

Agsun 8251
Agsun 5264
Agsun 5278
Agsun 5270
Verliefdheid
wat
nie
weggaan
nie
weggaan
nie
www.agricol.co.za51
gasheerplant aanval. Hierdie assosiasie maak die gras of koring giftig
vir vee, wat dan vrek indien hulle aan sulke besmette plante vreet.
Dr Suria Bekker (Eco-Nemaria) het haar Meestergraadstudie op
galaalwurms (
Subanguina weveli
) wat oulandsgras aanval, gedoen
en het deur middel van siftings- en wekingsmetode probeer om
hierdie aalwurms uit die saad te verwyder.
Sifting van sade het wel ‘n groot persentasie van die besmette sade
uitgeskakel, maar daar was steeds besmette sade teenwoordig.
Dieselfde resultate is opgemerk met die weking van die saad in
verskillende konsentrasies van ‘n soutoplossing. Ten spyte daarvan
dat daar ‘n groot hoeveelheid van die besmette saad (galle) bly dryf
het, was die hoeveelheid wat wel saam met die gesonde saad gesink
het, nog steeds onaanvaarbaar hoog.
Tydens ‘n mikroplotproef is daar waargeneem dat sekere aalwurm-
doders wel hierdie aalwurmspesie se bevolkingsvlakke kan verlaag.
Om definitiewe uitsluitsel hieroor te verkry, moet hierdie proef
egter eers herhaal word in lande in oulandsgrasproduksie-areas wat
met galaalwurms besmet is.
Indien grassaad na ander lande uitgevoer word en daar een van
hierdie aalwurms in só saadbesending gekry word, word die hele
besending afgekeur en teruggestuur. Hierdie situasie het die plaas-
like grassaadbedryf al erg geknou en oplossings om saad wat vry is
van galaalwurms te verbou, ontwyk navorsers en die bedryf steeds.
Aartappels
Produsente wat aartappels plant, moet ook versigtig wees vir
aalwurmpeste. Knopwortelaalwurms is die sondebok wat maklik
van die een land na die ander deur aartappelmoere wat in besmette
grond geplant is, oorgedra kan word.
Alhoewel
Meloidogyne incognita, M. javanica
en
M. arenaria
die
mees algemene knopwortelaalwurms is wat aartappels in warm ge-
biede in Suid-Afrika aanval, is daar ook ‘n ander spesie (
M. entero-
lobii
) wat vanaf 2012 in aartappelknolle aangemeld is.
In koue produksiegebiede kom ander knopwortelaalwurmspesies
voor wat aartappelproduksie nadelig kan beïnvloed. Simptome van
knopwortelaalwurmbesmetting is gewoonlik die sigbaarheid van
opvallende “vratte” op die aartappelskil wat die galle van hierdie
aalwurmpes verteenwoordig (
Foto 7
).
Selfs al lyk aartappelknolle “skoon” en vry van knopwortelaal-
wurms, kan hierdie peste binne-in die aartappelknol wees – ge-
woonlik tot 1 cm onder die skil – en sodoende oorgedra word indien
dit as saad gebruik word.
Sistaalwurms, spesifiek die spesie
Globodera rostochiensis
(wat
‘n kwarantynorganisme is), kan ook deur aartappelknolle oorgedra
word. As daar sistaalwurms in ‘n land teenwoordig is, word so ‘n
land vir agt jaar onder kwarantyn geplaas. Die produsent sal dan
geen aartappels of enige ander gewas wat hierdie sistaalwurm sal
onderhou en die probleem vererger, kan plant nie.
Die pad vorentoe
Dit is baie moeilik om aalwurms wat in sade of knolle voorkom,
te beheer. Om hierdie rede word produsente aangeraai om net
gesertifiseerde saad te plant. Gesertifiseerde saad vrywaar die
produsent nie van die teenwoordigheid van aalwurms nie, maar dit
bly die beste manier om grootskaalse probleme te probeer vermy.
Vir verdere inligting kontak gerus vir dr Sonia Steen-
kamp by 083 452 5926, dr Suria Bekker by 079 501
6687 of prof Driekie Fourie by 018 293 3683.