die belangrikste: Om te sorg dat dit

geïmplementeer word. Vier koppe kan altyd beter dink as een en

dít lei daartoe dat beter besluite geneem word.

Waardetoevoeging

‘n Oogmerk van hierdie groep is om soveel as moontlik van die

verbruikersrand na hulle besigheid te kanaliseer. Deur waardetoe-

voeging te gebruik, land ‘n groot gedeelte van die verbruikersrand

in hulle sak en dit maak dit moontlik om soveel meer te kan doen.

Om egter te dink dit val net in jou sak, is verseker ‘n fout. Baie harde

werk, implementering van strategieë, goeie bemarking en die kon-

stante lewering van goeie produkte is ‘n voorvereiste.

Waardetoevoeging is begin deur eie produkte op die plaas te begin

maal wat oor tyd gegroei het tot vandag se meule wat ongeveer

250 000 ton graan per jaar verwerk. Later is ‘n voerkraal ook tot

stand gebring om die meule se afvalprodukte in wins om te sit.

Om die meule se finale produkte te vervoer, is ‘n vervoerbesigheid

begin wat sommer ook vervoerwerk vir die omgewing kan doen.

Die saaiboerdery gebruik die afvalstowwe van die voerkraal en

sodoende skakel die vertakkings lekker by mekaar in en die meeste

afvalstowwe word gebruik om wins te maak.

Agtergrond

Hierdie groot boerdery en besigheid het verseker nie uit die lug

geval nie.

“Ons voorgeslagte het die visie gehad om die familie saam te

voeg en te laat saamwerk. In die laaste paar jaar het die besigheid

egter drasties uitgebrei. Die jong Hobsons moes hulself rat om die

besigheid vorentoe te neem en daarom is die werk tussen die broers

verdeel,” vertel Richard.

Richard is verantwoordelik vir die boerdery, terwyl sy broer, Garth,

vir die ander vertakkings verantwoordelikheid neem. Adrian is

verantwoordelik om die meule se produkte te bemark.

Hier was die besigheid uiters wys. Baie geld is belê om ‘n handels-

merk te vestig. Die konstante lewering van kwaliteit produkte is

wat die verbruiker wil hê en daarom is dit belangrik dat alles

moontlik in die produksieketting gedoen word om juis dít te

bewerkstellig. “‘n Verbruiker het net een keer ‘n slegte ervaring

van ‘n produk en hy sal nooit weer die produk koop nie,” beklem-

toon Richard.

Saaiboerdery

Onder Richard se leiding, is die saaiboerdery drasties uitgebrei. Dit

het die aankoop van grond ingesluit en hier het die besigheid weer

eens baie wys opgetree. Richard het vinnig besef om te kan bly

boer, moet die beperkte hulpbronne geoptimeer word. Vog is

in hierdie wêreld altyd ‘n groot beperking en daarom moes hy

maniere vind om dit te optimeer.

Richard sê hy onthou uit sy kinderdae, op pad see toe, dat die

mielies in die Wesselsbron- en Bultfontein-area altyd mooi van die

pad af gelyk het. Daarom het hy gaan ondersoek instel hoekom dit

die geval is en gou het hy besef dat dit die grond is.

Hy het toe sulke hulpbronne in hul omgewing gaan soek en dit

bekom om op te boer. Winsmaksimering is ook verder uitgebrei

deur hulpbronne volgens hul potensiaal te begin bestuur en te sorg

dat hulle optimaal produseer. Ten einde hierdie doelwit te bereik, is

alle gronde eers fisies en toe chemies gekarteer, chemies reggestel

en tans word presisieboerderytegnieke toegepas om die opbreng-

ste te optimeer. Deur hierdie beginsels toe te pas, word die grond

volgens die grondpotensiaal bestuur.

Hy het ook besef dat dit nie net die hulpbronne is wat die opbrengs

bepaal nie, maar eerder die hoeveelheid vog tot die plant se be-

skikking. Vog is altyd ‘n beperkende faktor en daarom poog Richard

om hierdie skaars hulpbron te optimeer.

Sonder om prestasie te meet, kan vordering nie bepaal word

nie en daarom span die boerdery ook die nuutste tegnologie in

om opbrengste te meet. Daar is ook sekere doelwitte opgestel

wat gemeet moet word. Een hiervan is die kilogram graan per

millimeter reën geproduseer.

“Ons poog om hierdie syfer konstant uit te brei en neem ook aktief

stappe om dit te verbeter en te meet. Tans word daar gekyk na

nouer rye, hoër plantesand, en bewaringstegnieke om die voginfil-

trasie te verhoog en die vogverlies te beperk,” sê Richard.

Oesrestebestuur en oesrestebewaring is van die kritieke aspekte

wat bestuur word. Beeste word wel toegelaat om die oesreste lig te

bewei, maar as dit kan, word die beeste nie in die lande toegelaat nie.

OP PLAASVLAK

Familiebesigheid / Waardetoevoeging / Saaiboerdery

Bestuurspraktyke

Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar-wenner

– Richard Hobson

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker