Background Image
Previous Page  86 / 116 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2016

84

GENADE BOERDERY:

Waar ‘n droom ‘n werklikheid geword het

D

ie Genade Boerdery van mnr Vickie Bruwer en sy seuns,

Gerhard, Hannes en klein Vickie, word in die Douglas- en

Hopetown-omgewings bedryf. Tans bedryf elke seun

sy eie besproeiingseenheid in die boerdery – waarvoor

hy verantwoordelikheid moet aanvaar. Pa Vickie is oorhoofs die

bestuurder om die drie jongmanne op hul tone te hou.

Die boerdery produseer hoofsaaklik mielies, koring, katoen, lusern,

aartappels, grondbone en ‘n bietjie saadsonneblom. ‘n Groot vee-

vertakking word ook bedryf, waarin hulle self waarde tot hul vee

toevoeg. Die plaasvoerkraal gebruik graanafvalprodukte om waarde

tot die veekomponent toe te voeg.

Vickie het van ‘n klein begin af konstant gegroei en bedryf tans ‘n

baie groot besproeiings- en veeboerdery. Die boerdery het die

afgelope paar jaar, soos wat die seuns plaas toe gekom het, met

rasse skrede uitgebrei. Volgens Vickie moes daar genoeg werk vir

elke seun wees om hom mee besig te hou. Die seuns het elkeen sy

eie sterk punte wat gesamentlik aangewend word tot voordeel van

die totale besigheid.

Soos ‘n besigheid bedryf

Hierdie boerdery word as ‘n besigheid bedryf. Die bestuur weet

waar is die boerdery se sterk en swak punte en spreek dit ook ge-

reeld aan.

Die aanwending van fondse word gereeld ondersoek en daar word

seker gemaak dat die rendement op die belegging altyd positief

is. Gerhard noem dat vir die boerdery om te bly groei, die moont-

likhede vir ‘n wins altyd daar moet wees.

Om dié rede het die Bruwers besef dat die hulpbron en veral die

grond die bepalende faktor van sukses is.

Gepraat van sukses: Dit is die grootste dryfveer in hierdie boerdery.

Om suksesvol te wees, moet hard en slim gewerk word en hard

werk kán die Bruwers. Om slim te werk, raak ook makliker as daar

professionele mense van buite die boerdery hul insette lewer. Om

hierdie rede is die verteenwoordigers van verskeie insetmiddele

ook deel van die bestuur van die besigheid. “As hulle ‘n bydrae kan

maak, sal daar altyd plek vir hulle wees.”

Om hierdie boerdery op koers te hou sodat almal saamwerk, is vir

seker nie maklik nie. Om drie jong manne se energie só saam te vat

dat hul in dieselfde rigting trek, is ‘n reuse prestasie. Dit is hoekom

die broers en pa gereeld bymekaarkom om sake te be-spreek en

vordering te meet.

Tydens hierdie geleenthede word alle sake, asook probleme,

bespreek en dit is wanneer opbouende kritiek die besigheid voren-

toe neem.

Die byhou van ‘n swart hardebandboek waarin alle waarnemings

aangeteken word, help ook om die herhaling van produksiefoute

te voorkom. As daar ‘n fout of iets goeds gesien word, sal dit in die

boek aangeteken word.

Met die volgende vergadering sal die waarneming bespreek word

en oplossings vir die probleem gevind word. Die Bruwers is ook

deel van ‘n jong groep produsente wat inligting met mekaar deel.

As daar ‘n vreemde waarneming gemaak word, sal dit vinnig via

sosiale media gedeel word.

Grond

Ten einde die saaivertakking se sukses te behou en uit te brei, het

Vickie en die seuns besef dat die hulpbronne in staat moet wees om

hoë opbrengste te lewer. Dit het hulle genoodsaak om van die laer

potensiaal besproeiingsgronde te verruil vir gronde met baie hoër

potensiaal lande.

Die Bruwers het uitgegaan en hoë potensiaal grond naby die water-

bronne gaan soek, gekoop en ontwikkel. Sommige van die nuwe

plase was natuurlike weiding, maar is ná hersonering as saaigrond

ontwikkel.

Bome moes verwyder word, die infrastruktuur moes ontwikkel

word, spilpunte moes geïnstalleer word en die chemiese regstel-

lings moes gedoen word voordat produksie kon begin. Voor hier-

die verandering gedoen kon word, is die gronde chemies en fisies

gekarteer. Met die gekarteerde gronde kon die opbrengspotensiaal

bepaal word en kon die infrastruktuur daar rondom ontwerp word.

Aanwending van water

Om die water tot by die grond te kry, beteken dat van die water

redelik ver en hoog gepomp moet word. Die effektiwiteit van die

elektrisiteitsverbruik is verbeter deur seker te maak dat die pompe,

pype en behoeftes geoptimaliseer word.

Die aanwending van water het ook nie agterweë gebly nie. Daar is

seker gemaak dat die spilpunte en die spilpuntpakkette bymekaar

pas om sodoende die water, soos deur die plante benodig, tydig te

kan voorsien.

Dit is hoekom die spilpunte heelwat meer water per siklus neersit

as wat algemeen gedoen word. Die gronde wat besproei word, het

die vermoë om hierdie verhoogde lewering te kan absorbeer en

sodoende word die waterafloop beperk.

“In tye as die plant die water nodig het, moet die spilpunte voldoen-

de water tydig kan lewer,” noem Vickie en Gerhard.

Ten einde die gemiddelde opbrengs van elke spilpunt te verhoog, is

die swak kolle geïdentifiseer. Indien dit versuipkolle is wat die

produksie verlaag, is dreineringspype ingesit. Hierdie gedreineerde

water word dan weer so goedkoop moontlik aangewend om die

drakrag van die natuurlike veld te verhoog. Die beste hiervan is

natuurlik dat die produksie van die spilpunt verhoog word.

Produksiepotensiaal

Die produksiepotensiaal van die saaiboerdery word in stand gehou

deurdat die Genade Boerdery deel van die GWK hoëtegnologie-

presisieprodusentegroep uitmaak.

OP PLAASVLAK

Graanprodusent van die Jaar

Bestuurspraktyke

– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker