

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2017
50
Sodra die produsent dan sy bone lig, breek die peule af en bly in
die grond agter. In erg besmette lande kan ‘n produsent 40% tot
60% van sy oes op só ‘n manier verloor.
Die effek wat peulaalwurm egter op grondbone het, is hoofsaaklik
kwalitatief. Hoe meer peulaalwurms in die testa van die saad
voorkom, hoe laer is die gradering van die grondboonbesending.
Hierdie aalwurm veroorsaak dikwels dat grondbone tot persgraad
afgegradeer word, omdat die saad verdonker (
Foto 3
) en selfs uit-
loop (
Foto 4
).
Ekonomiese verliese van hierdie aalwurm verskil dus van jaar tot
jaar, afhangende van elke graderingsklas se prys. Die verskil tussen
die prys van keurgraad- en persgraadgrondbone gee ‘n aanduiding
van die ekonomiese verlies wat peulaalwurm in ‘n gegewe jaar
kan aanrig.
Testa-aalwurm
(Aphelenchoides arachidis)
Die testa-aalwurm is eintlik ‘n aalwurmspesie wat inheems aan
Nigerië is. Die teenwoordigheid van testa-aalwurm is egter al vier
keer buite Nigerië gerapporteer, wat daarop wys dat dit dalk wyer
verspreid is as wat vermoed word of dat dit besig is om verder te
versprei.
Inderdaad is testa-aalwurm ook hier by ons op eie bodem in
2002 deur wyle mnr Moses Lesufi, wat by die destydse Nasionale
Departement van Landbou werksaam was, geïdentifiseer in
samewerking met dr Antoinette Swart, ‘n taksonoom van LNR-
Instituut vir Plantbeskerming in Pretoria.
Dr Swart het in 2005 saad vanaf die Vaalharts-besproeiingskema
verkry en weer testa-aalwurms daarin opgespoor saam met hoë
peulaalwurminfestasies. Testa-aalwurm beïnvloed die voorkoms en
grootte van grondboonsaad.
Saad wat geïnfekteer is, is kleiner as skoon saad en het ook ‘n
verrimpelde testa en donkerder voorkoms. Testa-aalwurms maak
ook die pad vir swamme wat die saad dan verder aanval, oop. Hier-
die swamme kan onder andere veroorsaak dat sade moeilik ontkiem.
Robustodorus
In 2016 het die nematoloë by Noordwes-Universiteit ‘n derde
aalwurmgroep,
Robustodorus
, wat deur grondboonsaad oorgedra
kan word, geïdentifiseer – ook uit saad van die Vaalharts-
besproeiingskema.
Me Loureine Muller (LNR-IGG) het opgemerk dat grondbone op ‘n
sekere land in hierdie skema nie optimaal gegroei het tydens die
2015/2016-groeiseisoen nie. Met oes was die meerderheid van die
peule oortrek met simptome soos gesien in
Foto 5
en is getalle van
meer as 25 000 uit 20 g-peule geëkstraheer.
Hierdie aalwurm was ook in grondboonpitte teenwoordig.
Prof Driekie Fourie (Noordwes-Universiteit) en dr Ebrahim Shokoohi
is tans besig om saam met aalwurmkundiges van Amerika hierdie
aalwurmspesie te identifiseer. Dit is ‘n uitdagende taak omdat
hierdie spesifieke aalwurm-spesie nog nie voorheen op grondbone
aangetref is nie en dit maklik met ‘n ander genus verwar kan word.
Dit blyk dat hierdie ook ‘n nuwe spesie van
Robustodorus
is wat
eersdaags beskryf en in ‘n wetenskaplike joernaal bekend gemaak
sal word. Aangesien min inligting rakende die voorkoms van hier-
die spesie in Suid-Afrikaanse grondboonproduksiegebiede bekend
is en navorsing oor die skadelikheid en aggressiwiteit daarvan nou
eers ‘n aanvang sal neem, kan geen verdere uitlatings hieroor op
hierdie stadium gemaak word nie. Wat wel bekend is, is dat hierdie
aalwurm aan dieselfde familie as die testa-aalwurm behoort.
Grasse en koring
Saadgalaalwurm (
Anguina-
en
Subanguina-
spesies)
Galaalwurms skep ‘n groot bedreiging vir die produksie van verskeie
grasse, onder andere oulandsgras (
Eragrostis curvula
) en kom oral
in plaaslike produksiegebiede voor. Saadgalaalwurms produseer,
anders as ander plantparasitiese aalwurms wat hierbo genoem is,
gewoonlik net een generasie per jaar.
Hulle word versprei deur besmette saad of deur bogrondse plant-
materiaal wat deur wind gewaai word, asook deur implemente wat
vanaf ‘n besmette na ‘n onbesmette land geneem word. Indringing
en voeding van saadgalaalwurms in hul jeugstadium veroorsaak
galle binne-in die saadweefsel (
Foto 6
).
Galaalwurms kan in ‘n “rusfase” vir meer as 30 jaar in die galle oor-
leef en is veral om hierdie rede baie moeilik om te beheer. Sodra die
gal op die grond val en met water in aanraking kom, word dit sag en
die aalwurms word vrygestel.
Aalwurms in hul jeugstadium gebruik waterlagies om teen die
stamme van die plant op te beweeg tot by die blare naby die
groeipunt. Hier voed die wurms totdat die saad gevorm word en
hulle dan die saad binnedring. Die wyfies lê hul eiers binne-in hier-
die galle.
Die jeugstadia broei uit en bly in die gal tot die volgende seisoen
of tot wanneer die omgewingstoestande gunstig is. Galaalwurms
veroorsaak addisionele probleme deurdat hulle assosieer met
bakteriese siektes wat in kombinasie met die aalwurm dieselfde
6: Grassade wat met galaalwurm besmet is, is
donker en lyk anders as die onbesmette sade.
7: Galle op aartappels wat deur knopwortelaal-
wurm aangeval is.
Saadgedraagde aalwurms
6
7