

FOKUS
Saad
Spesiale
Saadgedraagde aalwurms
onder die vergrootglas
P
lantparasitiese aalwurms is mikroskopiese klein diertjies
wat die wortels en ander ondergrondse gedeeltes – en in
uitsonderlike gevalle die bogrondse gedeeltes – van ‘n gas-
heerplant sal aanval. Natuurlik beteken dit dat saad wat
ondergronds ontwikkel, soos byvoorbeeld aartappels en grond-
bone, ook aangeval word.
Gelukkig is daar net sekere gewasse wat hul daartoe leen om hier-
die onwelkome passasiers rond te dra. Behalwe vir sekere grasge-
wasse word die ander gewasse wat hul saad bo die grond vorm,
gevrywaar van hierdie saadgedraagde aalwurms.
Wees egter versigtig vir die volgende gewasse wat wel hierdie
aalwurms van die een land na ‘n ander kan oordra:
Grondbone
Grondbone is een van die gewasse wat die rooi ligte laat flikker in
terme van aalwurmverspreiding. Omdat die saad onder die grond
gevorm word, stel dit aalwurms wat deur die dop tot in die saad
kan beweeg, in staat om hulself net daar tuis te maak. Tot dusver
is alreeds drie verskillende aalwurmgroepe geïdentifiseer wat in
Suid-Afrika deur grondboonsaad oorgedra kan word, waarvan die
peulaalwurm seker die grootste probleem is.
Grondboonpeulaalwurm
(Ditylenchus
africanus)
Navorsing op die grondboonpeulaalwurm is deur dr Sonia Steen-
kamp van die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) gedoen,
asook deur wyle prof Alex McDonald en dr Cheryl Venter wat
voorheen by dieselfde instituut gewerk het.
Grondboonpeulaalwurm het menige produsent al baie skade berok-
ken. Peulaalwurms kom letterlik oral in die grondboonproduksiege-
bied voor en kan, waar daar ook al grondbone geplant word, sy
verskyning maak.
Hierdie aalwurm dring die grondboon by die aanhegtingspunt tus-
sen die peul en die anker binne (
Foto 1
), waarna dit met die vaatweef-
sel in die dop afbeweeg tot in die saad (
Foto 2
). Skade wat deur
hierdie aalwurm aangerig word, is baie groot. Indien die aalwurm die
peul by die aanhegtingspunt indring, verswak die aanhegtingspunt.
49
March 2017
SONIA STEENKAMP,
LNR-Instituut vir Graangewasse,
SURIA BEKKER,
Eco-Nemaria
en
DRIEKIE FOURIE,
Noordwes-Universiteit
1: Skade wat by die aanhegtingspunt van die peul en
anker deur peulaalwurm aangerig is.
2: Die wit “rafeltjies” in hierdie grondboonsaad is peulaal-
wurm wat vanaf die vaatweefsel in die dop tot in die saad
inbeweeg het en nou tussen die lobbe lê.
3: Peulaalwurm-besmette saad verdonker (regs) en lyk
bruiner as onbesmette saad (links).
4: Een van die tekens van peulaalwurm-besmetting is dat
die saad voortydig uitloop.
5: Skadesimptome van
Robustodorus
, die aalwurm wat
pas op grondbone geïdentifiseer is (regs) teenoor onbe-
smette saad (links).
1
4
5
2
3